Month: September 2016

Bang is ‘n dryf of note!!

Bang is ‘n dryf of note!

 

Ek moes nou eintlik gaan teruglees in my argiewe om te sien of ek nie al hierdie geskryf het nie….bang ek verveel julle met dieselle ou storie!  Want die ding is…bang is ‘n groot saak/dryf in my lewe! En weereens het ek lus om te se fear klink beter, ongelukkig,  beskryf bang die besigheid beter.  Ek het baie geskryf die laaste ruk oor positiewe groei ensovoorts.  Maar die laaste week het ek skielik dom geslaan, gewonder en gewonder!  My bogieKind  vertel van die advertensie van ‘n ou op die vliegtuig wat gekrenk vir die lugwaardin gevra het: ‘Do you know who I am?’  En sy die mikrofoon vat en vir die ander passasiers se hy weet nie wie hy is nie, kan iemand dalk help?

So het ek die week gevoel! Maar nie omdat ek nie weet wie ek is nie, omdat ek nie weet wat ek aanvang nie! Julle weet mos daar is ‘n groot verskil tussen doen en aanvang?  Gedaan het ek my gestorm om te fix, te organise, te doen en te doen!  En ek het my vol kolle en knoppe gestamp teen die goed wat nie wil saamwerk nie, die goed wat voor my inspring en die deure wat toe is soos ‘n klei-os se hol!!  En toe ek gister op die plaas aankom en lyk soos een wat tyding van aardige oorsprong gekry het….toe se my eie Virgo vir my maar ek is besig met iets wat sy nie eers wil he nie!  Kyk hier…daar is ongelukkig tye wat mens moet fok se…en dis nou!  Dis nie dat sy nie vooruit gese het nie, dis net dat ek dit nie so wou hoor nie, gun wonder my linkeroor pyn tot by die punt van bloei nie!

Vroeg in die dag het die Heelmaakkind gese ek moet stop, hy kan sien ek is vrot gestres, wat vang ek aan en dalk is dit nie wat moet gebeur nie!  Ek bel die Tekenkind vir opinie, baie diplomaties se sy dieselfde!  Toe los ek waarmee ek besig is…maar toe loop die trane uit my oe sonder dat ek huil…so asof vanuit ‘n skrefie waar ou opgehoopte muwwe trane nou die houer deurgeroes het!  En ek wonder wat gaan aan?  Dis daai gevoel van jy het leer fietsry en jy kan al ‘n paar gewaagde goed doen en dan een oggend as jy opklim dan het jy jou fietsry verloor!  Dan moet jy eers weer sukkel voor jy regkom en dit laat jou so bietjie terugskrik, vir die res van die dag kry jy nie wille draaie reg nie, jy fokus net om te balanseer!

Gisteraand, toe die ver-landse maatjie my op facebook inbox en lang troosstories praat, want die trane het nog steeds uit die roeskol geloop, dis eers toe dat ek stop en asemhaal.  Sy praat van die berg wat almal mee sukkel…ek luister, vra weer en weer…!  Toe ons groet wonder ek oor my berg, wat sal hy wees en hy kom meld homself grootaardig aan, sy blerrie naam is Bang…dis Bang wat my so dryf, dis Bang wat my so laat storm, so hard laat probeer, laat fix, laat wakkerle!  Bang is my motivering vir feitlik elke dooie ding wat ek doen en nie doen nie!

En nou is ek te bang om die ding te post…maar nou-ja!  Mens moet iewers begin om bang in sy happy kannon te stuur! Een ding om te weet, ander om te doen ne?

 

 

 

fear

Advertisements

Weet jy wat jy het…?

 

 

Eintlik moet ek die storie gratitude noem…maar ek dink ek het al gestorie daaroor!  Gratitude ja, nie dankbaarheid nie!  Dankbaar is so nederig, so verdienbaar en siestog!  Nee…gratitude!  Dis positief en bly en dit maak nog sulke energie los!

Ek gaan doen my weeklikse joga saam met my tekenKind, dis ‘n grootse stuk lekkerte!  En ons kry die piepklein mensie met ‘n roosnaam wat op die betrokke dag ons lei in die joga daar, sy kom met ‘n paar woorde te voorskyn wat in my hart klim en heeltyd in my kop dans van toe af.  Met elk moeilike posture se die sagte kind met die pieplyfie:  ‘Do as much as what is available to you!’ Ek het amper gestop en gesit en dink oor die wonderlike uitlating!  As ek nou nie klaar so ‘n aardige mengelmoes van taal gebesig het hier nie, het ek nou fok gese, maar los dit nou maar!  Dat so ‘n klein se-dingetjie nou so ‘n impak kan he op ‘n mens is amper ongelooflik!  Maar ja…ek begin toe dink en ek weet ek is bitter skuldig aan daardie van push to what is not available to you.  Nie dat ek deur die draad vreet of so nie…nee!  Dis net dat ek altyd voel ek moet meer doen, verder buig, hoeer spring, langer werk, vriendeliker wees, harder praat, minder praat!  Ag al daai en nog annerlikes ook!  En die paar woorde loop saam met my en raak my rigsnoer vir dae aaneen!

Selle dag lui my foon!  Ai!  Daai oproepe wat begin met:  ‘Hi ma’m!  How are you?’ En jy wonder of jy nou sein moet verloor of jouself met die paplepel bydam dat jy geantwoord het, neukery is, hulle bel nie meer van ‘n number witheld af nie…hulle het nou clever geraak!  Nou beur ek voort en ek soek uitkomplek uit die oproep uit sonder onbeskoftheid, ek wil mos niks koop of upgrade of aan deelneem nie!  Maar dieslag het sy my met ‘n slapriem, sy wil weet of ek my kredietkaart se limiet wil verhoog he.  My eerste reaksie is nee, toe onthou ek die sensible Virgo het gese as ons gaan travel sal dit goed wees om dit beskikbaar te he.  Ja seg ek vir die kind, wat het sy norag!  Sy begin vrae vra!  Wat is die huisverband, niks, die houthuisie is ge-betaal toe hulle hom kom staanmaak het!  Betaal ons huur, nee, die Virgo is grondbaron op die plaas!  Die mislikke-paliteit vat R160 rand per maand vir iets, tax of iets.  Wat is my kragrekening?  Niks seg ek, son maak vir ons krag!  Wat is die waterrekening, niks seg ek, reenwater!  Wat is die kar paaiement, niks seg ek, die pers Flerrie is lankal ons eie!  Wat is die versekering, nee daai kom verniet, die liefste Here sorre vir ons!  Hoeveel vir medies, nee, sover is ek nog oukei deurie genade, ek het nie so ‘n ding nie.  Kinders?  Nee, groot, stoot eie swaaie!  Yo, sy lag al teen die tyd!  Selfoon kontrak, nee-wat se ek, sommer pay as you go!  Landlyn?  Nee, die drade is gesteel, ons het nie daai nie!  Doodspolis?  Nee, noggie norag nie, ek leef nog lekker!  Enige rekeninge?  Ja, ek kan nie by Woolies verby nie en soms is die beursie vlak maar dis gelukkig min, Woolies sit ver van die plaas af!  Kos, ja, ek moet koop wat ek nie self plant nie en ek en die virgo kan nie slag nie, ons sal nooit weer eet daarna nie!  Petrol, ja maar ons woel min want ons bly ini paradys!  En net so…weet ek dat ek nie geweet het hoe blessed ek is nie!  Ek kyk met nuwe oe na my lewe, en die gratitude spoel my bekommernis toe en ek raak bly vir wat ek het!  En veral vir wat ek nie het nie!  Amen!

dv-huisie-binne

Stingy Jupiter…!

 

Stingy Jupiter….!

 

Vir ‘n jaar was Jupiter in Virgo!  Hy het groot handevol geskep soos Jupiter maar doen, maar Virgo wat klein goedjies rule het gese hy moet net bietjies laat uitval! Virgo is mos die perfeksionis, sy het gese hy moet eers seker maak alles is perfek voor hy gee.   En ek het hom so aan my bas gevoel!  Stingy…!  My astro vriendin wat brits besig het dit mooier gestel, sy se hy was minder generous!  Maar as mens heeljaar sit en wag vir hom om te gee en hy gee so drup-drup, dan is dit later wat mens kwytraak!

Maar….heleleleee!  Hy het gister in Libra ingegaan en hy is weer homse-generous-self!  Die einste Jupiter rule op die oomblik vir Saturn wat in Sag is, hopelik sal hy nou vir ou stadige oupa ook kans gee om groter en gemakliker treetjies te gee.  Saturn is mos die ou wat sorg dat al die fondasies, reels en grense, die dissipline in plek is.  Hy was nie net deur ‘n stingy ruler gestrem nie, hy was ook onlangs retrograde! So letterlik is mure afgebreek, teruggehou, daar was ‘n algehele gevoel van stuckness en terughou!  Frustrasie!!  Maar…miskien is dit met goeie rede!

Saturn en Neptune is in ‘n square vir ‘n geruime tyd al…maar dis ook besig om te laat los!  Die rede is om uit te vind wat is waarheid, wat is leuen, wat en wie kan jy op staatmaak/Saturn en wat is illusie/Neptune.  En ek is nou nie so ingestel op die wereldsake en politiek nie maar daar is oral tekens van diesulkes!  Met Mercury retrograde in Virgo het ons nou ‘n energie van heroorweging van beloftes of commitments.  Dis nie noodwendig sleg nie!  As jy nou agterkom dinge is nie soos jy gedink het nie, dan kan jy nou weer besluit!  Die waarheid kom uit…!  As jy ‘n storie het om te spin…spin hom self…anders gaan hy homself uitskree!

Lank en kort van die dans van die planete is eintlik goeie nuus!  Dinge vloei beter en sal selfs beter vloei na die einde van September toe!  Ek sal hopelik nog ‘n paar keer skryf oor die domino effek van die gelaaide September astro maand!  As jy meer wil weet…jy weet waar om my te kry!

giving

Skewe juk gaan nerens!

 

Ex nie ‘n boer nie…het ook nog nooit osse ingespan nie maar ek verstaan die beginsel van ‘n juk en dat die osse moet saamtrek anders is dit ‘n dwarstrekkery!  Of skeeftrek!!  Is dit nie mooi nie?  Ons afrikaner taal is so mooi, so elke nou en dan besef ek waar kom ‘n seding vandaan en dan hou ek partytjie in my kop oor my taal!

Maar ek wil eintlik skryf van balans…ek het ‘n ding oor dit!  Nou die dag het ek vir my Heelmaak-kind ‘n mooiding gepost oor wolwe, lang storie maar die onwaarskynlike effek wat die spul wolwe gehad het op die ekologiese sisteem waar hulle teruggeplaas was, was vir my net ongelooflik profound!  Die hele natuur affere het net geskuif en beter geword en ja natuurlik het ‘n paar diertjies opgevreet geraak in die proses maar dis alles deel van die balans!

Dit bring my by die eigenlike ding wat ek besef het!  As elke ou sy ding doen, sy job, sy kant bring dan trek die span mos saam en die vrag is lig en gaan vorentoe? En as een te veel doen, se of vat dan is dit ook skeeftrek!  Nodeloos om te se van te min…!

So toe die ou vriendin saterdag by my inloop en vertel van haar vriendin wat so rude is!  Toe vra ek: ‘Wat maak jy as sy so ongeskik is?’ Sy se: ‘Ek bly maar stil’ En toe weet ek dis hoekom mens jou plek moet volstaan, al is dit net om in daardie oomblik jou wenkbrou te lig!  Hoe moet sy ooit inspire word om op te hou rude wees as almal net sjarrap?  Dis hoe boelies gebore word!

Dit voel soos puzzle bou, elke blokkie het sy eie unieke plek.  Mens kan soms een in die verkeerde gaatjie insit en lank soek vir ‘n ander een se blokkie, tot jy later agterkom die puzzle prentjie is weird en dan die saak regstel.  Elke wolfie op sy plekkie en die twee voorosse vat vas en trek die wa deur die drif!

agteros indie

Dis ‘n inkeertyd se astrologie…!!

Ons het vandag ‘n nuwe Maan gehad, nee meer as dit ‘n nuwe Maan en eclipse!  Dis die Universe se manier om ons die kans te gee om ons intensies en behoeftes te bedink en dan te fokus daarop om dit te laat manifesteer.

Dit het in Virgo gebeur…!  Boonop is die ruler van Virgo retrograde in Virgo…hence Mercury retrograde!  In al my tyd van astrologie wetes, het ek gesien mense weet van dit…hulle weet meesal hoe negatief dit kan wees, ek is mos ‘n bottermaker…hou nie van na die negatief kyk nie!  Ek kom agter my kapasiteit vir sleg en lelik is min, so ek maak botter of lemonade! Sonder om askies te vra want ek glo dis wat ons veronderstel is om te doen!  Mens is nie gemaak om in die modder te rol nie…ons is nie varkies nie!

So ek wil begin deur te se dat mens wel maar elke epos twee keer kan check of hy gevlieg het tot waar jy hom gestuur het, Mercury bring hom graag terug.  Enigiets wat met beweging of kommunikasie te doen het, het nou ekstra aandag nodig!  As jy dit kan help…moenie nou kontrak teken nie, hy het ‘n sterk kans om ongedaan gemaak te word in ‘n paar weke se tyd! As jy moet, kyk mooi, lees 2 keer!!  Misverstande is aan die orde van die dag…ek en die Virgo het hom vandag getoets en ja…hy is so!  Karre gaan staan, internet is halstarrig, vlugte is laat!

En dan is die uwe, die bottermaker op diens en sy se: ‘nothing happens for no reason!’  Haal asem! Partykeer is dit ‘n blessing…veral as die kredietkaart transaksie nie deurgaan vir daai onnodige ou paar skoentjies nie!!  Of daai kwaai post op facebook het nie gepost nie…dankie tog!!

Die belangrike ding wat ek wil kommunikeer is dat Mercury retrograde ook beteken ons raak baie introspektief.  Ons is geneig om ou dinge te bedink.  Mercury is in Virgo, dan raak dit selfkritiek.  Oppas daarvoor!  Ek moet erken dat ek ‘n binne-geveg of note het die laaste 2 dae…ek moet aanmekaar agteruit vergewe en dis goed!  Mens moet met die energie werk, anders raak dit net afbrekend…hoekom het ek dit gedoen, hoekom het ek dit besluit, hoekom….?? Of jy kan ook daai energie op ander uithaal en dis dalk minder healing!   Die vangnet is, dat Jupiter die spirituele planeet ook in Virgo/healer is en hy help om die negatiewe beesmis-woorde wat rondspring, om te sit in botter!

Raad…!  Save als, maak 2 kopiee, moenie met ‘n stukkende wiel kanse vat nie, moenie laat wees vir jou vlug nie, praat versigtig, verduidelik mooi!

Moenie nou die strydbyl uitpak nie…dink hom en vergewe eers, wag tot  na die 22e September en praat hom dan!  Moenie oorsensitief wees nie…Mercury gaan Virgo/kritiese woorde praat in hierdie tyd.  Maak botter…as jy nie die resep het nie, bel my!!

 

 

nuwe maan