Month: January 2017

Konsert is gekanselleer…!

Dog ek skryf ‘n follow up op die skirtjie storie…sien!

Ek oefen mos om nie ‘n rol te aanvaar in annerman se konsert nie!  En dis amper dieselle storie as die skirtjie wat vashaak aan die doringbos!  Konsert kan fun wees…maar gewoonlik is dit ‘n drama en dan moet daar of ‘n martelaar of ‘n victum of ‘n moordenaar of dief wees!  Daar moet skuldiges en seergemaaktes wees…! En ek hou nie van daai rolle nie!  Ek wil liewer ‘n sitcom  of ‘n love story maak, dalk ‘n red ‘n mens of diertjie…ex beter met lag en grappies en dansie blywees!  So hierdie dag het sy oomblikke gehad waar ek gevra was of ek wil konsert hou…ek is een van die hoofrolle aangebied en dit was nogal tempting moet ek se!  Ek ken die script en ek is kreatief so ek kon seker op my voete nog byvoeg en ‘n mamoerse tranetrekker help maak het.  Maar ek het nee-ste-dankie gese want dit het heeltemal te veel drama ingehou en heeltemal te min lag! So nou oudisie ek vir ‘n komedie of dalk ’n love story met ‘n goeie einde!  Ek like happy endings!  Mens kan mos kies…?

 

lag-en-kies

 

 

Advertisements

Die Skirtjie…!

Ek het vir my ‘n skirtjie gekoop by die china shoppie…guitige affering…vir ‘n oomblik gewonder of hy dalk te vrolik is vir my grys kop maar toe daai gedagte weggestoot en hom gekoop!  Die moeilikheid is net dat ek nogal benig is…nie benerig soos te maer nie maar alle skirtjies is altyd te kort, as jy boonop by die china shop koop dan kan jy mos nou weet, daai mensies het mos net kinnerlyfies, nikse langbenigheid nie!  Maar ek het die bottermaker uitgehaal en vir hom ‘n lekker stuk potblou kant onderaan gewerk!  Mooi is hy vir my!  Ek moet in die mood wees vir hom want hy het ‘n vrolikheid op hom wat nie saam met ernstig of gemoedsbekakte dae gaan nie!

Maar die skirtjie het alweer vir my ‘n storie kom oopwoel.  Daai stukkie mooigeit wat ek aangewerk het, hy haak aan goed!  Of dit nou een van Deo Volente se bosse is of net Saffron se doring pootjies as sy my keer vir verbygaan, daai skirt hou my dikwels terug en dan wonder ek summoer of ek die kant moet aftorring.

En nou lyk die oopgewoelde storie so…ek wonder sommer wat maak dat goed aan mens se binnekantste kant haak, daai ding wat iemand se of doen en dan haak dit ‘n stuk aardig uit jou binnekant en voor jy kan keer storm hy bo-oor jou lippe tot in die ander se ore.  Of partykeer storm hy nerens, hy val soos ‘n jemblik op jou toonnael en jy steier onder die pyn, jou kop kry nie die haak platgedink nie en daar sit jy.  Nou het ek gesien as mens die hakery kan voel maar nie iets daarmee doen nie…net rustig die tak loswoel, die kat se doringtoontjies losmaak en weet dis nie nodig om meer te doen as net dit nie.  Dis net nodig om jou haakplekke te ken, dis al!!

Haal asem.., loop mooi en wakker, moenie te na aan die haak en steek bosse loop nie en moenie toelaat dat die hakies die mooi van jou skirt spoil nie!

 

skirtjie

Allow…!

Allow….!

 

Ek wou die storie ‘n ander naam gegee het maar ek hou van Allow…dis nog ‘n engelse woord wat soveel meer se as, kom ons laat dit toe. Dis die verskil tussen oophand en half oophand, die verskil tussen los dit net, of klou bietjie.

Ons bly op die Breederivier…dis ‘n incredible voorreg!  Die Breederivier is nie ‘n stroompie nie, ook nie een van daai wat net af en toe water het soos die riviere uit my kinderdae nie.  Hierdie ou het altyd water, soms baie, soms min soos nou.  Maar een ding van hierdie rivier is, hy vat nie orders nie…hy maak net wat hy wil, wanneer hy wil, as hy wil, hy loop sy loop en dit laat my dink aan die chinese spreekwoord wat se:  ‘You cannot push the river!’ Overgesegd synde…jy kan nie die Lewe control nie…jy kan nie die spul aanjaag of terughou nie, jy kan net Allow!! En noudat ek dit elke dag beter verstaan, nou raak dit makliker, ek observe…ek haal asem…ek Allow en ek het relax want die Rivier vat in elk geval nie orders nie!

Ek oefen elke oomblik om nie vanuit vrees weer die spul te probeer vasklou en te begin organise nie, want se nou maar dit foeter skeef, of se nou maar…!

Uiteindelik begin ek die Rivier geniet en vertrou…hys nou laag, baie laag, reen was suinig hier op ons vetkolletjie die laaste maande.  Maar daar is nog water, en dit sal weer reen, dit is ‘n definitief, ek leef lank genoeg om te weet daar kom ‘n oomblik wat hy weer sal oorloop en bruis en sy krag wys!

Teen die tyd weet die wereld en sy broer dat ek en die Virgo ‘n katarsis pad gestap het oor die lankste tyd…maar dis nou agter ons.  Die Rivier se golf het ons uitgelig en ons sit op die wal en terugkyk op ‘n woeste tyd…soms woes oor daar niks gebeur het, ander tye woes omdat daar te veel gebeur het.  Nou sit ons en bekyk die stuk pad vanuit hierdie hoogte en wonder oor so baie…!  Ons lek ons wonde…ons verbind mekaar se skaafplekke en se saggies siestog vir die eelte.

Maar ons weet ook dat niks nog ooit beter geword het deur dit te judge nie.  Want as jy dit begin bekyk, beoordeel en uitmekaar trek, dan moet jy nou-nou begin kyk wie se skuld was dit, en dan kom jy dalk by die gevolgtrekking dat dit nie joune is nie en dan…dan is jy in die moeilikheid.  Want dan mis jy die Gift…en dit sal nou jammerlike skade wees.

Ons sit hier op die wal en los die Rivier laat hy sy loop loop, ons Allow terwyl ons mekaar liefhet en verwonderd is dat ons dit gemaak het, dat ons liefde dit gemaak het.

Dis eers as jy kan Allow en kyk wat het jy gekry, hoe groot is die sak saad wat oorgebly het, hoeveel het jy geleer, hoeveel het jy gegroei en hoe amazing is jy en jou liefmense, dat dit nie meer saakmaak hoekom nie, dan is jy vry en opgewonde om te sien wat bring die Rivier volgende!

 

dv-rivier-2

As die musiek verander…!

Ek het besluit…!  Klomp goeters het ek besluit, vat my nogal ‘n rukkie om seker te wees mar as ek besluit het kan dit nogal ‘n ding van vasmaak kaliber raak!  So…van die besluite wat ek geneem het is om hierdie jaar, een van eenvoud te maak.  Ek maak al maande lank skoon…kop en woorde en mense en energie en huis en als wat voorkom. Niks obstacle gedagtes meer nie…as ek negatief begin dink dan stop ek myself summoer!  Ek kies om hapi te wees…met als en almal wat ek nie uitgesmyt het nie.  Party is op probation…ander verdra ek meer van, want hulle is my teachers om hierdie tightrope te bemeester!

En nog ‘n besluit wat ek geneem het is om op Sondae te rus, te maak wat ek wil…in soverre die lewe dit toelaat want ek slaap nie in ‘n onopgemaakte kooi nie, ouma Alida het my ordentlik grootgemaak en sy praat steeds in my kop.

So begin ek toe my dag met sagte russerige musiek op hierdie Sondag…ek luister nog, toe verander die musiek heeltemal!  Die musiek kom via a paar woorde whatsupp.  En voor ek weet dans ek ‘n wilde dans…’n plesier riel en my siel wil-wil uitspring en eenkant dans! Tot my plesier sien ek die virgo dans hartlik saam!

Ek sien skielik die moontlikhede van ‘n neergesitte droom wat wil manifesteer…’n ding wat homself deurbeur en half en half onkeerbaar skyn te wees.  Ek en die virgo staan en kyk na die spul en is beide soos mense wat heeltyd bid vir uitkoms en dan se…ek kannie glo dit het gebeur nie!

Ons is opgewonde en bly al weet ons nie eers mooi waaroor nie…ons sien net hier is nou ‘n saadjie aan die opkom en ons weet nie wat hy is nie…ons moet wag om te sien watse soort van plantjie dit is!  Al wat ons weet is dat ons bly is…stokflou gedans en sien uit om te sien wat wil hy word.  Ons loop met bewende hart vorentoe en doen ons bes om nie te veel te klou aan die uitkoms wat ons voor hoop nie!  Deo Volente…laat U wil geskied!!

 

dans-musiek