Month: April 2016

Winter…te vroeg!

 

Winter…en hys voortydig!

 

Dis sommer knyp winter hier op Deo Volente, vroeg se ek, nee se die apteker, ons het nie laasjaar winter gehad nie!  En ek bly ewe ordentlik stil maar dink by my sigselwers…waar de hel het jy weggekruip laasjaar toe ek verkluim het op die plaas?  Vroeg is verkeerd, ek haat dit om met die broek op die kniee gevang te word, tipies skerpioen!  Mens kan maar bietjie laat wees…maar vroeg, dis onaanvaarbaar, dit laat voel my skerpioen binneste asof ek nie beheer het nie en dan voel ek hoe lig my voete van die grond af en raak ek aan die sweef.  Maar so swewend gryp ek na die botterspaan en roer die beesmis dat die skuim staan.  Die botter is…ons maak vuur, ons kook dik sop en het verskoning om snoes saam te wees want dit sous buite.  Die Siem-kind kom aan met genoeg hout om die huisie ‘n heerlike loute te gee en ek verwyt myself dat ek nie nou die dag die bottel OBS gekoop het nie!  Ek grou inderhaas die winter wolle uit en druk my koue tone diep in die pienk bootse!  Die dik duvet kom uit sy somerslaap uit en die katte staan nader om op te klim vir snoes le en prentjies maak vir my en die Virgo se plesier.  Winter botter mag stokstyf wees maar as jy dit op ‘n warm brood smeer dan is dit die beste botter van die hele jaar!  Bly warm, le lepel, maak souskluitjies en lees daai boek wat lankal le en wag.   brood en botter

Advertisements

Hindsight can be a bitch…!

Ek en die Virgo het Sodom kom besoek, het met ‘n handvol planne en ‘n hart vol hoop aangevlieg gekom na die raasbek plek.  Maar soos die suikerpakkie in Wimpy se…life happens while you are making other plans.

Ons twee is nou ‘n maand hier en ons het clearly nie gekom vir wat ons gemeen het nie.  Soos sy se, sy wou nie die graf opsoek nie maar die lyk het agter haar aangeloop en ons het amper die hele maand lank in die begraafplaas deurgebring om die outjie ‘n slag goed ingespit te kry.  Dis nou by wyse van spreke vir die van julle wat wil skrik vat.  Maar ons is nou klaar graf gepoets, ons het als gedoen, boom geplant bo-op.  Nou is dit klaar.

Oorle Lot se vrou het ons mos gewys hoe!  Daar staan die antie nou-nog!  Verniet bult uitgehol en met moeite weggekom.  Die omkyk het haar net daar laat verstar.

Hierdie storie loop al agter my aan die laaste ruk en ek soek my eie waarheid in hom.  Verseker moet mens soms die argief oopsluit en kyk hoe jy daardeur kan groei of heelword maar om aanmekaar die graf oop te grou om die lyk nogmaals om te draai en te bekyk!  Eish…!  Sekerlik moet mens darem ‘n plan he met jou doenery?  Ekhardt Tolle se ons sit almal met ‘n pain body wat gevoer wil word met ou en seer stories, en hierdie klink vir my al te veel na dit.  Ek vang myself dikwels dat ek wil grou of omkyk en meermale deesdae besef ek dit gelukkig betyds, dankie tog!  Dan kan ek wegstap, die gift vat en vry voel.  Elke aardige ding wat gebeur het tog immers ‘n gift!  Anders is hy net aardig, flenters en swaar.

Ek en die Virgo het nou die gift onder die blad…ons is oppad terug na die rivier en die berg, daar waar die kinders wag, 2 voet en 4 voet!  Want huis is waar die liefde woon, al is dit in ‘n piepklein houthuisie! En ons kyk not a damn weer om!

 

Lot se vrou