Month: November 2016

Dis waar die stront begin het… — renciafroneman

This is where my spiritual journey really began and why I recommend leaving well enough alone. Vir drie weke sit daar al woorde in my vas, soos ‘n ingeslukte wind wat nie weer wil uit nie. Een wat agter by jou rugsring gaan sit. Dis woorde wat moet uit, maar dis swaar […]

via Dis waar die stront begin het… — renciafroneman

Advertisements

Mens weet niks…!

 

Vandag, 8 jaar gelede stap daar ‘n siel in my lewe in op twee bittere mooi bene!  Ek kyk in die siel se oe en myne maak ‘n vrolike dansie in my binneste! In verbasing praat ek binnetoe en se vir my siel om te bedaar want ons is daar om te werk en in elk geval is hierdie siel ‘n voel en ek is ‘n vis!

Die ding was so…ek het op daardie stadium als geweet, ek was 48 jaar oud, het ‘n challenge van ‘n lewe agter my gehad en het gemeen ek het botter gemaak van die beesmis en is wys en het als al uitgefigure! En so begin ek werk vir die siel met die bene en die oe en daar begin ‘n pad van bittersoet wat ek tot nou nie weet of ek daarvoor opgesign het, of het die Lewe hom net aan my toebedeel nie!

Algaande ontvou allerlei interessante gebeure en ek moet konstant my siel vermaan om hom te gedra en nie so baldadig te dans as die siel opdaag nie!

Want se ek vir my eie binneste, onthou ek is ‘n vis, die siel is ‘n voel en sover ek weet kan die spesies nie bymekaar se woonplekke oorleef nie!  Maar hoe meer ek met hierdie siel tyd spandeer in die werksplek, hoe minder weet ek…my biblioteek van wyshede is later so geplunder en uitmekaar getrek dat ek al minder seker is van my weetgeit!

Maande later word die siel, die Virgo en begin ons twee ‘n pad waar ek op ‘n dag se…as ek net by jou kan wees sal ek in ‘n houthuisie bly, ek is nie ge-interesseerd in al jou baie nie!

Die Virgo se…sy het als en steeds ‘n leemte, sy wil ‘n verskil maak…!  Die Virgo was nie eerlik nie, sy het nie als gehad nie, syt baie van als gehad! En sy verseker my dat dit nooit nodig sal wees om in ‘n houthuisie te woon nie…daarvoor sal sy sorg, afterall, syt baie van als!

Be careful what you say…be very very careful!

Soos Job van ouds het die Virgo deur ‘n sak en as verliestyd gegaan, soos soveel mense wat vir die Lewe se, gebruik my, het sy haar aardse besittings gesien wegvloei van haar af oor die laaste klomp jare!  En ek…ek is opgeneem op my uitspraak! Saam-saam het ek en sy, die vis en die voel, begin stap na iewers…!  Ons woon nou meer as 4 jaar in ons houthuisie, ons het mekaar gesien op elke denkbare manier en plek, soms as dit vir die vis te erg geraak het, dan het ek afgestap rivier toe, maar altyd weer teruggedraai na my houthuisie waar my Virgo is.

Vandag is dit 8 jaar…die bybel se 8 is die getal van new beginnings!  En soos met die Faro en die skure vol koring in die maer jare, so het die Lewe ook vir ons ‘n skuur vol saad oorgelos! Hierdie vis en hierdie voel soek nou na hulle horisonhuis, daar waar albei kan leef, daar waar albei kan vry wees om te flourish!  Want nou weet ek…mens weet nooit rerig nie, en wanneer jy dink jy weet, is jy op die plek waar jou weet-biblioteek afbrand!  Aan die einde van die dag is dit net die liefde wat saakmaak! Happy anniversary my eie Virgo!

 

 

vis-en-voel

Vir Ouboet en die spore wat hy getrap het…!

(Vir die Traveller…want gedeelde leed help soms ‘n bietjie!)

 

Ek wou nog een maal met hom baklei het!

Vir my was hy ouboet, Jakobus!  Vir die kinders oom Koot, vir mammie en Laetitia was hy boetie, hy was ook oompie en oupie.  Maar die naam wat hom die diepste geraak het was Mannetjie, dis wat sy vrou hom noem en soos almal weet hy haar ook genoem het.  Hulle het mekaar ook van Wykie en hy vir haar van Wyk genoem!

En nou is ons hier, hier om hom te groet!  Te gou het ons hier gekom…dood is altyd te gou, dis die een ding wat geen respek het vir tyd nie, hy maak net wat en wanneer hy wil!  Neem nie vakansies of verjaardae of behoeftes in ag nie.

Ek wou hom nog een maal hoor  orrel speel en sing. Nikita!  Dit moes hy nog ‘n slag vir my sing, soos laaank terug een aand.  Hyt my geroep en gese staan hier en toe sing hy dit vir my!!  Ek huil van daai tyd af elke keer as ek die lied hoor!

Ek wou nog een keer sy kos eet!  Net nog een keer aan tafel saam met hom sit en hoor hoe hy vra wat wil julle vanaand eet….dan is ek so knuppeldik gesmul dat ek dink ek gaan nooit weer eet nie.  Hy kon heerlike kos maak, dit was een van die maniere wat hy sy liefde gewys het.  Hyt gesukkel om liefdes woorde te se!  Suinig met pluimpies!  Maar mens het geweet as hy tevrede is met wat jy doen.  Mens het ook geweet as hy nie was nie…dan was dit sleg!

Hyt mos nie graag up close en personal geraak met mense nie….ekt altyd gese ai man, jy soen mens asof dit ‘n slang is wat jou pik en sy drukke was stokstyf, hard en aardig…dan het hy omgespring en huis ingestap. Sy spaanse danseres gelos om mens verder te groet!

Maar dit se niks van sy hart nie.  Niks van die spore wat hy getrap het nie.

Pappie is dood toe ek nie mooi elf was nie.  Ouboet het gemaklik sy skoene aangetrek en die patriarg rol met trots gedra.  Ons het baie baklei maar ek het vir hom respek gehad…hy was die een wat die laaste se gehad het.  Ons was vir hom versigtig.  Hy was befoeterd, kon lekker ongeskik raak maar hy het ‘n klein klein hartjie soos ‘n voeltjie gehad.  Ons was veilig want hy was daar…ons het geweet as ons moeilikheid het, dan sal hy help.  En hy het, op sy dwars aweregse manier het hy in tye wat die lewe my stief behandel het, my opdrag gegee om end te kry om met sulke vrot bande te ry…dan het hy stil stil vir my nuwes opgesit!

Harde werker! Slimkop, het vorentoe gebeur en kwalifikasies gekry ten spyte van die lewe se nare maniere.  Hyt lang ure gewerk als gedoen wat sy hand gevind het, van biltongmaak, musiekmaak, yster meubels maak en boeke doen!  Perfeksionis!  Altyd die beste! Hy het my inspire om my bes te doen!  Hy het my altyd oortuig dis maklik om geld te maak.   Ek het hom geglo en het vir hom geluister, ekt ook hard gewerk.

Hyt soet spore in my hart getrap.  Mense trap mos verskillende soorte spore, party se spore is soos kaalvoet op die sement, jy sien dit nie, ander is soos modderpote op die wit teels, daai was jy so gou moontlik af.  Maar syne…dis taaies, soetes, dis hulle wat ek raaktrap, tjierts – tjierts!  Soos wanneer ek old spice ruik,  of as ek ‘n glas oros drink, of as ek sleg winkel biltong eet, syne was die heel beste!  Dis die spore wat mens nie afwas nie, jy lek suutjies ini geheim aan hulle as die verlang jou vat en jy troetel hulle vir altyd.

Vroeer die jaar het hy net een spoor begin trap, dis toe wat ek besef het hoe groot sy spoor is.  Dis toe dat ek begin benoud raak het by die gedagte dat vandag gaan aanbreek.

Ek het die langpad aangepak en vir hom in die hospitaal in Bloemfontein gaan kuier.  Hy was baie siek…hy het binnetoe geleef, stil en stil was hy.  Baie kleiner as wat ek hom onthou maar sy kyk was sy kyk.  Sy courage het my steeds verstom en ek het so gese, hy het my aangeluister en nie veel gese, maar ek weet hy het dit gehoor en was bly oor die woorde. Ek is ook nou bly oor die woorde wat gese is, mens moenie terughou sulke tye, dit was die laaste kans.

Dit was swaar…ek wou nog so baie se, vra, vertel!  Maar ons het darem op die ou einde een laaste baklei ingewerk, net daar in die hospitaal.

Maar ek wil se van Joh, van die vrou wat Ouboet gekies het om langs hom spore te trap vir amper 48 jaar.  Hyt goed gekies, lank gevat voor hy haar gekry het, Mammie het al begin bekommerd raak oor boetie wat nie vrou vat nie!  En toe skielik kom die man vertel van die mooie meisie wat hy gesien het, sy lyk soos ‘n spaanse danseres!! Hy was verlief en ons het ons verwonder. Aan hulle mooi liefde, hulle het letterlik en figuurlik mooi saam gedans, dit het mense laat stilstaan om te kyk.

Januarie in die hospitaal, terwyl hy nie gepraat het nie, skaars geeet het, nie gekyk het, net gesit en staar het…dan het sy ingestap, en hy sou opkyk, uitkyk van uit sy binneste, deur die pyn en dan geglimlag, dan het hy gese:  Jy lyk mooi!  Ek is bly jys hier…dan het hy haar hand gevat en tevrede teruggekeer na binne.

Later na ons laaste baklei in die hospitaal, het hy vir my gese hoe trots hy op haar is, hoe mooi sy na alles kyk, hoe goed sy vir hom is en hoe lief hy haar het.  Dit was ‘n rare gesprek en ek weet hy sou blywees dat ek dit  vandag vir jou se my Sussie.  Dankie dat jy vir hom Alles was!

Dan se ek nou maar:  Loop mooi ou broer, trap jou taai spore, want jyt nou weer 2 spore, trap hulle suikersoet dat ons jou maklik kan kry wanneer ons jou kom soek.

Vriende…soos vrugte!

Ek het ‘n hand of dalk twee handevol vriende, mag dalk ‘n mandjievol wees…!  Het nog nooit getel nie want jy sien…ek nooi hulle selde gelyktydig vir ‘n kuier!  Deels omdat ek nie ‘n groepie mens is nie…is altyd ongemaklik in groepe, my altyd gestamp aan iets of iemand en dan het dit die groepskuier onlekker gemaak!  Nou is ek kaalvoet en vry en worry ek al hoe minder oor dinge.  Maar ek dink die saak vir een of ander rede en kom toe agter dat dit amper onmoontlik is om my mandjie mense bymekaar te gooi, hulle is uiteenlopend, weird en wonderlik!

Want…jy sien, nie almal kan alle vrugte eet nie, party gril vir suurlemoene, ander slaan uit van perskes, daar is selfs die wat se kele toeswel as hulle ‘n lietsjie eet!  En jy kan nie alle vrugte saam in ‘n vrugteslaai gooi en noodwendig ‘n wenresep he sonder dat iemand gril of swel nie.

Selfs ek moet versigtig werk met van die vriende.  Mens kan byvoorbeeld net die soet vleis van die turksvy eet, jy kan nie sy skil met dorings eet nie, die pitte in oormaat bring ander moeilikheid vir die konstitusie of is dit  k….ipasie?  En dis my vriende…party kan jy met skil en al eet, suikersoet en geurig, eet dat die sop teen jou ken en elmboog afloop, jy haal net die pit uit!  Ander soos die lietsjie het net min soet vleisies, die pit is groot die skil hard!  Dan is daar die vy…hy moet op die regte tyd gepluk word en gou geeet word anders is hy onsmaaklik of word gisserig en suur! Ek het ook ‘n granaat, baie moeite om by sy heuning uit te kom, maar so die moeite werd.  Mens moet jou vriendvrugte ken…party is wintervriende, ander is mooiweer vriende, dan is daar die wat heeljaar beskikbaar is, en dan is daar die wat jy net een keer ‘n jaar vir ‘n paar dae kry!  Maar iedere een is myne en op sy tyd en in sy beauty is hy kosbaar en onmisbaar!  Ek meen wat maak mens sonder ‘n suur-lemoentjie?

 

 

suurlemoen

Skoene…!

 

Daar is so baie dinge wat aan skoene haak, maar een van die gesegdes wat nog altyd vir my persoonlik baie beteken het is die ene van moenie oordeel voor jy nie ‘n stuk pad in my skoene geloop het nie!  My wroeg gaan nie eintlik vandag oor skoene nie…my wroeg gaan oor judgement!  En van ‘n aweregse angle af!  Hy lyk so!  Ek het ‘n glo in my dat elke ding wat jy jou mond oor uitspoel/judge vlieg soos ‘n boemerang en daag voor jou deur op om joune te word.  En ek sal my kop neersit oor daai glo, ek weet dis die waarheid.

Kom ons maak hom nou oor skoene.  Elke keer as jy ander man bekyk en sy skoene judge dan moet jy weet jy het hulle nounet vir jouself gekoop, hulle is in die pos en jy kan solank regmaak want jy gaan hulle moet aantrek…hulle gaan jou knyp en dalk is dit polvye en jys nie eintlik gemaklik op hoge skoene nie, maar jy gaan hulle dra tot jy weet hoe dit is om in daai polvye te leef, te dans, te hol en sommer met hulle te slaap ook.  Dan is daar die slippers wat jy voor gelag het en nou mee loop, nou lag die ander vir jou en jy kan nie daai flenter pienk pantoffels met die gate in uittrek voor jy klaar gevoel het nie. Of dalk het jy gewonder oor die een wat sonder skoene loop en gewonder hoekom hy so treurig is om nie eers te kan skoene koop nie!  Ha!!  Daar bestel jy mos vir jou kaalpoot spore en jy kan weet die stuk pad wat jy gaan loop met kaalpotens sal vol duwweltjies wees…!

Aardige Lewe wat ons leef…maar ons is aardige halstarrige wesens en ons siele het baie om te leer!  Ons het baie skoene om vol te staan, myle om af te le in allerhande soorte voet-gedoentes!  Party van hulle loop sag en is mooi en maklik!  Ander is nie…!  Maar ek is nie meer van plan om vir my aardige judgement/skoeisel te bestel nie…ek hou my mond toe en weet, as dit nie vir die Genade was nie, het ek dalk nie eers voete gehad nie!  Nou het ek gelukkig voete maar ek het my skoene mos op die dak gegooi, niks om vol te staan nie, ek sit langbeen in die son en skryf!

 

 

 

polvye.jpg

Brug…!

 

Dit was op ‘n kunstefees wat ek sy musiek die eerste keer gehoor het…lank terug, seker minstens 15 jaar gelede!  Sommer so met die uitloop uit die saal na ek en die tekenKind vir Amanda Strydom gekyk en geluister het.  Ek het vasgesteek en geluister na Dance me to the end of love, vir die tekenKind gevra wie sing daar, nee sy weet nie…sy het na die DJ gebeur en die naam van Leonard Cohen gekry! Ek het sy eerste cd maande later gekoop en gevoel of ek ‘n kleinood onder die vloer ontdek het…sy musiek het raakgevat in my siel wat ek self nie kon bykom nie!  My altyd laat voel hy het die woorde wat ek kortkom!  Seker simpel…maar vir my ‘n mirakel.

En nou het hy ook aangeloop en oorgeloop…maar hy het ‘n legacy agtergelaat soos min!  Ek lees op die net oor hom, hy het onlangs vir sy ou vriendin Ihlenne, ‘n brief geskryf, sy was die inspirasie vir sy lied, so long Marianne, sy was vir 10 jaar sy lover en vir altyd sy muse!  Hulle het lank terug opgebreek, hy het aangeleef, nog mense liefgehad en kinders en kleinkinders gehad.  Maar ‘n stuk van sy diepste hart het by haar afgeskeur en agtergebly. Hy skryf vir haar hoe hulle albei se lywe oud en broos is, hoe hy haar sal volg kort na sy weg is, in fact…dit sal so gou wees, sy kan omkyk hand uitsteek en syne raakvat!

Dis die brug van die liefde!  Ek het ‘n deel van my hart wat leeg staan, soos ‘n kamer vol egos, egos van onthoue.  As mens net die vuur kan toelaat om die kaf weg te brand…dan my Kind, dalk, net miskien, kan ons ook weer mekaar se hande raakvat!

 

 

hands-reaching

Wats jou petrol…?

 

Ja…ek vra: ‘Wat is jou petrol?’  Ek meen op jou journey, die lewenspad as jy wil!  Waarvandaan kry jy jou petrol?  Het jy hom al gedink?  Want mens het altyd ‘n petrol…daai ding wat jou maak doen of se, daai ding wat jou laat stilbly as jy moet se, of nie doen wat jy weet jy moet!  Mens doen mos jou heel lewe goed en dan wonder jy hoekom stop jy nie…jy kan mos sien dis nie ‘n wendoen nie!  Maar jy hou nie op nie…jy neuk aan!  Ek vra die babakind van my…hys nie meer ‘n baba nie, maar hys my baba, ek se vir hom hy moet asseblief ophou rook…daar is groot rede daarvoor…maar ek weet dis nie so eenvoudig nie.  Mens het altyd ‘n vertrek-petrol!  Die slim energie mense se mens het ‘n investment in iedere ding wat jy se en doen, was eers vir my spul strooi, maar hulle is reg.  Mens het altyd ‘n agenda…en jou petrol is jou eie…mens moet uitfigure wat is hy!  Die gefoeter is as jou petrol ‘n goeie ding is…soos om ‘n uitstaande ma of vrou of werker of dienaar te wees, dan is dit moeiliker om hom te sien.  Maar kyk hom…hy lyk so onskuldig, onder dit sit ‘n petrol, dalk is sy naam bang, dalk is sy naam trots, dalk is sy naam pyn…!

Ek het met die slotvrou  se magic my petrol gekry…nou is ek vry!  Ek kan nou kies of ek wil of nie want ek verstaan hoekom ek dinge doen!  Of nie doen nie!  En dis lekker want ek sien nou wat gebeur…noudat die petrol/vrees my gelos het!  Nou loop goed anders…mens kan met jou ontydige aanhoudende petrol vrese die hele pad vol duwweltjies strooi en nie eers mooi weet jys jou eie vyand nie!

En dis nie eers al nie…ek sien ook dat die liefmense om my anders operate want ek is nie meer soos ‘n stoomtrein aan die blaas en swoeg om iewers te kom nie, om dinge te keer, om dinge te manage nie.  Ek los hulle om hulle eie pad te loop…ek vertrou hulle sal self regkom!  Ek het gestop…ek is nie meer bang nie, ek is vry!  Nou is my petrol stilte, my stilte krag, my krag vrede! En die Lewe kry kans om te gee wat ek voor rondgejaag het!  Maklik!

 

 

suffer