Month: October 2016

Lewenskoek…!

Se die Lewe toe vir my, kom ons bak ‘n koek! Jaaaa se ek! Maar ek sal se hoe en wat. Dit moet ‘n groot sjokolade koek wees, met wonderlike ryk en lekker dinge in. En so droom ek my lewenskoek op, met stukkies sjokolade, met kersies, met likeur, met neute, met versiering en vulsels wat nog nooit uitgedink is nie!
Die Lewe bly stil, pak net die ingredients een een uit, ek is ongeduldig en begin sommer al meng en proe en grou, ek vat sommer van my eie rak af nog ‘n paar goed.
Die Lewe het baie tyd, baie geduld, dis nie die eerste koek wat Hy bak nie.
En so kom ek algaande agter dat ek nooit gevra het watse koek dit gaan wees nie, ek het self besluit dis ‘n sjokoladekoek, nou sien ek daar is nie eers kakao nie. En ek stop, wroeg, word kwaad, wil nie meer bak nie.
Die Lewe bly stil.
Ek ook.
Oukei se ek later, watse koek dan tog??
Nee se die Lewe, jys mos kreatief – Ek weet – Ek het jou gemaak. Kyk watse ingredients het jy en dan bak jy die lekkerste koek met dit.
Gee ‘n resep se e,k nee se die Lewe, daar is nie resepte vir lewenskoeke nie. Hoe kan daar nie resepte wees nie vra ek, dis mos nonsins, ek gaan ‘n flop maak!
Nee se die Lewe, daar is ook nie so-iets nie!
Ek vra rond na ander bakkers se resepte, kry goeie raad. kry slegte raad maar meesal wil dit nie vir my werk nie!
En ek sien die Lewe is ook daarin reg. ek moet my eie resep uitdink, toets, oefen tot ek my eie beste koek bak met dit wat ek het.
Want die Lewe het geweet ek is allergies vir sjokolade en neute, nou oefen ek om die beste eie lewenskoek te bak en tussendeur eet ek my knuppeldik aan al die oefenkoeke!!

 

koek

Advertisements

Juffrouens en menerens..!

 

Ek is so lief vir my taal…af en toe dan waag ek my hand aan brits maar agterna skrik ek vir my foute, al se die mense my brits is nie te aardig nie.  Maar dis reg met my…ek wil in myse eige taal skryf met my eie brousel van bymekaargemaakte segoed!  Ons het sulke lekker woorde…en as mens wil grappies maak of skel is daar geen manier om dit in brits te se nie!  Dit bring my by een van die mooie afrikaanse woorde en dis meester….ek meen regtig?  Kan meneer ooit by meester kom?

En nou kom ek by die eintlike skryfding wat wil uitpeul!  En dis dat ons mos almal meesters is…ons leer mekaar heeltyd, hou spieels op vir mekaar, en dit terwyl ons leer van die baie meesters in ons lewens.  Ja…ek weet daai wat jou die meeste irreteer voel nie of hulle jou meester kan wees nie, hulle voel of hulle by jou moet leer en starrag is! Ek wil nou nie jou bubble bars nie, of wag, ek wil!  Hulle…hulle is jou eigenlike meester!!  Die wat jou laat kners en brom onder jou baard, of sommer hardop laat skel…hulle is die manne wat jy moet dankie se want hulle hou die spieel, kyk in hom, sien jouself, se dankie vir die meester!  Dalk is jy die stadige student…want die beste onderwyser is ook ‘n goeie student!

 

meester

Slotte moet sleutels he…!

 

Ek het ‘n mooie huis vol kamers…een van die belangrikste deure het ‘n slot aan, daar woon geheime binne…bangmakerige geheime! Dis die kamer wat al die ander donker maak want hy sit in die Hart van die huis.  Ek soek al my hele lewe vir die sleutel van daardie slot, maar hy bly soek.  Als is al geprobeer…ek het al die deur rooi en pers en geel geverf, ek het ‘n kas voor die deur geskuif…ek het al soveel moeite gedoen om te leef of die kamer nie bestaan nie, maar die kamer wil nie ophou bangmaak nie! Ek het al gaatjies geboor in die deur en kan deurloer maar dit is nog steeds nie oop nie. En soms is dit meer bangmakerig om deur ‘n gaatjie te loer en net van die skadus raak te sien as om die deur maar oop te kry en die Lig daardeur te laat stroom!

Die liefvrou met die interessante skoene luister en bekyk my struggle met die toe deur en bangmakerige kamer vol skadus en die groot ou slot sonder sleutel.  Sy beluister my gespook met die skrik vir die bangmakerige skadus.  En op ‘n mooi dag se sy: ‘Ek ken ‘n dokterVrou met ‘n kamer vol sleutels, sy maak slotte oop!’ Sy koop vir my ‘n kaartjie vir die journey na die Vrou en ek val in die pad!

Die sleuteldokter druk my teen haar hart vas…sys klein, sys powerful, sys weird,  sy ooze liefde, sy se goed wat my laat stilskrik, binnetoe kyk en sien en besef!

Sy pak haar sleutels uit…grotes, kleintjies, blinkes en geroestes, oues en nuwes!  Ek haal my ou geroeste slot uit…sy toets en toets!  En daar spring die slot wragtag oop…die slot met die deur wat lei na die bangmakerige kamer wat die hele huis hostage hou!

Sy haal die slot af…maak die deur oop, sit die Lig aan, ek kan my oe nie glo nie…! Vat se sy…dis jou sleutel!  Dis my eie kamer, dis my eie briewe wat ek geskryf het wat op die kas vol stof le, ek het net vergeet!  Die Lig val op al die spinnerakke en die onthou stap terug in my kop! Ek hang die sleutel om my nek, hy le koel teen my hart!  En ek vat ‘n besem en ‘n mop, ‘n stoffer en windolene en poets al die skadu en stof weg!  Die Lig stroom terug, die uitsig deur die blink venster is mooi, vol hoop en liefde!  En ek is vry…want ek verstaan en dis my sleutel van my slot!

 

slot

ex kaalvoet…!

 

Maatjie van verland luister my treurige stories…! Sy mors nie met woorde daai wyse ene…sy luister net!  Ek treur in haar ore, se vir haar ek is nou so op gemens, al is dit my eige liefmense, ek is nou moeg geprobeer, moeg gekeer, moeg gehuil, moeg gewarrie, moeg gewakkerle, moeg gehoor wat se aardige oormoederige mens ek is…! Moeg van my eie moegmakerige treurige oordoenerige menswees!

Nee se Maatjie van verland!  Dit sal nie deug nie, ek stel voor jy vat jou skoene en gooi hulle op die dak!  Dan as die volgende liefmens opdaag en vra of jy kan help, dan seg jy nee…ek het nie skoene om vol te staan nie, myne is op die dak!  En nee…ek kannie loop tot daar waar help my roep nie, ek het nie skoene nie en die pad is vol duwweltjies!

En die volgende vreemde wondervrou loop deur my lewe en sonder dat ek ‘n woord se, vertel sy dat sy mense vertrou om hulle eie moeilikheid op te los…as hulle haar roep om te help dan se sy so!  En sy vra hulle moet haar asseblief laat weet as hulle ‘n positiewe oplossing gekry het vir hulle moeilikheid!

En nou sit ek hier…kaalvoet en warrie net ‘n klein bietjie maar ek glo my liefmense sal cope…want ons is mos nie alleen nie!

kaalvoet

Die maand van angs…!

 

Ek weet nie wanneer dit die maand van angs en depressie en diesulke aardige kwessies is nie…daar is so ‘n maand!  Al my maande is dit, sommiges minder angsbesaai, ander maande dra dit blou en pers blomme in oorvloed!  Ek skryf nie hierdie woorde oor ek simpatie wil he nie…simpatie is nie ‘n goeie teenmiddel vir ‘n angssteurnis nie!  So relax asb vooruit!  Ek skryf hierdie want mens moet iets met angs-mis doen…so ek maak angs-botter!  En as daar iemand iewers is wat dit lees en daarmee relate dan voel ek dalk daar is sin in my angs-doring in my sagte-vlees.

Ek het sowat 10 jaar gelede ‘n implosion gehad!  Die mediese wereld praat van ‘n senuwee ineenstorting, dit het my gelaat met ‘n angs-doring in my vlees, die mediese ouens noem dit ‘n angssteurnis!  Die mediese terme hiervoor laat my voel soos ‘n psigiatriese geval en ek was genoeg kere oor die 10 jaar deur mense wat vir my moes omgee as mal, of af, of erger geslaan! Die shit is….skies, party engelse vloekwoorde pas net so reg!  Die shit is dis net nog ‘n siekte, ander kry kanker, of arthiritis of benoude boude!  Daar is gewoonlik pille, chemicals en seep vir meeste van die goed! Elke een het sy eie swaar, sy eie gift en mens wens dit kom jou nie oor nie!  Maar net soos dit is om ‘n kind aan die dood af te gee, waarvan ek niks weet nie, net so maak dit mense bang as jy sekere siektes het.  Daarom skryf ek hierdie bangmaakstorie!  Ek het nie per ongeluk die stuk van die kind aan die dood ingewerk nie, dis asprislik soos als wat ek se!  As jy ‘n kind aan die dood afgee, dan is dit pure/rein, mense wonder nie wat het jy verkeerd gedoen nie, as jy ‘n kind aan die lewe afgee is dit aardig!  Mense wonder en vra, is nuuskierig en onsensitief!  Wil weet hoekom jy dit nie fix nie…dit word nooit vir die ouer wat se kind hemel toe is gevra nie!  Dis hoe angs werk, mense is ongemaklik, oningelig en naar met dit, en nou is ek nice!

Kort na ek siek geword het, het ek saam met ‘n liewe vrou gewerk en sy het niks geweet van angs nie!  Ons het baie nou saamgewerk, ‘n ou tante opgepas, ek sou dikwels kortasem en swetend raak van ‘n angsaanval/panic attack terwyl ons die liewe ou tannie van 102 versorg het!  Op ‘n dag het sy in irritasie vir my gese: ‘Ag nee man, ruk jou reg, daar is wragtag nou niks om voor bang te wees nie!’ En sy was reg!  Daar was niks om voor bang te wees nie, my angsaanval was totaal en al ongegrond en ontydig en ongerieflik!  Dis die shit met angs!  Dis ongegrond! Ek het dikwels in daardie eerste maande myself in die spieel gesien en gewonder hoe kan iemand wat so kryzie voel, so verskeur deur angs, so normaal lyk?

Paar maande later het ek haar weer op eie Afrika grond teegekom en sy het askies gese vir nie verstaan nie!  Sy het vertel dat sy intussen in ‘n klaskamer gestaan het, voor ‘n spul tieners en ‘n angsaanval gekry het, sy is hospitaal toe gejaag in ambulans, gedog sy sterf van ‘n hartaanval!  Maar sy moes haar net regruk, dit was net ‘n angsaanval!  Jy sien…jou lyf maak al die goed wat hy maak wanneer die regte ding gebeur, so…as jy bang is jy val van die huis se dak af en jy kry ‘n angsaanval daaroor, dan maak jou lyf al die chemicals en voorbereiding vir daai slag!  Gelukkig kan jy jouself agterna regruk, jou sweet afvee, weer asemhaal en aangaan asof jy nie so mal is as wat jy voel nie!

 

 

angst

Storm los stilte…!

 

Mens sien mos gewoonlik ‘n storm kom…party storms bring genade reen en silwerskoon lug agterna!  Poele waarin mens paddas later sien plons!

Hierdie storm het donker en grommend gedreig en gedreig…en toe ‘n allamagtige rukwind gemaak!  Ek het tot my sinne gekom en my sanity probeer raakvat, dit was net ‘n waas!  Ek het uitgereik na Die een en toe na Daai een, na my eie binne self, boontoe na God toe…niks! Net ‘n dawerende stilte!

Die rukwind het alles omgeruk!  Die enigste ding wat regop staan en my 7 hande elk aanbied is Vrees en sy broers! In desperaatheid vat ek aan Vrees se hand, hy ruk my van my voete af…!  Ek kry nie vastrapplek nie…Vrees en sy broers help almal gelyk om my onder te hou! Eindelik beur ek regop…ek soek my Genade, my Toemaar, my dis net ‘n droomste merrie, ek soek na die oe van die wat my altyd sien, maar hulle kyk vir mekaar!  Ek kyk op, daar is net niks, ek kyk binnetoe maar een van die broers vrees het ook daar sitplek ingeneem.  Ek kyk in die spieel en sien en sien, die blou waterpoele stroom uit my siel met branders wat skeurend en rasend oor die rotse slaan! Die stilte dans woedend en laggend saam met Vrees en sy broers!!

Ek word stil!

 

 

 

storm

Broos-moeg!

 

Ek wens vir so baie dinge…ek wens vir stilte, vir rus, vir on-moeg!

Ek wens vir vrede en on-baklei!

Ek wens vir goeie uitkoms en on-teleurstelling!

Ek wens vir sagte vlerke, nie die soort wat half gelig en styfstaan, gereed vir opvlieg as die skrik jou gryp!

Ek wens vir vrugte sonder wurms, kaas sonder muf en ‘n lentedag sonder wind!

Ek wens vir genoeg, vir on-kommer oor die bodem wat te gou homself wys!

Ek wens vir ‘n lyf wat gelukkig in sy vel woon, on-pyn en geen-gloed, on-angs en diepe slaap!

Ek wens ek weet waar woon al hierdie goed! Dan het ek dit gaan haal en ingepak in my liefhuis vol ander wensdinge wat waar geword het.

 

duif