Month: March 2017

Dis my mamma…!

 

Ek het haar net 23 jaar in hierdie wereld gehad, toe het sy oorgestap.  Ek het 4 maande gevat voor ek gehuil het oor haar weggaan uit haar stukkende lyfie uit.  Ek was te bly sy was verlos van die ellende.  Sy was so oud soos ek hierdie jaar word, 57. Klink verkeerd, dit beteken ek is noual 33 jaar sonder haar op hierdie aarde.  Ek huil nou meer dikwels oor haar as vroeer.  Ek verstaan nou meer…het haar nounog so baie keer nodig en dan wens ek sy was langs my!  So baie goed wat ek wil vra of net se haai mammie, askies, ek het nie ingesien nie, ek was nog dom van jonkgeit.

Ons het haar mammie genoem, almal het, sy was dit vir baie redes.  Sy was ‘n Kreef, ma tot in haar gebeente, syt 5 van ons gehad, ek was die laatlam.  Die agterna kind wat sy gehad het by haar groot liefde, die man wat sy net 11 jaar gehad het.  Dis nou my pappa…hy was ‘n groot man, ook Boogskutter, syt onder sy blad ingepas want sy was piepklein.  Hulle het n liefde gehad wat my gelos het met die absolute sekerheid dat geluk en liefde en verliefdheid real is, ek het gedog almal het dit, want hulle het dit maklik laat lyk.  Ek was net oor 10 toe hy uit die bloute ‘n hartaanval kry, sommer so voor my waar ek op die bed sit en huiswerk doen, hys 3 ure later dood.  Mammie was die siek ene, sy was aan die herstel van nog ‘n operasie, dieslag ‘n histerektomie waaraan sy amper gesterwe het.  Dit was surreal…asof verkeerd, niemand het gedink die lieflike man met die sagte gees, sterk liggaam en stuitige humorsin is amper oppad nie.

Mammie het nooit oor hom gekom nie, syt nooit ophou huil oor hom nie en aan my geklou vir die res van haar lewe want ek was al stukkie van haar droomman wat sy oorgehad het.  18 Maande later het sy kanker gekry en ‘n 11 jaar lyding gehad voor ek haar ogies toegedruk het in my huis.  Dis vandag 33 jaar gelede.  Mens hou nooit op verlang na jou ma nie, al was jy meer haar versorger as wat sy joune was.  Nie dat sy nie wou nie, sy konnie, syt in ‘n siek, stukkende liggaampie gewoon.  Maar syt ‘n gees gehad wat groter was as gewone vroue sinne.  Deur al haar swaar en verlies, haar fisiese pyn en seer het sy baie selde gekla.  Altyd ‘n lady…gentle en softspoken.  Ek het haar nooit haar stem hoor verhef nie, maar ons het haar respekteer sonder dat sy nodig had om kwaai te wees.

Ek kan oor haar baie skryf, mooigoed kan ek aanhou skryf en skryf.  Sy het klere gemaak vir ons 3 dogters sonder patroon, ons het so om die tafel gesit en kyk hoe sy sommer ‘n stuk bruinpapier vat en begin teken en knip, bietjie teen jou hou en weer knip, nou-nou kan jy kom pas, dan is daai rokkie amper joune!  Syt kos gekook en gebak, ingele en bederf…mens het nooit sonder lekkerte by haar gekuier nie!  Flukse vrou…sy was nooit ledig nie, altyd met ‘n werkie besig.  Gee tog dat ek skil my Kind…ek kan nie so sit en kyk dat jy werk nie!  Het jy nie sokkies wat gestop moet word nie, gee dat ek my ou kleintjies se klere heelmaak…dis my ou moeder se liefdeswoorde gewees.

Sy was mooi…vel soos porselein, groen oe en die fynste neusie wat lief was vir ‘n lekkerruik ding, sy het A Rose is a Rose parfuum gebruik…tot vandag koop ek elke ding wat roos ophet, want dit ruik soos mammie.  Syt haar maklik lag mond tot op laaste graag rooi gesmeer…!  Haar hare was haar trots, al het sy dit muisvaal genoem en nooit vrede gemaak dat dit geen druppel krul had nie.  Syt altyd gese sy wens sy kan bietjie van my krulle he.  Toe haar hare uitgeval het met die chemo was dit ‘n vreeslikheit.  Sy het saggies in haar geborduurde sakdoekies gesnik.  Toe  het ek vir haar die mooiste hooftooisels gemaak uit lap om by al haar rokke te pas…sy was vrygewig met prys, dan het sy vir almal vertel dis ek wat dit vir haar gemaak het en nog sommer bygelas om my stert te laat swaai.

Ja my kop is vol van haar liefde, syt my geleer om my bes te doen, om my te gedra, om nie lelik te wees nie, om netjies te wees, om te glo, om….om…sy praat heeldag met my deur alles.  Ek is geseend om so ‘n moeder te gehad het.  Dankie Mammie…hapi 33e hemelse B-day!  Altyd lief…altyd mis!

Advertisements

Tevrede…!

Tevrede….!

 

Die Virgo leer my dat dit die enigste Te is, wat nie Te veel is nie…!  Ja…diso, ek kan nie meer saamstem nie!  Tevrede is ‘n woord wat ek van hou in afrikaans, hy se soos dit voel.  Want om tevrede te wees is om genoeg te he, genoeg te voel, genoeg te wees!

Mens voel nie heeltyd so nie, mens moet aan hom werk want soms wikkel die lewe jou bootjie en dan stoot jy vir tevrede weg met die teenoorgestelde outjie.  Ontevrede…en ontevrede is net so powerful!  As mens ontevrede is, is niks reg nie, dan kan jy nie gehelp word van buite af nie…dan moet jy binnetoe loop, daar gaan soek vir die spinnekop wat vir tevrede kom toespin het.

Nou die dag lees ek ‘n wonderlike ding…die wyse mens vra wat is die verskil tussen ‘n onkruid en ‘n roos?  Net die judgement!  Dink hom…!  Wat maak dat jy vandag tevrede is en more nie?  En ja…mens moet partykeer die maatstok uithaal en meet, maar dan is dit om te meet en te weet, nie om te meet en te veroordeel nie!  Maar nou is ons mos mens…en mens het sy aardighede ook, en mens wil nie altyd voel dis jou eige stuk skuld nie. Dis makliker om dan met die meet se weet te staan en te se, maar ek blameer mos nou vir jou vir die ontevrede-lik-heidse spinnekop wat hier kom toespin het.  Dis mos Jou spinnekop, nie myne nie… En so neuk die saak meer en meer ontevrede tot jy met ‘n vrot hart sit en ‘n kop wat soos ‘n woer-woer spin-dink, harkloppings, stywe nek, kopseer en suurgesig oppie koop toe!  Flenters van wroeg en tenagekom se spinnekop is hoeka in die ander hoek van jou hart aan nes spin, pens vol eiertjies wat wil uitbroei.  Keer voor…slaan dood, moenie net spinnerak wegvee nie, dit help niks!  Dis nou hier wat jy sommer kan Doom uithaal, spuit al daai spinjasse dood…begin by judgement, dan by blameer, dan by ingedoen, dan by tenagekom, loop hulle almal deur, hulle dra dieselle jas, sy naam is vrees!  En dan sit jy terug in jou skoon hartkamer, en voel hoe Tevrede weer saggies kom le in die hoek!  Sit vir hom dankie musiek aan, maak ‘n askies dansie,  brand ‘n liefdes wierook, maak ‘n vergewe kossie, se ‘n allow gebedjie op en haal asem terwyl jy veilig voel met al die genoeg om jou!

 

spinnerak