Month: August 2016

Keep moving…!

 

So se die slim vrou van Simple Shui, sys ‘n feng shui kenner en practitioner.  Ek lees graag haar blog…sy het die manier om tussen die lyne ‘n boodskap by my te los wat my inspireer om my lewe te leef en makliker te maak elke dag.

Keep moving…dis wat ek vandag raaklees!  En ek hoor hom en besef die paradoks van daardie woorde in my lewe.  My en die virgo se lewens het die afgelope 7-8 jaar ‘n pad ingeslaan wat ons nie consciously beplan het nie…dis swaar vir 2 super verantwoordelikes wat nog altyd elke beweging vooraf beplan het om skielik sonder plan en koers te leef. Vir die afgelope 4 jaar bly ons in ‘n tydelike struktuur…amper lag ek hardop hier in myse alleenheid!  Dit is soveel meer as die fisiese houthuisie wat ek nou van praat…alles in ons lewens is tydelik!  Dit was beplan vir maksimum 6 maande en dis die 1e September 4 jaar.  Ek gaan julle nie vermoei en bangmaak met die detail nie, ek gaan net se dit was one hellava journey tot nou!  En bottom line is…ons is wragtag lief vir mekaar want min verhoudings sou deurstaan het wat ons deur is!

Mens raak nie als gewoond nie…dis ‘n lieg!  Die ou oom het vir sy kleinkind in die kar gese na boeta ‘n windjie gelaat het, ja my kind, die reuk is aan my welbekend maar ek sal dit nooit gewoond raak nie!  Ek kan dit nie beter se nie…!  Mens byt vas en mens bly hoop al le die mishope kniehoog om jou, hard besig om jou te ontmoedig!  Maar sekere tydelikheid raak mens nooit gewoond nie!  Menskinders is eintlik maar aardsoptimiste!

Maar…die waarheid is wel, mens leer om te cope, om die beste te maak van elke ding, nie omdat jy so oulik is nie, net omdat jy moet, die alternatief is nie ‘n opsie nie!  En so moet ek se, is ek besig om my voete te vind op die bewegende, onpermanente pad wat ek en die virgo uit die woestyn aan die stap is! Ek het geleer om ook in hierdie  veranderlikheid my vrede te vind, sover dit moontlik is vir ‘n controlling skerpioen. Dis onmoontlik om fondasies te grou en te gooi as jy beweeg maar mens kan wiele onder jou nes sit en dan is dit ook ‘n vorm van sekuriteit!  If you catch my drift(er)…?

Ek het geleer om my werksplek mobiel te hou, in die winter is dit aan diekant van die huisie, in die somer trek ek met als in ‘n ander gat in!  Eers was dit sleg…ek het met geligte vlerke gesit en werk, asof ek tydelik kuier, nou dink ek nie meer te diep nie, ek skuif net.  Helfte van die week is ek in die Fish Bone, met watookal daar moet gebeur…die travelling, astrologer, seamstress, shop lady, washing et al vrou!  Mandjies en houers vol equipment en doedels, rekenaar en astro boeke, naaimasjiene en lappe, groce-maries, varkie kos, gasbottels, dooswyn, groente, kos en annerlike benodighede  Die ander helfte van die week skryf ek op die plaas, tuin bietjie tussen in, hou houthuisie, poets die moeilike stofnessie en geniet my virgo se teenwoordigheid!

Maar as ek doodstil op ‘n sondagaand sit en skryf en die plaasgeluide luister, my bont kat half bo-oor die keybord gedrapeer, dan wens ek vir ‘n huis met fondasies wat stilstaan. Ek gee nie om, om te beweeg nie, ek hou daarvan, maar ek wens my en die virgo se lewens wil afklim van die treadmill af en wortel skiet! Ek is afterall nie a hanging basket nie, ek is meer ‘n bomerige kreatuur!

 

dv Huis

Son in Virgo…die skietlood!

 

Moet ‘n slag weer bietjie astro skryf…my eie Virgo b-day mos amper en sys my grootste inspirasie gewees sover! So dis die regte tyd om die vingers te laat trippel.

Son is in virgo, laat Augustus tot 22 September ongeveer.  Als pas bymekaar, die maagd/virgo, Augustus is mos vrouemaand. Hier by ons in die suidelike halfrond, is dit lentetyd en so gepas want virgos is die poetsers en hier in die Weskaap se die mense  mos: ‘dis nou die tyd om ‘uit-te-turn’ en die winterstof agter en onder uit te vee!’  Boonop het ons ‘n nuwe Maan in virgo op die 1e September…wat meer kan ons vra vir skoonmaak, uitsorteer en daai plantjies ini grond kry!

Virgo is ‘n earth sign.  ‘n Virgo moet besig wees…anders…ek gaan nie hierop uitbrei nie, netnou is daar huismoles.

Doeners, grounded en fluks! Kosmakers, tuinmakers,helpers en prakties!!  Hulle is die ouens wat eerste hand opsteek as daar iets gedoen moet word, hou van in die hoekies poets, perfeksionisties en daarom noem ek hulle die skietlood van die zodiac.  Weet nou nie hoeveel van julle ken ‘n bybelse skietlood nie…?  Dis ‘n gewiggie wat aan ‘n tou vasgemaak word en opgehang word om loodreguit te meet.  En dis die Virgo!

Wip ek nou die dag my stert verskriklik vir my eie Skietlood, dis nou  na ek baie hard gewerk het om die Fish Bone te skuif en te poets en my virgo aanbring om te kom oee en aaa, toe is haar eerste woorde:  “Daardie bord buite moet aandag kry…hy staan en vergaan!” Trap sy my tjank vir my af dat ek met mening die skerpioen angel moet afdwing!!

Maar sy meen hom nie so nie…sy kom nie eers agter nie, al wat sy meen is hy pas nog nie by die skietlood nie!  Jare terug het Marie wat in die gastehuis vir ons gewerk het, menigmaal die ander gemaan om mooi skoon te maak want die baas se ogies sien alles!!  En dis die virgo…hulle oe kyk na alles om te sien hoe hulle dit kan betermaak! Hulle oordeel ook hulleself met dieselfde skietlood!

Elke sonteken het sy down side…virgo raak krities as hulle ongelukkig is!  Onmoontlik, unpleasable krities.  Dan is alles te k.. vir woorde!  En soos alles doen hulle dinge baie goed as hulle dit doen!  Logies, want dis juis daardie analitiese kyk wat die standaard lig, maar boeta…!  As my eie virgo omgesukkel is dan moet jy regstaan om inspire te word om beter te doen!  Soms tot op die punt waar daar ‘n angel nodig raak om net eers weer die neusvleuels te laat sak. Virgos is worry potte, as dinge nie perfek is nie, worry hulle!  Hulle kyk ook nie noodwendig so mooi na hulleself as na die om hulle nie!

Ek wil ook geleidelik bietjie begin vertel van die huise op ‘n kaart.  Ek het virgo in my 11e huis, die huis van vriende, drome, ideale en ondersteuning.  Dis dan ook te verstane hoekom ek ‘n eie persoonlike virgo het, ja…sys my droom!  Maar ek het ook ‘n verjaardagkalender wat gevul is met liefmense se verjaardae in virgo!  Ek is mal oor hulle!  Daar is selfs een wat virgo rising is…syt nie haar son in virgo nie.  Die rising sign is die teken van die eerste huis, dis die persoonlikheid wat jy vir die wereld wys en daar is sy, virgo.  Die vriendin is ‘n voorste raakvatter en so knap soos mens net voor kan wens, van haar weet ek dat sy my in die middel van die nag sal help as ek haar nodig het.  Sy sal haar duur, mooi en vreemde skoene aantrek en kom.  Dan is daar die Roosboom virgo wat my Fish Bone se mermaid is en my heeldag help poets en dikwels die lang tissue aangee as my trane loop.  Daar is ‘n fywrit neef wat ‘n virgo is en daar is ‘n stroom ander.  Dis nie die enigstes wat ek liefhet nie…dis net die die langste lys!

Happi B-day Virgo’s!  Julle maak die wereld beter so ver julle gaan!

virgo forgiveness

Eie dief!

 

Die Boodskap het na my toe gekom op ‘n onwaarskynlike vaak oomblik.  Ek en die virgo drink een koppie koffie op ‘n dag maar dis ‘n moer-se lekker kommetjie!  Gemaak van ordentlike koffie met baie liefde, warm melk en skuim bo-op! Nou sal julle almal weet dat deesdae se melk is nie meer oudae se melk nie…so…party oggende wil die afgewaterde wit vloeistof nie skuim nie!  Dan gee ek al die skuim vir my liefste virgo en dis toe waar die Boodskap opdaag.  Ek hoor: ’Hou op om jouself te besteel, deel die skuim!’  Wat maak dit saak dink ek, niemand weet mos nie, nee se die Lewe, jy moet fair wees met jouself ook, veral waar niemand sien nie, anders is die spul uit balans uit. Ek deel die bietjie skuim!  Gits dink ek!

Ek ry dorp toe om te gaan shop hou…ek en die Tekenkind het ‘n date om weer te begin joga na 7 jaar en ek is versigtig benoud, maar opgewonde.  Ons daag op by die studio waar die vrou met die sagte gees en stem ons lei om te joga.  Ek is dankbaar verbaas met my lyf wat mooi onthou en min of meer nog net so lekker buig soos lank terug.  Neukery is, die balans is nie meer wat dit was nie.

Fokus op ‘n kol, se die sagte stem vrou…ja ek onthou  hom so, dink ek…ek fokus en dit gaan beter maar dis ‘n gesukkel.  Sien jy!  se die Lewe…as mens nie fokus op jou innerlike middelpunt nie dan verloor jy balans! Wag se ek, laat ek net gou klaar joga dan luister ek mooi!  Ek joga klaar en luister na my binnestem…daar in die middel van my wese waar die stilte is.  En ek luister…!  Ek hoor van die middelpunt van die storm wat doodstil is.  Ek onthou van die gewigloosheid van perfekte balans, kleintyd se speel met ‘n potlood oor die vinger wat doodstil, gewigloos le.  Die wipplank waarop ek en ‘n maatjie die presiese plek kry waar die plank honderd persent horisontaal en stil is met ons weerskante. Effortless!  Maklik!

En ek verstaan van myself besteel deur nie die stiltes wat my gegee word, te gebruik om my balans te vind nie! Van gou nog ‘n doen ding inprop wat kon gebly het tot later, en ek belowe om op te hou steel van myself!  Mens moet mooi kyk na jou eie self, veral daar waar niemand sien nie, anders kyk jy ook later nie gebalanseerd na jou liefmense nie!

 

balans

Als is on-permanent!

 

Toe ek vandag op die plaas met die brakke gan stap toe kom ‘n waarheid by my aangeloop.  Hy haak by my in en maak ‘n stuk angstigheid in my stil.  Niks is vir altyd nie seg hy, als is on-permanent.  Net dit, se hy…en ek begin dink!

Ek het van altyd af ‘n Ding in my wat streef om klaar te maak dat ek kan relax.  Die Ding maak dat ek nooit relax nie.  Maar dis net die helfte van die angs, die ander helfte is die gevoel dat ek iets wil vasmaak, bou, in sement giet dat dit kan permanent wees.  En dis als ‘n gejaag na wind, jy kom nooit klaar nie en goed verander onder jou uit, sement of te not.  Dis nie ‘n nuwe waarheid nie, dis ‘n algemene weet by almal.  Dis net dat hy nie myne wou word nie, ek was nog besig om die teendeel te bewys toe hy vandag so onverwags by my inhaak.  Vantevore het ek my teegesit, maar soos met als, as jy reg is om te hoor dan kom die antwoord by jou aangesit.

Ons stap ingehaak verder en ek dink en dink.  Ek loop al dinkende by die onklaar goed verby, die droomplek waar ek die bidplek wil maak, die toegegroeide paadjie wat aandag nodig het en ek kyk anders na hulle.  Toemaar se ek vir die bidplek wat beur om aandag te kry, ek kom by jou uit, of nie!  As jy moet gebeur sal jy gebeur, anders was jy ‘n mooi gedagte wat onpermanent was!  En ek besef dat dit simpel is om te dink mens kan eers al jou werk klaarmaak voor jy begin leef.  En ek knoop daai waarheid aan my hart vas terwyl ek wonder watter een van die lekker dinge wat ek op ys gesit het sal ek eerste doen!  En ek staan verstom dat een stuk waarheid mens so vry kan maak!!

 

d v sonsopkoms

Gee en ontvang is dieselle!

 

Dis dieselle ding…two sides of the same coin! Ek weet as mens al baie aan die ontvangkant was dan voel dit nie so nie, maar dit is so!  En ek is van mening dat ontvang ‘n groter challenge inhou vir die ego as gee maar ek kan verkeed wees!  Armgatte voel altyd die ryksterte is bo hulle…maar glo my, en ek praat van aan eie bas voel, dis dieselfde les. In beide gevalle, in gee en ontvang moet daar ‘n helse lot humbleness wees, anders is daai verhouding in die moeilikheid.

As mens ‘n giver is dan doen jy so, soms te veel maar dis wie jy is en so is dit! Ek is een, die virgo natuurlik ook, dis wie virgo’s is.  Ek moes al myself afvra hoekom wil ek iets gee en sal dit vir die ontvanger goed wees?  Want daar is ook ‘n ding van verantwoordelik gee…mens kan maklik iets gee wat nie gesond is vir die ontvanger.  Of is dit regtig wat die mens nodig het?  Dalk is dit wat jy wil gee, is dit dan nog steeds vir hom ‘n persent?   Maar ja, ek het nog min mense teegekom wat kan gee sonder om iets terug te verwag.  Al is dit net om te sien die mens is dankbaar.

 

In my tye van geldnood en hy le na genoeg in die verlede dat ek nog met my gryskop kan onthou, het ek op ‘n punt by myself die saak uitgemaak dat dit die Here is wat gee, nie die mens wat voor my staan nie. Die gewer is net die instrument, dit was ook al vir party gewers in my lewe moeilik om agter te kom, ek is toe nie verkoop aan die gewer nie.  Ek moes hom so dink, anders het ek nie gecope nie.  Ek het myself geteister met allerlei wat ek nie wil neerskryf nie, maar as jy al in hierdie skoene geloop het dan kan jy maar self weet en dink. Want dit is ook so dat nie almal wat gee, gee met goeie bedoeling nie, soos ek se…soms wil hulle ‘n pond vleis he met daai gee wat jy nie kan of wil gee nie.

 

So het ek en die Virgo huis toe gery na ‘n lang werkdsdag, sys haastig, sy stop nie mooi by die stopstraat nie en woerts hier spring die wetsman uit sy wegkruipplek, ai seg hy vir haar, dis nou jammer dat jy nou nie gestop het nie…maar ons ken mos mekaar in die klein plekkies. Ek gaan nou nie vir jou ‘n boete gee nie maar jy moet belowe jy sal nie weer nie.  Plegtig beloof die virgo, dankbaar travel ons voort.  2 Dae later stap die wetsman ons besigheid binne en vra om die virgo te sien, vrinnelik is hy…te vrinnelik!  Hy kom net gou hoor of sy nie vir hom ‘n paar honderd rand wil leen tot die einde van die maand, sy vrou verjaar en hy het nou nie iets om dit vir haar lekker mee te maak nie!  Nou-ja…nodeloos om te se die lening was nie ‘n lening nie. Toe ek die storie nou-die-dag vir ‘n vriendin vertel toe hoor ek hy doen dit gereeld, syt haar eie storie, hy skuld haar ook geld.  Maar dit laat my onthou die bybel se jy leen nie iets vir iemand nie, jy gee dit en as dit terugkom is dit ‘n bonus.

Die buddiste se mens moet detached of the outcome wees.  En dis ook tricky…want wie wil gee en sien die ou waardeer nie of mors of doen nie wat jy gehoop het of erger, wat hy gese het, met die gift nie.  En net daar raak die toffie taai.  Daar spring judgement op sy perd en jaag die ontvanger tot hy spyt is hy het ontvang.  Ek weet…ek het al baie in my lewe ontvang, soms van moetgeit!  Ek het al ‘n persent weggegee want hy was nie myne nie en sy eienaar het later by my opgedaag en toe gee ek sy persent vir hom, en dan was die gewer vies vir my.  Ek het al ‘n persent bedank, al het ek hom broodnodig gehad want ek het vir judgement en sy perd gesien staan, gereed om my te kom jaag.  Dan het die liewe Here ander plan gemaak met my nood.

En vandag is dit vir my belangrik om te vra wat wil jy he vir jou verjaardag?  Al is dit ‘n grote en ek het groter planne en wil vir altyd dankie gese word daarvoor.  Die rerige persent is, as jy gee wat die ontvanger rerig wil he, al is dit in jou oe ‘n simpel persent!

 

hande

Lossit!

 

Weet nie hoekom dit my so lank gevat het om hierdie te leer nie!  Dalk omdat ek ‘n Scorpio is en ons is mos maar controlling.  Dalk omdat ek so bang is goed loop skeef en dan is dit my fout, my nalatigheid of word my pyn.

Dis nie dat ek nie gewys was deur die Lewe nie, ek was, ek het dit net misgekyk!  Jy weet mos kleintyd as iemand jou jaag en jy hardloop tot jy horries het maar hy bly kom, en dan soms as mens die guts op ‘n hoop kry en jy stop en draai om, dan stop hy ook of hol self weg?  Daai!!!

Ek het ook gesien hoe die ou Boog perde vang, nooit agter hulle aangehol nie, net in die veld op sy hurke gaan sit en dan na ‘n tyd vat die sku perd se nuuskierigheid oor en hy kom self snuffel.

Noudat ek ‘n astroloog is, nou het ek geleer die enigste manier om karma te oorkom is om te detach daarvan.  Daai ding wat jy nie regkry nie, al probeer jy so hard, al hou jy op vloek, drink en rook! Al bid jy nog langer tye, mediteer bo-op alles!

Hy bly jou treiter, hy kom terug asof jy hom nog nooit uitgehol het nie.  Dis hy wat jy maar kan los…vat hom soos hy is en staan terug van hom af.  Hys jou baas en al wat jy kan doen is om hom net te los, dis al hoe jy sy baas raak.  Net so…!  Doef!  Ek speel nie meer nie, ek hol nie meer nie, ek gaan ook niks betaal of opgee nie!  Ek gaan jou nie traai fix nie, jys nie myne om te fix nie, jys hier om my te leer dat ek die vloei van die lewe maar kan vertrou!

En toe ek ophou, toe word hy wat hy wou word en toe is dit  gladnie te aardig nie.  In fact…hyt my lankal nie meer nodig gehad nie, ek was al die tyd in sy groei pad.  Nou is ons altwee vry!

 

 

free

Wat het jy in jou lewe ingeroep?

Gister doen ek astrology vir ‘n wyse heelmaak vrou!  Se ek vir haar: ‘daar is goed om mee klaar te maak!’  Ja se sy vir my:  “I know and I called that difficulty into my life years ago and I do want to let go of it now!”

Haar woorde kom sit sag in my hart, sag soos ‘n pienk kombers as jy koudkry.  En so word my consultation om ander mens te help weereens my eie heelmaak.  En ek is skielik opgeskerp vir als wat in my lewe is, ek vra hulle een vir een, het ek jou geroep?  wanneer?  En ja, hulle se ek het, hulle herinner my aan die oomblik wat ek dit gedoen het.  Vreksel dink ek, maar dan moet ek jou maar weer in die pad sit my ou…as ek jou self ingebring het dan kan ek jou mos self uitsit ook.

En so loop ek deur my lewe en sien ek daai pakkie wat ek so swaar aan dra is mos nie myne nie, ek het hom op ‘n dag opgetel toe annerman hom neergesit het want hy het nie meer kans gesien nie, ek het uit jammerte help dra…ek dra nounog!  En soos my maaitjie van ver-land my geleer het, mens hoef nie allie jasse in die wereld aan te trek nie.  Ek het ‘n hele wardrobe met ‘n verskeidenheid annerman se jasse wat ek om die beurt dra. Swares, lelikes, stukkendes en annerlikes. Moenie vra hoekom ek dit so doen nie, dis complicated se die cute kind van die Oreo advertensie.  Maar dis ook maklik kom ek agter…ek dink nou dieper oor my wardrobe, trek al meer dikwels die swaar jasse uit as hulle my skouers so moeg rem.  En my wardrobe lyk al mooier, dis amper net my eie mooie dream coats wat oor is!

 

dream coat