Storm los stilte…!

 

Mens sien mos gewoonlik ‘n storm kom…party storms bring genade reen en silwerskoon lug agterna!  Poele waarin mens paddas later sien plons!

Hierdie storm het donker en grommend gedreig en gedreig…en toe ‘n allamagtige rukwind gemaak!  Ek het tot my sinne gekom en my sanity probeer raakvat, dit was net ‘n waas!  Ek het uitgereik na Die een en toe na Daai een, na my eie binne self, boontoe na God toe…niks! Net ‘n dawerende stilte!

Die rukwind het alles omgeruk!  Die enigste ding wat regop staan en my 7 hande elk aanbied is Vrees en sy broers! In desperaatheid vat ek aan Vrees se hand, hy ruk my van my voete af…!  Ek kry nie vastrapplek nie…Vrees en sy broers help almal gelyk om my onder te hou! Eindelik beur ek regop…ek soek my Genade, my Toemaar, my dis net ‘n droomste merrie, ek soek na die oe van die wat my altyd sien, maar hulle kyk vir mekaar!  Ek kyk op, daar is net niks, ek kyk binnetoe maar een van die broers vrees het ook daar sitplek ingeneem.  Ek kyk in die spieel en sien en sien, die blou waterpoele stroom uit my siel met branders wat skeurend en rasend oor die rotse slaan! Die stilte dans woedend en laggend saam met Vrees en sy broers!!

Ek word stil!

 

 

 

storm

3 thoughts on “Storm los stilte…!

Leave a comment