Month: June 2016

Brekers en bouers…!

Muurduiwel…!

Die Virgo se mens kry bouers en brekers!  Sy se ook altyd infinitely bigger and infinitely smaller…same thing, dat mens kan kyk hoe iemand die kleinste dingetjie doen en presies weet wie is hy.  Ja!  Sys reg!  Vir baie maande keer ons die muurduiwel, praat ons mooi, sit ons, ons tee maar hy wil nie saamwerk nie, hy wil nie luister nie!  Die Virgo se ook altyd sy sal met iemand wat nie kan nie maar wil, ‘n ver pad stap, maar die wat kan en nie wil nie, is ‘n verloor saak.  Die muurduiwel wou nie vrede he nie, hy wou nie opbou nie, hy wou afbreek!  Hy het!  Stomgeslaan het ek staan en kyk hoe mens ‘n muur met ‘n muurduiwel en ‘n monstermasjien in ‘n paar sekondes kan omstoot.  Dieselfde muur wat weke gevat het om gebou te word, met groot moeite en klomp geld, versigtig en steen vir steen het hy gegroei, doef…net so!  Daar le hy om!

Die hele gedoente het my bewend van skrik en ‘n diep gevoel van verkeerd gelaat.  Nie oor die muur nie, oor die aardige energie van breek, en dan nog aanstap asof dit lekker is!  Hoekom?  Wat kry mens uit afbreek?  Hoe voel jou hart as jy dit doen?  Ek kannie breek nie…selfs as ek mosaik doen en die klaar stukkende koppie verder moet breek is ek naar daaroor!  Voel net kort van sonde!

Niks is vir my lekkerder as om ‘n mooiding te maak nie.  Nog beter om ‘n stukkende ding te vat, heel te maak en nog mooi ook!  Of ‘n plantjie of saadjie te plant en te sien hoe gedy hy nie.  Sommer om net te poets is al opbouend.  Die wonder van ‘n koperding te sien wakker word en blink as jy hom opvryf.  Ek verstaan van die breekspul niks, ek wil niks van dit verstaan nie. Ek wil my lewe volmaak met heelmaak en mooimaak! Ons Kevin hond het verflenter by ons aangekom en kyk die power of gentle love and care!

Die muurduiwel het my ‘n gift gegee, dis om nie te kyk, te dink, te praat of te luister na breek nie!  Om my tyd te gebruik om mooi te maak, lief te he, heel te maak, gereeld hardop te lag en te weet daar is nie tyd om te mors nie!  Be inspired…I am!

 

liefie

 

Advertisements

Stadig maar Seker!!

Hoe kook jy ‘n padda sonder dat hy agterkom?  Mos in kouewater!  En so was ek amper ‘n gaar padda!  Mens sien nie altyd die ding kom nie.  Hy lyk so koue-water-ig en onskuldig-rig!  Maar hy is nie! En ek het nou al gesien mens moenie dink jys in beheer nie, dis mos net mooi daai moment wat die Lewe die bootjie ‘n skommel gee en jy op jou stert val. Erger nog, jy moenie se jys in beheer nie, dan kan jy solank ‘n sagte kol soek om te val…!

Daar loop weer twee liefmense in ons lewens in en kuier ‘n sondag oor heerlike pasteie wat hulle aanbring van die buurdorp af.  Hulle kom nooit sonder boodskappe nie…nie asprislik nie, dit is net so en dieslag was dit ook so!  Ons praat van Feng Shui, volksvreemd maar powerful.  Die energie wat elke ding, woord of gedagte dra.  En ek sit regop…dis nie nuwe goed vir my nie, dis net gebere.  Die padda het nie agtergekom die water is al sterk warm nie!!  Nou-ja, as mens weet dan weet jy, al het jy bietjie vergeet, nou onthou ek weer en ek is besig om Lewe skoon te maak en reg te pak en rond te skuif Mens moet wakkerslaap!  Louwater is ‘n pes, hy maak jou lomerig en voor jy weet…!!

padda