Month: February 2017

Notice…ek trek trug, happi ending!

 

Ekt vemore die goed wat kom oorneem het in die greenhouse gaan notice gee…!  Amper soos in die mooie muwie wat een van my bestes ooit was, met die naam, The Secret Garden.  Julle sien, voor ek en die Virgo bergop gestoei het om Deo Volente op die altaar te gaan sit, het ek mos een kurkdroee dag die greenhouse se deur toegedruk en weggeloop!  Die Virgo het nog probeer trooswater aandra vir ‘n ruk maar my hart konnie meer die verval kyk nie, toe speel ek maar volstruis en kyk berg se kant toe.

Nou-ja…met die dat ons toe by die altaar aanland met ons kosbare DV in die hand, reg om neer te le vir die offerande, het daar nie ‘n bok in die bos gewag nie, maar wel twee liefmense.  En nou het DV mos sy eie Reenfee, die FarmerJohn het haar aangebring met hulle kleine bakkietjie en agterin twee vrolike viervoet kjinnertjies.  Dis hoekom ek vemore my dierbare greenhouse wat die heelmaakKind vir my gemaak het, weer loop oopmaak het.  Ek moes askies se vir die 3 neste van die reenspinnekoppe wat gemeen het ek kom nie weer terug nie.  Askies se ek toe, maar ek is terug van die berg af, ek het toe nie die offer gebring nie, ek het ‘n persent gekry, en ek trek nou weer in, ek kom gee julle notice.

Ek het die kraan oopgedraai en als natgespuit, my bidplek ook, die waterbakkie met die kristalle volgemaak en die klippe mooi op hulle plekke teruggesit.  Ek het dankie gese vir die Virgo se trooswater wat gehelp het dat my boompies nog lewe.  Die Virgo het mpepo gebring en aangesteek, ek het ‘n kers gebrand en gevoel hoe begin my hart ‘n versigtige dansie maak.  Die opportunistiese wandelende jood het ek in sy baldadigheid uitgetrek en vir die hoenders ‘n heerlike sondag middagete loop bedien met hom.  Die dooie stingels uitgetrek en begin orde skep.  Die lekkerte het my hele binneste kom volloop.  Nou wag ek vir die Reenfee om aangevlieg te kom, ons gaan saadjies plant, kos vir die winter.

Wag ek moet loop kyk of sy al hier is…het haar vanoggend gevra of sy rerig kan vlieg want sy verskyn en verdwyn sonder ‘n geluid.  Al wat mens sien is die moerse laphoed wat skielik beweeg in die tuin. Lyk vir my soos daai groot petunia hoedens wat die faeries in die storieboeke dra. Voel al asof ek nou ‘n mooi storie leef, een met ‘n happy ending!

 

dv-greenhouse

Advertisements

Oor en oor oefen om af te leer..

Ek wil ‘n storie vertel maar ek is treurig met stories herhaal, amper soos grappies vertel, dan neuk ek altyd om die punch-line iewers voortydig in te werk en dan is als opgeneuk!  So…ek gaan net die lekkerte van die storie vertel, draai aan jou Spirit ore dat jy mooi kan hoor!

Die vrou word gevra om haar lewensverhaal in 4 kortste episodes te vertel en dit klink so-ietserig:  Sy seg: ‘Ek loop in ‘n straat af en sien ‘n gat in die sypaadjie en loop oop oe in die gat in, donner na benede ens….!

2e hoofstuk:  ‘Ek loop in dieselfde straat af, sien die gat, onthou wat laas gebeur het en loop ‘n draai om die gat maar kom weer terug en dieslag loer sy in en vroetel ini gat in en donner na benede ens…!

3e hoofstuk:  ‘Ek loop in dieselfde straat af maar loop aan die oorkant, hou die gat dop en word geroep om te kom inkyk…sy wonder en se nee, maar laat haar ompraat en gaan loer…obviously donner sy na benede…!

4e hoofstuk:  ‘Ek loop in ‘n ander straat af…!

Daar…Halleluja en als wat daarmee gepaard gaan.  Maar nie almal is studente nie, party wil nie leer nie, party leer stadig, ander sit hulle tee al weet hulle die waarheid en nog annerlike aardige onleerbaarhede!  Vir my om my stukkie leer oor te dra moet ek nog ‘n storie vertel.  Ek lees van die vrou wat kanker gekry het…erg, tot sy na 6 jaar uit haar lyf vlieg hemel toe en ‘n u-turn maak om die storie te kom vertel dat alles eintlik gaan oor vrees, dat dit die rede is hoekom meeste shit gebeur….!  Lieflike storie maar ek wil nie daarvan storie nie, ek wil net ‘n stukkie van haar storie vertel en dis dat sy gese het dat sy weer sal siek word as sy aanhou om dieselfde goed te doen en te dink en veral te vrees.

En dis die ding wat nou saam met my loop!  Einstein se woorde dat mens nie ander uitkoms kry met dieselfde formule nie!  Ek my sigselwers, het hierdie laaste dae moes besef dat ek moet oppas…ek is met dieselfde default formule besig en ek begin almeer dieselfde dissels en onkruid sien opkom in my tuin.  Maak nie saak hoe graag ek ‘n vrugtekoek wil uithaal uit die oond nie, as ek nie die resep aanpas van tjoklit na vrugte nie, is daar geen kans dat ek bly sal wees oor die flopkoek wat uitkom uit daai oond nie!

En ek haal asem, kyk na die teachers om my en wil eers terugpraat maar ek weet ook dat niks ooit verander deur jou tee te sit of dit te judge nie…’n student is iemand wat wil leer, iemand wat besef hy weet nie alles nie, daai ou wat weet mens moet gaan leer of oefen om die ding in jou kop vas te maak.  Neukery is net…ek moet afleer en dis ‘n tawwer les!

 

manhole

Deo Volente/As die Here wil…!

 

My ma het my geleer mens kom nie lee hande aan nie…dis die ongeskikste wat mens kan doen, so dis in my ingeprent om iets aan te bring as ek opdaag vir kuier of eet se nooiery!  Ek en die Virgo het die stofpad nou vir amperse vyf jaar dopgehou vir iets…daar het al baie aangekom in die pad.  Maar tot nou die dag het die Ding wat ons nie geweet het hoe hy lyk nie, nie opgedaag nie!  Ons het dikwels gedink hiershy nou…maar dit was elke slag nie die Ding nie…dan het dit soos die bybel van praat, verbygegaan.  Dan het ons weer gewag en dopgehou!  En net so…in die middel van ander planne, planne wat uitgedink was toe opgee ons oorgevat het, toe daag die Ding op!  Amper soos toe oorle Abraham vir Isak op die altaar gesit het en die vuurhoutjie al getrek het…toe se die bok hiers ek in die bos!  So…!  Net so het dit gebeur!  En hier kom die kleinste bakkie met ‘n grootse trek aan in die pad! Daar is meer plantjies as enigiets in die trek op die wa!  En ek dink by myself…my mamma sou tevrede wees!  Want om ‘n blaarslaai en ‘n sakkie tamaties aan te bring is wonderlik maar wat se mens van ‘n wa vol plantjies met die potensiaal van berge groente en kos?

Daar klim ‘n Reenfee uit die bakkie…sy is piepklein maar staan op hierdie aarde of sy hom besit, sy stap en vou my in haar klein armpies toe en ek voel of ek haar lanklaas gesien het maar nog altyd ken!  Die liefman met die million dollar smile en die hemp wat oopgeknoop is tot ver onder die cleavage is ‘n blok sagte gentleness!  Hulle haak by ons in en se: “Nou is julle mos nie meer alleen nie, kom ons plant en bou!”  En ek en die Virgo sug van verligting en blaas die vuurhoutjie vir die offerande dood!  Deo Volente!

dv-pad-2