Month: January 2016

A Gift…!

In my vorige lewe…nee nie soos in re-inkarnasie nie…soos in lank terug, het my ex altyd gese dis onmoontlik om vir my ‘n persent te gee waarvan ek hou!  Dit was sleg…almal hou van persente!  Die hele uitlating het my laat dink oor persent gee dinge en op ‘n dag het ek op die amazing waarheid afgekom…mens moet gee wat die ander wil he of nodig het, nie wat jy wil gee nie, dan, en net dan gee jy vanuit liefde! Anders gee jy oor jouself! En toe die virgo inloop en verstaan wat ek van hou het ek ook verstaan van lief.

Nou kom ek by my storie…iemand het vir my gegee vanuit liefde en was dit nou ‘n lekker gift!!

Sy sms my en se:  ‘Kom saam!  Ek wonder eers!  Toe dog ek, sjoe…ek het regtig nodig om weg te kom!  Vat my wragtag ‘n hele 2 weke om oor my eie voorbehoud te kom, die virgo se: ‘gaan tog…jy sal dit geniet’!  Toe se ek bewerig ja dankie!

Nou wonder ek hoeveel mense het al die voorreg gehad om te hoor dat hy kan kies wat, waar en hoeveel?  Dis mos net ‘n dromery!  Ek het…!  Die liewe mens, sys ‘n Vis, sy laai my op met haar gerieflike vaartuig en se vir my ek kan se waarheen, ek kan se wat en ek kan kies!  En so word ek soos aspoester van ouds weggevoer in ‘n lieflike vaartuig met lugversorging na die mooie Kaap, daar word chai gedrink, langs die see geloop, gefliek, geeet en tussenin het ek die wonderlike voorreg om saam met ‘n ou siel te kuier!  Sy bederf, sy besluit, sy loop voor, sy sorg, sy is ‘n fantastiese vriendin!  Dankie Vis, jys genoeg en ek sit doodstil en blywees oor jou.  Draai die 2 dae om en om in my kies soos ‘n nicker-ball, haal hom elke nou en dan uit my mond om te sien watter kleur is hy nou! Hys die kleur van onselfsugtige gee.

 

Advertisements

Grense

Ek het vandag weer so onder die indruk gekom van die sekuriteit en redes vir grense!  En grense is so ‘n ‘baklei teen ding’!  Ek het nie ‘n natuurlike weerstand of rebellie in my nie…ek dink ek is te bang om aanstoot te gee of miskien opsigtelik te wees!  Nee is nie my eerste woord gewees nie, ek moes hom oefen!  En ek moes hard oefen, daar was tye wat my binneste al neeee geskreeu het dan het my mond nog steeds ja, dis oukei, moenie worry nie, gese!!  Ek is nice!  Nee…dis nie ‘n brag nie, dis ‘n confession.  Maaaaar!!  Ek raak soos die jare aanstap al hoe meer kere uit nice uit!  Die arme virgo kan alles van dit vertel!  Mens oefen mos op die liefste een!  Skies Virgo!!  Dankie vir toelaat dat ek kan oefen!

Nou kom ek by die aanloop tot die uitloop….!

Kom een van my naaste liefstes en vertel dat sy nou moes streep trek en dat sy nou bitter aardig voel want streeptrek is mos soms nooit sonder voorval nie!  En die streeptrekkery, en ek praat nou nie van outydse grappies nie, was op ‘n plek waar mens eintlik moes vrede en liefde kry!  Ag vader!  Nou-ja…toe dink ek die saak en kom tot die konklusie dat dit nodig is om ‘n heining te he.  Ons bly in Suid Afrika, kom nou!!  Julle weet mos…!  Maar dis ook nie die soort grens wat ek oor skrywe nie, alhoewel dis maar dieselle ding, net met ‘n annerlike broek aan.

Ek het agtergekom dat ek mense moet se waar hulle mag in en waar nie!  Mense wil altyd op die verkeerde plek in…al voel hulle aardig as hulle eers die grens oorgesteek het, en al voel ek aardig om te se!   Nou-ja…dis hoekom mens sekere goed nie toelaat, sekere goed nie se, sekere goed nie aanhoor nie!  Want as ek nou gaan staan en stories oor die virgo en die liefmense aanluister, dan maak ek mos nou die grens stukkend en dan moet ek mos weet allerlei gaan daardeur beur en kom aanvang!

Dit kan nie goed wees vir die verhouding nie!  So…ek is besig om my grensdraad na te loop, seker te maak dat daar nie gate is nie want ek wil my liefgoed beskerm teen mense wat nie mooi dink oor hulle grensloosheid nie.  En sommer op dieselfde tyd hou dit my neus ook duskant die draad en die hek!

20140627451

 

 

 

 

 

Ek kan nie regtig verduidelik hoekom ek skryf nie…maar dit het iets te doen met my sanity!  Haha!!  Dit is dalk ‘n gewaagde uitlating maar ek weet ek voel beter as ek die goed wat in my kop rondloop op papier laat uitloop!  Toe ek … Continue reading