Month: May 2016

…vir die oudste…’n storie in wording!

……..Ek loop nou eers weer ver terug, toe jy so twee jaar oud was het ek besluit ek sal maar volstaan met een kind, dis darem te moeilik om kind groot te maak.  Tot op daardie stadium het jy nog nooit ‘n nag deurgeslaap nie, jou boepens overdue dummy gesuig en doek gedra.  Onthou ek was jonk, bitter jonk, dis nou vir die wat nie somme gemaak het vroeer nie.  So, ek het my slimkop wat ‘n dokter wou wees van ek ses jaar oud geword het, gebruik om die bed wat ek gemaak het goed te le!  Die beste ma sou ek wees, die familie ten minste die skande help toesmeer met ‘n hell of a performance.  Maar jy wou nie saamwerk nie, jou klein boogskutter dwarsgat het hom verset teen elke ding.  Ek onthou hoe ek vir jou sit en lees het terwyl ek jou potty train, dan lees ek die flippen Langstert Muis twee maal deur en daar word niks gemaak nie.  As ek jou laat opstaan dan loop jy om die hoek en poef ‘n lieflike bol in jou cute onderbroekie!  Pie sommer ‘n lekker geel plas op die vloer ook, as ek horries kry wil jy jou doodlag terwyl jy patroontjies maak met jou vuil toontjies in die lekker louwarm geel water.  In my geestesoog sien ek nog hoe hol jy skaterend weg as ek jou eintlik wil foeter oor jou onmoontlikgeit, en ek kry ek jou agteruit lief!

Op twee het jy altyd vir Snippie, jou teddiebeer, onder die een blad gehad en die bottel, nou vol melk, onder die ander.  Gewoonlik met die groteske tiet in die mond, so het jy gewapen loop en kwaad doen.  Woelig en dierbaar met jou regop, stokstert haartjies.  Twee wakker tjoklit ogies wat alles raaksien, in alles krap, met alles speel.  Nou en dan stop om ‘n paar slukke te vat, dan sommer die plante nat te gooi, tjierts, tjierts met die melk.

Jy en jou ouma se band was my redding.  Sy het jou onvoorwaardelik geniet, al was jy donners stout en woelig het sy net jou mooi gesien.  Altyd gese ek het ligte hande, moet tog nie so kwaai wees nie my kind, maar goeiste, iemand moes…!  Nie dat jy jou gesteur het nie, as jy iets wou he of doen was dit nag, en ek was meesal die een…….

Advertisements

Die kop en wat in hom woel…!

Gister met Yoko, my boedist vriendin in die Visbeen gemediteer!  Saam met ‘n paar ander siele.  Jip, mens kan dit ook oorkom in die Fishbone! Behalwe visbene koop en mense teleurstel wat wil vis koop!

Haar mooie manier om ons te lei in meditasie het heeldag soos ‘n sagte katoendoek om my gehang. Die beeld wat sy gebruik het van die blou skoon lug wat eintlik die mind behoort te wees, maar ons bewolk hom met al die kryzie gedagtes en malle dink van elke dag, dit was beautiful!  En ek het gevoel of my kop skoongevee is met die sedooster en my kop se lug helderblou is vir ‘n slag!  Dankie Yoko!

My liefste Virgo se altyd as sy verf, soos in paint, dan is sy op haar naaste aan die Here.  Ek het gister weer besef hoe powerful dit is as ek my kop se blou lug kan kry, dan loop die kreatiwiteit soos stroopsoet heuning.  Iets soos as ek mediteer dan is ek naby my Maker en dan voed dit my skeppingsvermoee!

Ons gedagtes/thoughts is so powerful…!  En ons besef dit nie noodwendig nie.  Ons skep met daardie gedagtes…dis wat die bybel ook se!  My Footology studies het my geleer wat gebeur in ons fisiese liggaam as ons dink, bang gedagtes, bly gedagtes, kwaai gedagtes…iedere een wek emosie op en dit veroorsaak ‘n chemiese reaksie in die lyf!  Dit kan goed of sleg wees, op die langduur vorm ons thought patterns en daar is later neuro pathways wat jou default setting word.  Jare later het jy ‘n maagseer of nie…afhangende van hoe jy jou kop manage! Voeg jou ma en pa se gene by en voor jy weet het jy dieselfde patroon in jou eie lewe!  Ekhardt Tolle praat van die hond wat snuf in die neus kry en dan agter daardie reuk aan-foeter tot hy die volgende reuk optel en dan weer agter daardie een aanhol!  Liewe Heksie het gegil toe sy nie haar karretjie se briek kon kry nie…keer die voertuig hy hol weg!!!  Keer die kop, keer die dink, hou hom in toom…jy sit met ‘n powerful tool wat jou lewe lekker of sleg kan maak!  Be inspired…I am!  fishes

 

Re….

Re….!

 

Die terugkyk, Lot se vrou ding wat so saam met my geloop het vir ‘n tyd word nou in die planete ge-ego!  Net met die verskil en klem op inkyk en nie terugkyk!  Of as jy wil…inkeer!  Daar is baie skrywes op die net oor Mercury retrograde en natuurlik ander planete ook wat retro is.  Ek soos altyd is mos ‘n bottermaker soos julle al tot vervelens moes aanhoor!  Ek glo elke ding het ‘n gift en die retro planete is vir my goed en sleg, met die klem op goed.  Ek gaan hulle appart verduidelik.  Neem vrymoedigheid om te vra, dis natuurlik belangrik watse effek hulle op jou eie natal kaart het, dan kan mens dit baie meer persoonlik maak en natuurlik beter verstaan en die voordeel van die info regtig toepas op jou eie lewe.

Terwyl ek hieroor skryf wil ek noem dat ‘n vriendin nou die dag gevra het of ek sal oorweeg om ‘n praatjie of 2 te hou om mense in te lig oor astrologie en hoe dit nou eintlik werk.  Ek sal dit graag doen…laat my weet of daar van julle wat lees belangstel om so-iets by te woon.  Ek sal dit in die Fish Bone, in Swellendam doen as daar genoeg belangstelling is.

Mercury:  Die planeet van woorde, informasie, internet, alles wat beweeg, selfs voertuie.  Op die oomblik moet mens back ups maak, info raak verlore, internet is soms ‘n gesukkel, telefone breek, karre lol!  Die positiewe is dat mens nou die kans kry om weer te besluit, weer te skryf, die kontrak te heroorweeg, jou gedagte te verander.

Mars:  Die planeet van energie, ambisie, vuma, passie…die ou is in Sagitarrius, hy hou van vuur en beweeg, dis Sag…maar nou het Mars eers gou sy koers gaan heroorweeg!  Daai ding waarheen jy na toe oppad was, daai gevoel van die spul loop nie glad nie!  Dis Mars retro, hy maak nou seker dat hy in die regte rigting jaag!

Jupiter:  Dis die planeet wat op die oomblik in my en die Virgo se lewens die grootste effek het.  Jupiter is opportunity, expansion, spirituality en hy is in Virgo, dis ‘n bietjie ongerieflik want Jupiter wil grooot gaan en Virgo se nee…kom on maak dit klein bietjies op ‘n slag terwyl ons heelword en opruim!  Jupiter wil stuipe kry maar virgo se haal asem!  Nou die saak sal baie binnekort verbeter wanneer Jupiter weer direct/vorentoe gaan.  Die opportunity wat daar was wat lyk of dit nie gebeur nie…hy word net gou gepoets en dan sal hy blink en fluks terugkom.

Saturn:  Oi, die liewe Saturn is die stadigste planeet van almal, as die oupa retro gaan dan voel dit of mens met loodvoete geseen is.  Maar…die upside is!  Saturn dwing ons nou terug na die grensmuur, die fondasie, die dissipline en se ons moet alles check voor ons die idee/Mercury,  die opportunity/Jupiter,  die energie/Mars inspan om seker te maak dat die lot lank gaan hou en gaan uitwerk.

Pluto:  Dis die planeet wat transformasie bring en hy is ook retro!  Ook besig om seker te maak voor hy vorentoe gaan dat die grooot werk wat hy en Uranus in die wereld aan die veroorsaak is, goed genoeg gedoen is.

Die lank en die kort van alles is dat daar ‘n energie van stol, van inkyk, van terugkyk is…’n gevoel van terughou, ophou en frustrasie is.  Haal asem…it is as always for our benefit!  Kyk binnetoe, kies weer, kies mooi en met die nuwe Maan Vrydag se ek nog bietjie!fish b signs.JPG