Month: February 2016

Maak jouself klein…!

 

DiTeken-kint stuur ‘n foto van ‘n mooie nuwe prent…en my trane loop uit my hart oor my ooglede tot hulle aan my wange hang!  Voor ek my hart se huil met my kop se dink kan doodgooi skryf ek terug en se dis myne, dis myne asseblief!!  Wat? se diTeken-kint, hoekom mamma?  Ek weet nie, se ekke, ek weet gladnie maar daai ene is myne, dis my diepste hart se seerste storie!  En ek het nie eers geweet nie! Of nee, ek het geweet maar nie geweet soos ek nou weet nie!

En toe ek onlangs weer tussen ‘n groep voorvroue beland, toe weet ek dat ek vir te lank probeer inpas het soos daardie vooroor gebuigde engel probeer inpas op die canvas!  Heeltemal onnodiglik hard probeer het!

Die liewe Here gryp in…dit was al 10 jaar gelede, ja…party goed leer mens moeilik af, party goed loop altyd langs jou!

En Hy stuur vir my soos vir oorle Paulus ‘n doring in die vlees om my te help!  Hy stuur vir my ‘n teacher, sy naam is angssteurnis!  Nou kan ek nie meer so hard probeer nie, ek het nie meer die stamina nie, ek het ook daarmee saam die onnodige effort moes stop!  En daar…net daar moes ek ophou probeer inpas!

Dit het lank gevat voor ek gesien het dis nie ‘n straf nie, dis ‘n gift!  En nou is ek vry…ek staan bo-oor die canvas, skiertsregop en ek hoef nie meer myself klein te hou nie. Toe ek uiteindelik myself regop ge-beur het, toe sien ek van bo af, ek skrik eers vir my eie vlerke…!  Maar nou weet ek mens moenie probeer inpas nie, mens moet net wees! Party van ons is nie gemaak om in te pas in ‘n canvas nie, party van ons moet vry vlieg!

 

engel inpas

 

Kunswerk deur my eie diTekenar meisiekind!

 

 

Advertisements

Faith like potatoes…voel is wragtag!

 

Dit was nie my beste seisoen in die greenhouse nie…and that is putting it mildly!  Almal weet teen die tyd van ons water krisis wat ons getref het net mooi toe een van die warmste somers ons getref het!  Nodeloos om te se het die een plant na die ander gevrek en saam met dit, my moed in die komposhoop laat val.  En gister kruip ek onder die kompos uit en besluit om die 2 tyres met die oorlede aartappel plante te gaan omgrou!  En ja…faith like potatoes het my dit laat doen…maar voel is wragtag!  Daar kry ek toe ‘n oesie aartappels, die sizes verskil van piep to medium maar dit het my weer moed gegee!  Soveel so dat ek summier ‘n nuwe komposhoop gaan begin het, met al die agterstallige tuinvullis het ek die krat halfvol gemaak.  Farkmeedah se goud, die beeste se goud, en die ander tuinafval!  En tussendeur het die Virgo die miswurms kom uithaal vir Haandrik en die harem se Sunday afternoon snack party!  Dat kompos en stront mens nou so kan optel!

Ek gaan nou weer plant, al het ek 4 keer bone geplant en niks gekry daarvoor nie.  Al is my basil en pietersielie en rocket en blaarslaai en greenpepper dood.  As mens geseen was met voel is wragtig en nie net sien is glo nie…dan moet jy weer plant!  En dan moet mens onthou van die 1 appeltjie en die 12 pere en die heerlike vye wat oorleef het aan ons jong boord se takkies!

 

        aartappels

Hier is ek weer met my grense voor jou deur…!

Overberg scenic 033Siem het mos ‘n tweeling skape, die een se naam is Twie en die ander Ling…mooie twee ramme!  Ling is naughty, nee nie stout nie, naughty, dis soos belangrik en important twee helemal verskillende goed!  Ling het nou bollens soos mango’s en die hormone maak hom naughtier than ever.  Hy breek deur die heining, oral, met dierbare neklace en al!  Dan staan hy net anderkant die heining en aardig wees maar kan skynbaar net uitbreek, nie inbreek!

Ek is op van grenstoetsers…ek is bedonnerd van sukkel om skaap en bok en dier en veral mens anderkant my heinings te hou!!  Wat is dit met mense?  Veral mense?  Pinkie en so?

Soos ek hier sit voel ek geteister en dit deur ‘n verdomde mens wat ek en die Virgo voor goed was…vir te lank, te goed was!  Dis nie te goed of te lank wat die moeilikheid is nie, dis toe die mens mos opstaan en aardig raak…begin terugpraat, begin kritiseer en in my en die Virgo se karakters kom staan inklim…daar!  Daar het ek toe vir Langenhoven met vreugde aangehaal en gese mens moenie mense 2 maal blymaak nie, as jy kom en as jy gaan nie!

Grense is soos respek, soos ordentlikheid, soos outydse manierlikheid en ken jou plek en hou jou mond en neus waar hulle hoort! Mens kan mos nie ontvang en nie teruggee en dan nog terugpraat ook nie?  En is dit nie in essence maar om nie te judge nie…?

Maar soos ek se…ek het toe met vreugde die streep getrek, die heining hoeer gemaak, die hek toegedruk en besef…ek moet sorg dat my heining heel is, dis nie die Toetser se skuld nie, hy is wie hy is en hy is nog ‘n broek wat my kom leer!  Dankie aardige broekdraer, ek het nou weereens my grensdraad nagegaan en ingesien waar die gate is.

‘n Nice to have…!

 

Ek fix mos als en almal die hele tyd, nee dis nie ‘n braggery nie, dis ‘n confession.  Dis my default setting…my straf en konstante stryd.  Dalk is dit my werk, ek voel heeltyd verantwoordelik en skuldig as ek dit nie doen nie.  Ek dink ek is ‘n ‘nice to have’ want as mens so iemand rondom jou het dan is dit gerieflik.  Ek is die een wat die flippen tissue optel en in die drom gooi, die klip uit die pad rol, die moeilikheid sien voor enigiemand hom sien en hom probeer voor wees.  Ek wens ek kan ophou!  Ek het al probeer…maar dan pla die tissue en die klip en die ding wat loer my so dat ek weer opstaan en van vooraf doen.  Ex nou feddup vir myself.  Die ding is so….ek het ‘n gevoel dat nie alle moeilikheid gehanteer moet word nie, ek dink daar is sekere soorte wat mens moet onhanteer, terugstaan, ignoreer of net flippen los.  Van hierdies doen ek mee moeite en as ek sien dan is hy weer soos hy was, net erger of anders, maar hy bly moeilikheid, hy wil dit wees.  Dan is ek beneuk daaroor want ek wil ook nie oor en oor dieselfde shit sort nie…!

Maar ek sukkel…ek dink ek is ‘n addict, ‘n shitsorter!  Wonder of dit ‘n siekte is?  Voel so…maar ek gaan nou oefen om op te hou!  Om oor die ding te trap, sommer kyk of ek hom onder die kooi kan inskop en vergeet hys nou daar.  En dan is daar ook die onder als gevoel dat dit seker nie als myne is om te sort nie…!  Soos ek se, ek gaan my bes doen om op te, as ek dit regkry gaan ek my tydskrif wat ek 2 weke gelede gekoop het, sit en blaai!

 

 

tydskrif

Harte!

Ek het al hierdie storie ge-storie!  Of stukke van hom…my hart is maar nog steeds dieselle!  Ek hou nie van teleurstelling nie…ek is kleinserig!  Kleintyd al gehoor, die kind moenie lang hare he nie want sy is te kleinserig vir uitborsel van die bos hare.  Dis nie net my hare nie, ek is veral kleinserig by my hart se kant.  Sensitief het die slim mense gese, ouma Alida het sommer gese ek is liggeraak…!  Oukei… wat ek eintlik wil se is ek hou nie van hierdie groot dae met rooi harte en rooi neuse en rooi kepse en dan die wat hulle moedersdag en so noem nie.   Dis nou opstel vir flenter hart sindroom!  Ek hou meer van my Mad vriendin se manier om op ‘n gewone woensdag met ‘n tjoklit an te kom en dan te vra…wannir verjaar jy nou weer, maar anyway ek dink jys ‘n fab friend!  Dis baie beter.  Ek en die virgo het aardige goete oorgekom op Valentine’s dag…nou het ek die verdomde dag gefire!  Voetsek het ek vir hom gese…arme virgo moet nou maar saam suffer!  Nie dat sy nie haar input gelewer het nie…sy het!!

Want….!!!  Die ding is so…die lewe is nie ‘n mens se speelmaat nie!  Hy bring allerlei, hy maak wilde danse en hy kan ongeskiktelik omgaan met ‘n mens.  As jy dan sekere expectations het kan jy mos nou weet dit gaan op ‘n aardigheid uitloop!  En wie het nou krag vir dit?

Dis hoekom ek goed aan my hart vasmaak soos die onverwagse oomblikke wat Leonard Cohen se, I am your man speel, en ek en die virgo in ons posseel huisie mekaar vat en skuifel dans, want dis al plek wat daar is tussen die hoenderkos en die varkiekos, maar as ek in haar oe kyk dan het ek nie ‘n Valentine’s dag of kaart nodig om seker te weet nie.  Ek sien mos….!  Die ou oom het nie verniet gese, sien is glo…voel is wragtag!

May you never miss the moments, the special love moments…al is dit in die middel van nerens!

 

hart voeltjies

Gister was beter?

 

Die Virgo lees vir my voor…allerlei van toe mens nog outydse tapes gebruik het, groot batterye vir die radio, ‘n lekker outydse emalje pie-pot!  En die dink loop sy eie pad!  Ja…ek ken al daai…en ja hulle het hulle eie lekker memories!

Vandag is my ander liefste virgo skoonsus stukkend, die ou Ram het mos aangeloop hemel toe en dis vandag hulle 48e huweliksherdenking.  Sy sit ook met die sak memories…pak hulle een, een uit en huil en lag gelykertyd!

My ou moeder het altyd gese as jy die kinders onder een kombers kan toemaak het jy noggie moeilikheid nie…hel dis waar!

En ek gaan deur die fotos vir ‘n annerlike rede en kom af op my eie virgo so 7 jaar gelede, dit bring lekker memories maar dit bring ook die onthou van die stuk woestynpad wat ons albei met wit koppe gelos het.

Nou wonder ek oor die bybel wat se die mens wat se dit was lank terug beter praat nie uit wysheid nie!  En ek sien hom!  Ons het mos maar ‘n manier om net die lekker te onthou…die sleg raak weg in die gleuwe.  Dis goed..!  Ek dink nie ons is gebou om die sleg te dra nie, dis doring-rig en dit maak flenters as jy hom bly saamdra oor die skouer.

En dit maak dat ek op hierdie nuwe Maan-dag in Aquarius stop en kyk…!  Vandag is nie perfek nie, maar ek glo as ek oor 10 jaar terugkyk sal ek oor hom ook blywees!  Soos wat ek bly is oor die tyd toe ek ‘n bottel coke vir 9 sent kon koop, dis nou as jy nie ‘n empty gehad het nie.  As jy ‘n empty gehad het was dit 6 sent.  Dit was nie ‘n liter nie, daai tyd was dit nog iets soos 750ml.  My mamma het my met 10 sent na die chinees op die hoek gestuur en dan moes ek ‘n brood koop vir 9 sent en ek kon vir my 2 wilson toffies of 4 chappies koop met die sent wat oorgebly het.  Was dit goeie dae?  Natuurlik…maar daar was nog so baie om te beleef anderkant daai tyd.

My liefste virgo skoonsus huil oor sy alleen is, ek is nie!  Ek huil oor ek ander moeilikheid het wat sy niks van ken nie….en saam-saam troos ons mekaar sonder dat ons regtig weet!  Want ek het wat sy nie het nie en andersom!  En ek kyk op en sien my eie witkop Virgo voor die rekenaar sit…dankie Here!! Dankie tog!!  En dankie tog vir die wat nie meer onder een kombers kan le nie,maar hulle le my hele hart vol!!

 

                                              piepot 

Patrone

Gister gee ek vir een van my liefmense raad!  Ek luister die storie en ek sien die ding duidelik…!  Ek se vir haar dat daar ‘n patroon is, dis dan wragtag 3 mense wat haar op dieselfde manier treiter, of is dit inspire?  Ja se sy, sy wil hulle almal op hulle plekke sit, sy sal haar nie so laat boelie nie.  Sy sal nie toelaat dat hierdie aardigheid seevier nie.

En ek weet in my diepste hart dis nie so eenvoudig nie.  Ons leef in ‘n upside  down kingdom…’n striving towards higher consciousness, dinge is nie meer so eenvoudig soos kom ek vat ‘n plank en slaan jou dat jy doodstil sit nie…wel…nie dat ek nie dikwels die waarde daarvan insien nie.  Of selfs die ernstige behoefte moet onderdruk nie.

Maar mens begin mos by  jou eie les! Hand in eie boesem…mens kyk nie 1e na hoe jy die ander moet leer nie want dan mis jy dalk die oorwinning oor jou eie manhaftige ego!  En so spring die storie van Jesus se ander wang weer in my kop!  Die feit is Hy het sy ander wang gedraai uit krag, nie uit swakheid nie.  Moerse verskil!  Hy kon daai ene wat hom geklap het sonder ‘n plank laat doodstil sit het en Hy het Hom ingehou!  En ek begin besef dat jy met jou reaksie of liewer jou nie-reaksie ‘n teacher en terselfdertyd student is.  And the best teacher is after all a student! Se ek toe vir die liefmens, hou jou in!  Die virgo se die woorde is bounce-bounce vir die treiteraar!

En ek weet hoe jy jou energie manage of mis-manage spoel oor na die om jou! En ek onthou my mamma het altyd gese mens kannie alleen baklei nie!  Nou-ja, dan is dit sekerlik waar!

En soos die goeters werk, gee ek toe myself al die pad raad, hoor ek wat ek se en weet ek dis eerstens my eie, daai ding wat nou in 3 verskillende broeke voor my staan..daai ding moet nou gebounce word! Want mens kannie ander man se les vir hom met ‘n lepel/plank inforseer nie, dis syne en die beste manier vir ‘n mens om jou eie te kry is om deur hom te kou!  Elke broekdraer is jou teacher, be inspired, wees bly vir dit, haal asem, en raak vry!

 

bounce bounce