Month: April 2017

Die Vredesjas…!

Met die nuwe sagte pad se loop en dans kom ek agter ek is nogal vol bagasie en pakkasie…!  Vreemd hoe ek tot hier geloop het en die swaardra my nie so baie gepla het nie.  Dink dis omdat ek nie so ligvoet gedans het…as mens voortstrompel is dit nie so opsigtelik hoe swaar jou pakkaas is nie.  Maar nou is die saak mos so…as jy weet kan jy nooit weer onweet nie.  En ek stop nou gereeld om te kyk wat kan ek neersit, afpak of op die komposhoop smyt.  Ek wil al hoe ligter dans…dalk kan ek vlieg as ek niks het wat my terughou.

Die siel met die boeksak vol spookstories het my kom wakker maak vir my eie…ek het ook lank gedra aan my sakvol tranetrekkers, maar ek het nou gesien hulle maak lekker vuur en die winter is fluks oppad.  Verder het ek ‘n jas of twee uitgetrek, agtergekom die swaar ou oorlogsjas behoort nie eers aan my nie, die ding is stinkerig en gladnie my saaiz nie.  En hy hou my nou ernstig terug as dit by vrolike vredesdansies kom…So…hys neergele langs die pad, dalk is daar ‘n koue lyf wat hom nodig het.

Die ander jas is mos die bangjas…hys van stokstywe blik gemaak en hys al ruk terug uitgetrek en wal af gegooi…dankie vader bly was ek toe ek uit daai vashou-jas kon wikkel.  Nou kom ek by op plekke wat ek lank nie by was nie…heerlik en vry!

Maar met al die aardige jasse en klompe en soetkyse wat nie so soet was se neersit, het ek toe begin voel daar is dalk ruimte vir ‘n nuwe jassie.  Kom ek mos af op ‘n lieflike stuk jassie, sy naam is vrede!

Ek het hom aan…hy is sag en pienk, hy vou lieferig om my en ek kan met hom hoog spring en ver dans!  Maar sy lekker kom met voorwaardes…dit se op die instruksie label dat mens moet ‘kind’ wees…sag bly, nie met lelik reageer nie, af en toe sommer net stilbly en nie Annerman se jas bo-oor jou pienk jas aantrek nie.  Dan bly my vredejas mooi, sag en pienk!  En so kom ek mos agter dis jou eie keuse watse jasse jy wil dra…watse soet of bitterkyse jy wil saamssleep en in watse skoene jy wil dans of strompel…Ekke…ekke dans kaalpoot met my pienk jas van vrede in die sandpad af…tot ek weer langbeen kom sit en nog ‘n perspen storie skryf!

 

pienk jas

Advertisements

Paashaas en diesulke stories…!

 

Toe die paasHaas by my aandoen vanoggend kry hy my waar ek langbeen in die son sit en dink…want ek het nou eers ‘n stuk sit en dink voor ek by skryf kom, toe nooi hy my om ‘n entjie saam te stap.  Ek spring op en se ja, ek sal graag ‘n bietjie stap maar…ek dra nie jou paaseiers vir jou nie, jy moet weet ek het my skoene op die dak gesmyt en het nie skoene om vol te staan nie.  Ek loop nou kaalvoet en moet my oog op die paadjie hou, daar kom mos maar allerlei in mens se pad.  Nee seg Hy vir my, dis alles reg, Hy hou daarvan om sy eie eiers te dra en self uit te deel.  Ek se toe vir die Jafel ek hou sommer baie van Hom, ek moet meermale met Hom saamstap.

Ons stap vrolik aan, hier en daar kies ek ‘n kortpad wat ek ken en ander kere loop ek op die sagte gras want ek is op van dorings uithaal uit my kaalvoete.  Ek sukkel nog om ‘n nuwe sagte pad oopgetrap te kry, ek neuk mos al terug op die klippe en doringpaadjie wat ek so diep en deeglik oopgetrap het in my ou manier.  Dan en wan bly ek agter as ek eers bietjie my voete in die rivier laat hang, die paddas laat spring en die modder laat dans!  Nou en dan loop ek verby ‘n haak en steek se bos wat moeite doen om my skirt te haak, maar ek is nou bedag op daardie soort stekelrige oponthoude, ek maak ‘n vrolike sprongetjie en steek tong uit vir die bos se suur gesig as hy teleurgesteld bly staan.

Woerts spring Ego in my pad…Gmf…se hy vir my, jys mos al te vrolik? Is jy seker dis oukei om so selfsugtig alleen te dans en dit sonder my?  Ja se ek…my skoene is op die dak, saam met my poetsdoek vir egos…ek dans voort en skree baai agterna, gooi jou ego neer en kom dans lig en lekker saam met my…nee skree hy terug…ek is te special en voel nou so lekker tenagekom!

Nee dankie, se ek vir Annerman wat kop om die hoek steek, hy nooi my om hom tog te help om iets te kry om oor offended te wees…!  Nee dankie se ek, dis gaaf van jou maar ek loop nou op sagte paaie en dit sluit daardie soort uitnodigings uit.

Noggeman spring in my pad…hy vra ek moet asseblief gou help, hy soek iemand om te blameer vir sy swaar, want hy sien nie kans vir die verantwoordelikheidsjas wat om sy skouers hang nie.  Oi…seg ek vir Noggeman, jy vra nou ‘n kaalpoot vrypoot en ek het nie skoene by my nie, jy sal maar jou eie klompe moet dra en gaan soek vir Anner-fool om jou te help met daardie job.  Miskien kan julle mekaar dan blameer, dink daaroor…dit kan ‘n bargain vir beide wees.

Kermpot sit my en inwag met ‘n lang storie…huil bietjie saam met my vra hy…ek het nog net 450 keer oor hierdie gehuil en is ver van klaar gekerm.  Eish se ek vir hom…kom ons sing liewer ‘n dankie bly liedjie…Og nee seg hy vir my, mens kan nie lekker kerm en huil op daai musiek nie!  Gaaf seg ek en dans kaalpoot in die sagte gras weg…ek roep vir paasHaas en ons twee sit en eet elkeen ‘n soet eier uit sy Persent promis-mandjie wat nooit leegword nie.    Amen…!

 

paashaas

 

 

Annerman se skoene…!

 

Ek weet nie of hierdie skrywe ‘n confession is of ‘n reminder aan Self is nie…dalk beide!!  Feit van die saak is dat ek groot stories vertel het oor my aftrede en my skoene op die dak gooi, daai skoene wat my soms so laat ronddans het dat ek stok en flou bly le het!  Nou-ja…tyd gelede het ek tot my sinne gekom, vir die Virgo gese: daar!! …die Fish Bone is toe, ek is afgetree, my skoene is op die dak gegooi, ek gaan nou langbeen in die son sit en skryf!  En ek het so gemaak…!

Maar…!  Die ding is ek het mos ‘n mier in my broek en die bleddie ding begin kriewel, ek staan op en dwaal bietjie rond!  Nie lank nie toe sien ek ‘n paar skoene staan, nie mooi is hulle vir my nie, lelik, swart en klomperig, on-dansbare swaar jobbies!  Ek steek my voete in hulle…pas hulle aan, wetende dat dit nie my skoene is nie, maar ek doen dit nogtans. Hulle knyp en skaaf sommer summoer…maar ek stap met hulle!  En meteens is die eienaar van die skoene by my, die siel kom met versoek, vra of ek asb die ou leersak met die boeke vol spookstories vir hom sal dra…!  Ek dog eers nee my magtag…maar my goed opgebringde aard weerhou my, ja se ek toe maar, waantoe moet die spookstories op die klompe loop?  Nee se die siel, hy sal nou nie seker kan se nie maar as ek kan help sal dit al te gaaf wees, ek se toe maar dis goed, ek hou van gaaf wees.  En ons val in die pad…!  Intussen sit die siel sy musiek aan en dis wilde soort musiek, ek het lankal teen daai soort besluit, meer nog, die siel beduie ons moet bietjie dans so al stappende na nerens…!  Ek sukkel met die klompe…dis nie my skoene nie, dis aardige swaar skoene en die rugsak met die spookstorie boeke hou my terug!  Eers dog ek daar is fout met my…ek steier dansend en steunend tot stilstand!  Nee magtag…wat gaan hier aan?  Ek is mos nou terug op my ou pad…ek smyt die boeksak met spookstories in die stof neer, pluk die aardige twee skoene uit en se vir die siel, sit af jou lawaai!  Skaam jou man…hier, trek aan jou eie skoene, dans diekant toe!  Toe loop ek ligvoet huis toe, gaan trek my mooi rok aan, maak my lang hare los…ek smeer my mond pers en ry dorp toe met die pers Flerrie.  In my handsak ‘n handvol papiergeld wat die Virgo gegee het om ‘n mooiding mee te gaan koop!  Ek stop eers halfpad om met die vriendin met die grend skoene saam te eet en te giggel oor die lewe.  Toe ry ek dorp toe…’n stuitige mostert rokkie word myne en by die volgende winkel koop ek twee pers penne om vir julle ‘n storie te kom skryf, hier waar ek nou weer langbeen in die son kom sit het!  Dankie siel met die ondansbare skoene, dankie vir die onthou wat jy gebring het!

 

swart skoene