Month: December 2016

Als het ‘n gift…!

 

Jy weet mos daai ding van jy kyk deur ‘n gleufie en sien net ‘n deel van die prentjie…soos as jy deur die een venster van die vertrek kyk en nie die hele tuin kan sien nie…?  Dit!  Dis waaroor ek wil skrywe.  Ek voel of ek deur ‘n ander venster begin kyk, ‘n groter gleufie gekry het en ek begin wonder of daar dalk baie meer is as wat mens van weet…nee…ek weet daar is baie meer!

Verkramptheid is mos maar eintlik net vrees gemanifesteerd.  En ek is mos versigtig om my mond oor vrees uit te spoel want dis nie ‘n speelmaat vir enige mens nie.  Maar…die plek waarvandaan ek kom, dis nou my geboorteplek, familie enso…dis maar eng!  Baie knap en benoud en wat sal die mense se en so!!  Maar ek het alewig geneuk om nog ‘n gleuf te soek om deur te loer, altyd gedink dit kan nie al wees nie, daar moet nog iets wees.  Dan het ek na die wat so gemaklik is met die white picked fence, met 2 en ‘n half kinders en die als wat daarby pas, gekyk en gedink hulle is so gelukkig…hulle is content!  Dis ook ‘n illusie het ek later besef maar dis annerdag se skryf!

Oukei…nou wil ek kom by iets wat ek deur ‘n ander gleuf loop aankyk het en dit, dit laat my so blyvoel!  Deur daai gleuf lees ek dat mens jou pad vooruit kies, dat jy voor jy in hierdie lewe opdaag met God ‘n afspraak het en dan besluit jy watse werk kom jy doen, wat is jou purpose!  Dan help God jou kies wat moet jy in jou lewe he om dit te laat waar word.  So…as jy byvoorbeeld kies om ‘n mens te wees wat vir mense kom wys dat ons moet vergewe…dan moet jy eers ‘n paar kere tenagekom word en leer om te vergewe!  Dan kan mens nie kwaad wees vir die wat jou tenakom nie, hulle is die wat jou kom leer en jy het mos gese jy wil dit leer.  Dan skuif die hele besigheid van victum na oorwinnaar.  Jy kan verantwoordelikheid vat vir die situasie, die mens wat jou tenakom, hartlik bedank vir die les, hom vergewe en aanstap.  En net daar word dit makliker, dan is die hele lewe minder swaar en kan mens in elke situasie soek vir die gift!  Dan is dit niemand se skuld nie…ook nie jou eie nie, dis net die teacher wat jou kom leer het om te vergewe!

So kan mens heeljaar krismis hou en heeljaar gifts kry!!

 

window

Advertisements

Poppe en kaste…!

kristalperdjie

 

Dis daai tyd van die jaar wat ek van altyd af na uitsien sonder dat ek wil…dese dae wil ek myself keer om nie te se ek haat hierdie tyd van die jaar nie!  Want dis bittersoet…dis swaar en seer en lekker en aardig!  Ek het te veel geleef om nie te weet nie…maar diep in my is daar steeds die onthou van amazingness rondom hierdie tye!  En daai flenter onthou, hoop alweer…hoop vir die goeie…die Liefde en die Lig wat die tyd van die jaar tog immers moet inhou!  Maar dan het ons die poppe, die kristalperdjies soos my liefste Thera kind altyd se, wat ek oorgevat het na my oudste liefsuster oorgeloop het!  Daais wat gegooi word, flenters en brekerig, dis mos die tyd van die jaar wat almal poppe en kristalperde gooi, uit die kas, uit die kot, uit die mond en uit en uit!  Die wat in die kas was foeter uit, ander het nooit ‘n kas gehad nie maar is ook uit, dan is daar die sonder brieke en kaste en hulle donner voort!  So asof ons nie ‘n more het nie…so asof ons nie bly is dat ons mekaar het nie…so asof niks saakmaak behalwe ons ego’s nie!  En dan…?  Dan le die stukke oral en dan wat?

Ek het min siele in lywe oor op hierdie aarde…myne hou krisimis ini hemel…die paar wat nog by my is, hulle is kosbaar…ek sal hulle celebrate en liefhe.  My danse dans op al die aardige musiek wat speel, maar ek is bly oor hulle en weier om enigiets te gooi, behalwe natuurlik ‘n borreltjie of dalk ‘n yskoue witte saam met die lekker kos wat die tyd inhou!

He lief…maak vrede…haal asem…wees bly…bly stil…dink mooi…moenie mors nie…met niks nie…veral nie met tyd of liefmense nie!  Geseende Kersfees…Be blessed, I am!

Nou wat nou ini meantime…?

 

Na die slang episode is ek en die Virgo grillerig en loop soos twee valke deur die jaart…sien slang oral en skrik konstant vir niks.  Ek vat die snoeisker en sny ‘n paar takke af…meer om myself te troos as iets anders want ek het nou besef daai poftante skrik vir niks!  Al ruik die hele werf soos swael en motbolle en jik en is net ons naar vir die reuke, sy seil bo-oor dit, sys vir niemand bang nie en as sy opi stoep wil le, dan sal sy!  Nou-ja…ons het mos nou vir Deo Volente op die altaar gesit en vir die liewe Here gese hy moet die koper stuur maar nou weet mens mos Hy het sy eie tyd.  Alhoewel ons reg is om te gaan en dit voel of ons gejaag word om te gaan is dit soos dit is…die koper het noggie sy lyf gewys nie!  In astrologie het ons geleer dat tyd ‘n mensgemaakte illusie is, ons het hom uitgedink om te control en seker sodat daar darem bietjie orde is maar eintlik is daar nie rerig iets soos tyd nie.  Dis eintlik net spasie…ons met als op hierdie aarbol wat deur spasie, of as jy wil ‘space’ beweeg!

Terwyl ek die takke aangevat het, het ek my gekrap op my pols onder my horlosie en nie rerig agtergekom tot ek later voel iets brand nou lekker nie.  Ek haal die horlosie af om die spul af te spoel.  Later sit ek weer die outjie terug…ek hou mos tyd dop…die ongeduld staan blou in die blom!  My brandende vraag wat in my kop maal is…wat maak mens ini meantime, terwyl die koper nog aankom…?

Ex ‘n slegte wagkamer mens…ek is daai soort wat laat is omdat ek haat om te wag, te veel inpak in die dagboek en verpes om in ‘n ry te staan.  Ek maak lysies en skryf my dagboek vol, dis vir my ‘n heerlikheid as ek in die aand kan doodtrek en sien ek het als gedoen wat ek beplan het, en dit vat nogal fluks beweeg om my ambisieuse en ooroptimistiese verwagting van een lyf en een dag, gedoen en doodgetrek te kry.  So…wag is sleg, ek doen dit nie vrywilliglik nie. Maar dieslag het ek nie eintlik ‘n se in die saak nie…ek moet wag vir die koper se stoffie in die pad!

Later die dag na ek die horlosie teruggesit het aan die gekrapte arm loer ek weer na hom om die tyd dop te hou en sien sy staan doodstil.  Ag nee magtag dink ek!  Wat gaan aan?  Ek haal hom af en skryf op die lys vir ‘n vervanging van die pappery met die volgende dorpdag maar dis is al of ek iets hoor wat ek nie nou voor luister nie.  Die virgo roep my om iets te kom lees en ek lees van die mens wat se God is nooit laat nie.  Ja…dis so, ek het hom so maar volgens wie se horlosie?  Of het Hy nie ‘n horlosie nie…Hy se mos van een dag wat soos ‘n duisend jaar is, dis scary, dalk werk sy horlosie anders as myne!  Daai storie van die maagde wat so sit en wag het vir die bruidegom, het my nog altyd aardig laat voel, ek sou breiwerk moes saamvat…ek sou nie uithou nie!

En toe ek tot rus kom en begin asemhaal toe weet ek die horlosie het my gese ek moet hom afhaal en ek moet end-kry om die pad en die tyd dop te hou…!  Als sal op die regte tyd gebeur, laat ek liewer kyk wat moet intussen gedoen word sodat die lamp vol olie is as die stoffie in die pad aankom. Wag ek moet ‘n lys skryf…dit gaan tyd vat om als te doen!

 

dv-pad-1

Wat wil jy he…??

 

‘n Tyd gelede is ek en die Virgo in die Fish Bone en daar stoom ‘n siel in ‘n mal lyf binne…hy kyk met wilde oe en se…ek soek my geld!  Ek skrik binnetoe en my ordentlike opbrengs noop my om te wonder of ek iets vergeet het terwyl ek die angel rustig maak en laat sak.  Nee se ek, ek het nie geld van jou nie! En hy spring om en storm nukkerig weg, net om weer en weer terug te kom met dieselfde histerie.

Toe die kind met die kaal bo-lyf en wilde oe, ‘n uur later agter my aanstorm oor die pad en ek my in ‘n gil inskrik…toe pluk die Virgo haar in ‘n krul!  Sy stap afgemete op hom af en se met haar scary energie:  ‘WAT WIL JY HE…?’ Dit terwyl sy haar vinger onder sy neus swaai…ek soek my geld se hy!!  Sy antwoord:  ‘Hier is nie geld van jou nie…Wat wil jy HE?’  Hy kyk haar, dieslag met iets meer as malligheid in sy oe en ek sien hoe hy dieselfde wonder…hy draai om en stap weg en bly weg!  En die stuk vertel bring my by my storie…wat wil jy he vra ek myself!

Jy weet…as jy al 56 keer verjaar het dan moet jy mos darem al daai vraag kan antwoord.  En ek dog ek kan en dat dit nie my eie, eie skuld is dat ek nog nie heeltemal het wat ek wil he nie!  Ek dog ek werk nog daaraan, ek wil net gou…..!!!  En dan moet daar ook nog….!  En as die en daai ene net gesort kan kom en wil saamwerk….!

Maar daar het ‘n klomp stemme deur die heerlikheid van youtube die laaste ruk by my kom kuier en hulle bring elkeen hulle wyshede na my toe aan.  En stadig maar seker kom ek agter mens moet seker maak wat jy wil he, baie seker en dan daarmee werk!  Want die gedagtes wat jy dink en die energie wat daaruit voortspruit koop vir jou dit wat in jou lewe is.  En dis nog ‘n laag weet op my hart, soos mens ‘n boot baie lae marine vernis opsit…so le ek nou die wyshede neer, een na die ander!  En ek kom agter hoe maklik ek se wat ek nie wil he nie…hoe unhappy ek is met dit en dat!  En nie hoe bly is ek oor die goeie en hoe ek werk om by die wat ek rerig wil he uit te kom!  Selfs uitsien na dit! En ek wonder of die bybel wat se, as jy dit gedink het, het jy dit gedoen, nie dalk hieraan haak nie…!!

Toe die tekenKind ‘n paar dae gelede se, maar jissie mamma, jy kannie so sukkel met ‘n foon nie…kom ons maak ‘n plan…toe het ek eers in verstomming stilgestaan dat ‘n kind van my so wonderlik-dierbaar-goed vir my is en toe my teegesit en toe bly en dankie gese! Nou gaan ek julle nie verveel met wat deesdae moontlik is in hierdie wonderbaarlike reenboogland van ons nie…maar ek kan net se daar is ‘n kontrak op my nommer en dis nie myne nie en ek het nie vir hom gevra of ge-ja of geteken nie…aldus Vodakomkommer.  Die petalje bring my toe by, kry ‘n nuwe nommer, wat ek toe ook eers ‘n stilstuip oor kry, ‘n draai moet loop en toe besef dis die beste ding ooit!  Ek moan alewiglik oor al die ongewenste belle en Ongewenstes wat my nommer het, hence te veel kere, te nice wees en te veel kere vorentoe tree om te doen en te wees wat nie myne is om te doen of te wees nie.

Net daar besluit ek om daai annerman se jasse uit te trek en lig-Lig vorentoe te dans met net die liefstes en verkoses!

Daar…ek kies nou om te he wat goed en reg vir my is…staan opsy, ex oppad na ‘n lieflike, lekker plek…ek droom hom net gou op!!

dans

S-laaang dag!

 

Dis stomend warm op die oomblik, stinkwarm!  Droogwarm, En Deo Volente het allerlei inwoners wat onsienlik woon.  Die eerste paar jaar wat ons op die plaas gekom het, het ons hulle nie so in die gesig gesien nie, ons het gedog ons is gronbaron en aspoester en is bo-oor als!  Die hoenders het name gehad, ons het een varkie gehad ook met ‘n naam, ‘n dorps yorkie en was skatryk en bymekaar!  Nou nie regtig boere nie maar ons het baie planne en drome gehad…!  Algaande het ons besef dis dalk nie heeltemal so eenvoudig nie, die mongoose het feitlik al ons hoenders doodgemaak binne ‘n week…ek en die Virgo was stomgeslaan!  Hoe kan die natuur so aardig wees, ons wil dan so graag groen wees en die geveerdes laat los rondstap en juig.  Maar ek was toe al reeds gatvol daarvoor dat hulle elke ding wat ek in die klipperige aarde plant kom uitwoel en eenkant smyt.  Die yorkie, my geliefde Button het toe reeds in sy excitement ‘n kuiken doodgebyt wat agter sy ma aangestorm het.  En so het Haandrik en die harem in ‘n hok beland…weliswaar ‘n mamoerse hok, die virgo ken mos nie matigheid nie!

Maar vrydag…vrydag was ‘n annerlike stoomdag!  Warm, bitter warm!  En die hitte bly my eie flenter termostaat ook in ‘n hormonale stoomsaak dryf.  Ek het om te reel en te organise…die ontvangs is swak en ek loop met my kaalvoete telkens uit op die palet wat as stoepie dien voor die houthuisie, om nogmaals met ‘n mens te konfereer.  Midde in ‘n gloed, midde in ‘n frustrerende reelgesprek gaan daar ‘n stoompot langs my af!  Vreemd hoe vinnig mens reageer…ek het verstom omgekyk en die pofmoeder gewaar, 50cm van my kaalvoete af, my adrenalien het ingeskop en ek het sonder om te vloek my Button brak gegryp en tot binne in die huisie geskrik!  Die virgo was reeds by my…syt fyn ore en sy het ‘n paar maande gelede daai antie se pofvaderlike stoompot geluid op byna dieselfde plek teegekom…Button was toe ook in die gedruis.  Ek gaan nou die storie vertel en dan seker ‘n paar groenes horries gee…skiestog vir dit maar wragtag, as jy noggie in ‘n houthuisie op stene gebly het waar allerlei onder die huisie kan in en ontydiglik weer uit nie, moenie met my kom neuk met groen stories van moenie doodmaak nie!  As ek jou opinie wil he sal ek dit vir jou gee en dit gaan lank vat…!

So…die virgo het ‘n redelik oupa van ‘n windbuks en sy het toe seker gemaak dat die antie nie ongedeerd onder die houthuis inglip nie.  Maar toe is dit so…sys met haar suf agterlyf onder die huis, ons is binne!

Ek sit en skrik agteruit…jy weet mos, mens skrik meer agterna vir wat kon gebeur het as vir dit wat rerig gebeur het!  Deure en vensters toe, ons sweet en worry!  Ons tel die diere…ja almal is binne, ook ongekend vir die tyd van die warmte maar dankbaar.  Ons weet ook dat almal binnekort moet piepie en ons nie vir lank kan sit nie.

Die virgo begin al om die huis soek en wragtag sy kry weer die antie…een oproep en een dierbare man later is die antie, springlewendig maar met die agterlyf vol gaatjies weggeneem na ‘n plek ver van ons af.  My nagedagte is…asb Here, laat die antie se Gps tog net stukkend wees!

Ek is nie gemaak vir hierdie soort bundu life nie!  Ek is ‘n slegte kamper, vir my was kamp die opsie as ek moet kies tussen vakansie of tuisbly!  Ek is nie lui nie, ek is nie ‘n sissie nie maar ek is nou eers klaar met reenspinnekoppe oor my kaalvoete en kaalskouer in die nag.  En die res sal ek anderdag vertel, vir nou…nou pak ek en staan skiertsregop en wag vir die trein om ons te laai na bietjie meer gerief!

 

pof