Month: July 2016

Struggle!

Die dag met die naam wat ‘n belofte dra van moeilikheid kom gatkant voorkant op my afgestorm.  Ek sien hom nie kom nie want ek het ‘n lys…hys so lank soos my voorarm, met al die koue en reen het ek hom laat oorkook en oorkook tot by donderdag.  Die dag gryp my lys uit my hande en skeur ‘n hoek van hom af…toemar toemar se ek vir die lys en skryf gou die afgeskeurde goed op die agterkant.  Ek kyk noord en vat die pad dorp toe!  Nognie by die plaashek, laat weet my virgo ek moet petrol gooi want die nuus waarsku van ‘n petrolstaking!  Ag vader dink ek…ex klaar laat en my liefste Roos het laat weet dis nie ‘n werkdag vir haar siekvoel lyf nie.

Ek gooi petrol…ek rol die Flerrie se ruit op en daar sit hy vas…windskeef soos ‘n winkelhaak!  Nie op of af wil hy nie!  Maar die lys…!  Ek spring in die pad met die pers flerrie, ‘n vries bries gevul met petroldampe wat instorm by die winkelhaak omring my! Ek haal asem, vlak, diep, vinnig en jaag voort! Dankie tog staan die heelmaak Kind se kar langs die pad…ek stop en hy help om die winkelhaak op sy plek terug te sit!

By die poskantoor doen ek aan vir die belangrike pakkie wat ons angstig voor wag…nee beduie die nie so vrinnelike vrou my, ons aanvaar nie anner koerier se pakkies, ons stuur hom terug!  Ag Here…noodoproep na die virgo om daardie te keer.  En so weet ek teen hierdie tyd…dis donner-se-dag!

Nou voort, uiteindelik by die Fish Bone!  Sluit oop, dra af in die vries bries!  Dra uit, stel op en ek sien die bries gaan vandag my borde omgooi en my laat dans!  Agter die hek sal ek die bord staanmaak, ek maak hom staan en draai my rug, klips…se die hek!  Ek skrik binne-toe, voel aan die hek met ongeloof in my skrik! Dadelik vat ek na my baadjie se sak wat hy nie het nie…my foon is binnekant!  Toemaar dink ek, die sleutel..hys ook binne!

7 Planne spring in my kop maar ek stop…steek my moer op ‘n stok en dink:  ‘Here!  Wie het Jy nou gelos om die hek wat nie kan self toe nie, te kom toedruk reg agter my rug?  En wat se Jy nou vir my?  En as Jy hom nou laat toedruk dan is dit nou vandag die dag wat ek hom toelos tot Jy hom weer kom oopmaak!’ Ek draai om en loop sit voor die Bone op die sement bank, al pratende in my hart, al stomende oor die struggle!

Ek sit tot my stert ook vries en my ore pyn en my neus loop in die bries!  Ek staan op en gaan sit aan die oorkant, 10 minute later!  Ek begin wroeg…ek dink wat as die Virgo my soek en nie kry nie!  Nee dink ek, dan moet hulle my mos kom soek!  Ek weier om plan te sien.  Toe dit halfuur raak en my stert gevries is van my sementbank sit, loop staan ek voor die hek en binnetoe kyk!  Nee ek sallie begin struggle nie!  Ek wag nou, al wag ek heeldag!  40 Minute later hou die Tekenkind stil, met sleutel, die liewe Here het haar gestuur!  En ek dink…haai, hoekom stoei ek so?  Skies Here!

Toe die liefste vriendin net daarna opdaag, die een wat kom om te help met die taak wat my wil ore aansit, toe vra ek:  “Praat met my oor struggle?”  Nee se sy, ek doen nie daai nie, ek is te positief!  En ‘n ou onthou spring in my kop, waar sy langs my kniptafel sit en kyk hoe ek struggle, dan vat sy die lappie wat nie wil saamspeel nie weg en se, los hom, hy willie, ons gooi hom sommer daaaar!  En haar groot man met die goeie hart se: “Weet jy mens kan die engele roep om te help?” Nee se ekke, ek het nie geweet nie, maar nou het jy my die persent van daai weet gegee, dankie!  Min weet hy dat hy en die liefste vrou van hom, opgeskryf is in my boek as twee van daai engele.

Toe sy loop se ek: “Hoekom help jy my met die sleg taak?”  Sommer se sy, ek moet dit doen!   En sy voeg by: “Jys mos my maaitjie, jys mos nie ‘n Voetsek nie!” En ons raak kliphard aan die lag terwyl ons mekaar druk, ek kyk oor haar skouer en sien die dag draai om, en lag uit sy maag uit saam met ons!

 

lag Am

Advertisements

Walg-Woorde!

Ek dink nie ek het nog ooit gesukkel om my te beheer as dit by walg-woorde kom nie, jy moet my hard druk voor ek my skerpioen stert lig en angel wys.  Maar ek weet ook dat mens nie altyd is wie jy meen jy is nie, so…ek is dalk verkeerd.  Dis die ander ding wat langs my loop, die seker wete dat mens nie soveel weet as wat jy dink jy weet nie. Maar nou-ja mens hou aan probeer.

Die rede vir hierdie skrywe was dat ek gister besef het, ek is in ‘n tyd waar mense vir my aardige seermaak goed se!  Ek is nie ‘n mens wat dit die eerste keer teen jou wil staan en hou nie, ek is mos ‘n bottermaker…!  Maar as dit so by die derde vierde keer kom, dan is ek geneig om te stop en te dink, maar my magtag, dis nie meer toeval of pms of per ongeluk dat jy my raakslaan nie.  Jy tref my dan aanmekaar.  Nou is dit so, dat ek nie eers kan se dit kom uit dieselfde bondel mense nie, dis sommer sulke losstaandes wat verseker nie onder mekaar ooreengekom het om my  af te knou nie. So hierdie moet ‘n boodskap vir my wees.

Die besigheid is nie vir my lekker nie!  Ek is ‘n sensitive viewer!  My mamma het gese ek is liggeraak, later het mense gese ek is ‘n sensitiewe kind.  Ouma Alida het altyd gese sy kon my nooit pak gee soos die ander nie, ek het bitterlik eenkant loop huil as sy net kwaai oe gemaak het.  Dun van nerf, dis ekke!

Dis toe mos wat ek my astroloog hoed loop opsit en ‘n slag my eie kaart bekyk.

En toe lyk hy so:  Pluto sit op my 3e huis van komunikasie, en hy is die ou wat jou druk tot jy breek of meegee.  Hy maak seker dat daar verandering kom waar hy ookal gaan.  Jy sit jou nie tee vir hom nie.  Toe dink ek hom vir ‘n paar dae!  My konklusie is dit, daar is mos net een manier wat mens ‘n vrees oorkom, jy moet hom in die oe kyk.  Ek was nog altyd bang vir lelike woorde, vir lelik gese word, aanstoot kry, kritiek kry!  Ek kan ‘n boek vol skryf oor alles wat ek al aangehoor het, want jy sien die skerpioen het nog ‘n anderlike kwaliteit ook en dis ons vergeet verdomp nooit!  En toe sien ek die gift…ek moet my eie waarheid in liefde kan terugse of ten minste my nie steur aan die woorde nie!  Nie meer binne-toe skrik en binne-toe huil nie.

Die ewige vreesding van lelike woorde moet ek nou oor-kom!  Soos my eie Virgo nou die dag se…mens sien mos maar gewoonlik in die ander wat jy self voor bang is!  So dan moet ek seker nou hierdie woorde ding oefen, dis hoekom ek soveel walg-woord teachers oor my pad het op die oomblik.

Afterall is dit mos nie wat by jou ingaan wat jou onrein maak nie…dis wat by jou uitgaan!!  So het Hy tog self gese!

Maar ek wens die liewe Here wil mens net ‘n heads-up gee…jou nie so bestorm met ‘n les nie!

 

pluto 2

How badly do you want it…and…

 

Almal van ons kom in ‘n spot waar dit wragtag nie meer lekker is nie…of dit nou werk of verhouding of vriendskap of wat ookal is.  Dan het mens hulp nodig, want soos ‘n ander wyse man nou die dag se…daar is altyd die lekker dae ook, dit maak dit so moeilik.  En mens moet uitfigure of dit nog die moeite werd is.

Toe besluit ek dat ek mos nou vir julle my storie gaan vertel, dalk maak dit jou lewe beter, of dalk laat dit jou smile.

Ek en my liefste Virgo het nie op ‘n gladde pad begin nie, ons het die wind van voor gehad en dis nou om julle nie die helfte te vertel nie en julle die hele te spaar.

So het ons met die beur na saamwees agtergekom mens moet mekaar dophou om te sien of die ander ene nog saambeur.  Mens kan soms so sukkel dat jy nie oplet jou maat het nou omgeval of is nou lam in die lyf en nie meer op die selfde pas as jy nie.  Die besigheid het ons op ‘n punt gebring waar ons besluit het ons sal elke 3 maande stop en mekaar kans gee om te se of ons nog oukei is.  Die woorde wat my wyse Virgo mee vorendag gekom het is: ‘How badly do you want it and…what is the alternative?’   En dit…dit het my hele lewe verander!  Vandag wanneer ek in ‘n hoek is of sommer net daai oggend wat jy opstaan en weet, vir hierdie dag het ek nie lus nie…dan…!  Dan vra ek myself daai 2 vrae!  En dan kry ek perspektief!  So…ek gee hulle nou vir jou persent!  Gebruik hulle nes jy wil en kyk of jy dan wil aan, of bly!  Want soms het mens net dit nodig om te weet hoe graag jy wil of nie wil nie en dan het jy die moed om botter te maak van die beesmis patches!

ons