Month: May 2017

Die Lewensdans…!

Die sonsittery is vir my al te lekker…dis nou as die lewe nie weer ‘n Danser stuur om my te kom opraas nie.  Nee…dis onregverdig, ek is gretig om op te spring en saam te dans as daar woeling is. Ek en die mier in my broek is ewe skuldig aan opspring, so ek kan hom ook nie rerig blameer nie.

Maar laat ek vertel van die Danser.

Of liewer, kom ons begin by dans…ek is lief vir dans, baie lief.  Allerhande soorte dans. Ek hou van ballet, ek hou van ballroom, ek hou van wild en wragtag ook. Ek het tot gevolkspele in my jongtyd.  Kleintyd in my laatlam-geit, moes ek sit en kyk hoe die grootmense dans.  Dis lank terug want ek was gou grootmens, dis in die tyd toe mens nog jouself in die aand moes vermaak, voor tv se mors van tyd!  Toe het my mamma en pappa so een keer in ‘n langtyd die meubels teruggestoot tot teen die muur in die sitkamer, ouma Alida sou dan met ‘n kamma-kastige teesit se, dat haar blink gepoetste houtvloer nou weer vol merke gaan wees, maar as jy mooi gekyk het, dan het jy gesien syt ‘n klein glimlaggie om haar mooi rooi mond.  Dan het hulle die platespeler oopgeslaan en met ‘n sagte doek, versigtig ‘n plaat opgevryf, opgesit en gespeel.  Dis blou jare terug maar as ek in my kop inkyk dan sien ek die fyne vroutjie haar arms lig vir die groot man, en dan, dan het hy haar liggies vasgevat en het hulle gedans!  Sag-sag, ligvoet en gentle het hulle saam beweeg, asof hulle een is! Hulle het dit laat maklik lyk, asof dit die enigste manier van dans is. Dit was die mooiste mooi om hulle dop te hou.  Pappa sou my soms roep en my op sy voete laat staan, dan het hy met my paar tree gedans, en ek het geweet ek moet vir my ook ‘n Danser soos pappa kry, iemand wat my so laat lyk soos mamma gelyk het as hulle dans.

Maar nou-ja, heelaas het ek mos ‘n annerlike, aweregse lewe en ek het ‘n Danser met 2 linkerbene getrou.  En my mamma en pappa se dansery het ‘n droom gebly tot onlangs…!  Intussen het ek op my eie gedans, agtergekom mens hoef nie vas te dans om lekker te dans nie. Mens kan ook alleen dans, dis soms makliker om alleen op jou eie musiek te dans. Nee dis groter, mens moet liewer nie probeer vas dans met ‘n Danser wat toondoof of ‘n toontrapper is nie, dis net pynlik.  En boonop, as jy ek is, dan verbuig jy jouself om die saamdansery moontlik te maak en dit raak so ‘n gesukkel dat jy dit nie meer dans kan noem nie.

Ek het gese ek gaan vertel van die Danser.  Ek sit nog so en wonder wat die pers-pen nou volgende wil skryf toe kom die Danser op my af en se vir my ons moet dans, maar ons moet vas dans.  Sjoe dog ek…ek sukkel met vas dans, ek hoor die musiek anders as meeste mense en tot dusver het ek nie baie lekker ervarings met dit gehad nie.  Maar soos julle weet is ek nie ‘n fun spoiler nie, ek hou van dans, so ek se dis reg!  En ons laat waai!  Nou moet ek erken, ek is op ‘n plek in my lewe waar die verrassings min raak, ek is al lank aan die dans, ek ken musiek en soorte danse en ek het so gehoop dis ‘n verrassingsdans, maar nee…dis toe een wat ek ken en wil vergeet.  Hoeit!…Se die danser vir my, jy dans nie reg nie, dis hoekom die spul so toontrapperig en uit ritme is!  Ek probeer harder…Hoeit! se die danser weer vir my, jy moenie so dans nie, ek gaan ophou dans as jy nie dans soos ek se nie!

En net daar…ruk ek los en se vir die Danser ek is nou eers klaar met hom saam gedans dankie!  Ek wou anyway nie eers my pers-pen neerle nie, nou moet ek kom kermstories aanluister terwyl ek onder jou traptone probeer uitbly.  Nee dankie seg ek vir hom, kom ons dans maar apart van mekaar, jy doer en ek hier.  As ons traai vas dans gaan ons mekaar seertrap en dalk ophou dans. En soos ek dans verstaan moet dit nie so aardig wees nie.  Dans moet lekker wees en my hart moet saam dans, anders sit ek liewer op my mier en skryf langstories. En ek dink by myself, hoe meer Dansers ek ontmoet, hoe sekerder word ek dat mens eintlik jou danstyd suinig moet gee vir ander, jy moet eintlik almeer in jou kop dans en wanneer jy opstaan om met ander saam te dans, dan moet jy mooi kies wie, wat en hoeveel, jy moet die musiek luister en dit moet reg voel. Dalk moet mens dit lig hou, net vrolike dansies maak en wegbly van te naby dans.

Want vas dans…dit lyk baie makliker as wat dit is, dit kan mens net doen met iemand wat jou hart se musiek hoor, jou saggies vasvat en met liefde lei tot dit lyk of julle vlieg in julle eenheid.

Dit het my lank gevat voor ek my eie Danser gekry het, die een wat my laat lyk soos ouma Alida gelyk het as pappa met haar vas gedans het. Maar soos ek se…hulle het nie elke dag vas gedans nie, dit was vir special aande, soos Lindt choklits is, net vir celebration tye!

 

dansers

Advertisements

Ek loop met my hart op my broek…!

Die sittery in die son met lang bene, al skrywende met my pers pen, het allerlei nuwe dingetjies met hom saamgebring.  So sit ek nou en blywees oor die mier in my broek wat stadig maar seker maniere kry.  Lank gevat om hom te leer om soms te rus, soms te sit.  Maar hy leer en ek kry langer tye gesit en skryf.  Ding is…ja, daar is mos altyd ‘n ding…ding is dat my kop net so woel soos die mier en ek moet albei leer om ‘n slag te sit.  Met die sit en bietjie stilte wat daal kom ek agter daar is ‘n bosluis in die holte van my arm.  My magtag dink ek…waar kom jy vandaan?  Hyt my lekker gebyt, bloedrooi kol rondom hom en op sy rug staan iets geskryf.  Ek kyk naby…dit se Gebruiker, wat maak jy vra ek hom?  Ek ry saam se hy, vasgebyt en het al die voordele wat jy my toelaat, jys ‘n sucker.  Voetsek se ek vir hom, wiet gese jy mag?  Jy het, seg hy!  Ek is al die agterkleinkind, my voorluise het almal gebruik gemaak van jou.  Ek wip my stokstyf en stap aan, gaan haal olie, ek sny hom mooi middeldeur en gooi teatree olie op hom.  Dit sal ‘n dag wees…ek laai nie verder parasiete op nie.

Nou weet jy mos as jy nou eers een gogga gekry het dan begin jy jou mos verbeel daar is nog.  In die soeke vir nog bosluise kry ek ‘n doring onder my voet…haai se ek vir die doring, waar kom jy vandaan?  Nee se die doring, my naam is mos Seergemaak, ek sit hier van lankal af, daai dag wat Vry-se vir jou aanstoot gegee het, het ek agtergebly, ek help jou onthou dat jy aangestoot was.  Nee man se ek vir die doring, ek haal jou liewer uit, en so gooi ek vir Seergemaak in die stof en besluit om nie verder herinner te word nie, die gaatjie bloeie effe maar hy sal gou oukei wees.

Ag vader sien ek daar is dan glad ‘n toutjie tussen my twee voete gespan…wat is jy my Ou?…so vra ek vir die toutjie…nee seg hy, ek is mos Terughou.  Ek verstaan nie se ek vir hom.  Hoe kan jy nie verstaan nie, jy het my dan hier omgebind?  Dis hoekom jy nie kan hoog en ver dans nie, wawiele maak en bo-oor spring nie, jy hou jouself terug met hierdie tou.  Nee man se ek vir hom…dis die Een en die Ander wat my terughou…hy lag dat hy fraiing…glo dit maar as jy wil, se Terughou…al was dit so, dan is jy mos nog steeds besig om jouself terug te hou want jy kan my mos afhaal as jy wil.  Ek vervies my en maak die knope los, dis ‘n gesukkel want hulle is ou knope, styf vas, maar ek woel, ek haal later ‘n sker en sny los!  Deksels dink ek, goeie ding ek het ‘n slag kom stilsit, nie geweet ek het so baie werk om te doen nie.  Heerlik om vry te kom, kyk hoe ver kan ek nou spring, hoe wild kan ek nou dans…!

En die gat in my broek…?  Ek skaam my dood!  Van wannir af is jy flenters en wies jy altemit?  O se hy vir my…ex ook al lankal hier maar jys te besig om besig te wees om aandag te gee!  My naam is Shame…ek is die een wat sorg dat jy altyd beskaamd staan.  Nee maar dit is sommer strooi…met jou maak ek mos korte mette! Ex nie verniet ‘n bottermaker, heelmaker, mooimaker nie.  Ek vlieg op en gaan werk ‘n hart op die gat met die naam Shame, ek borduur rondom en nou is die broek mooier as ooit en ek noem hom Trots.

Dans-dans loop ek terug na my sitplek in die son.  Ek maak my hare los en trek my vingers deur dit…ouch!  Watse koek is nou hier op die punt…dis ‘n stuk kougom!  Askies!! Skree ek vir die kougom…waar kom jy vandaan en wies jy?  Oooo….se die kougom, jy het my uiteindelik gekry?  My naam is Guilt!  Ex trots om te se ek is lankal hier en ek is fluks en doen goeie werk. Ek hou jou besig met slegvoel want jy hou daarvan om altyd skuldig te voel oor iets. Maar jy maak my werk lig se die pes, ek hoef nie eers fluks te wees nie. Dis nie rerig nie se ek vir hom…hoe kan jy dink ek hou daarvan?  Aaag se hy…ek gee nie om wat die waarheid is nie, jy glo in elk geval net wat ek jou vertel, soos ek se, dis als jou skuld!  Nee, dit is ‘n lieg, ek gryp daai sker wat vir Terughou verniel het en knip ‘n stuk van my gryse wysheid af, met Guilt en al en gooi hom dat hy doer trek.

Ek kyk die res van myself deur…daar is seker nog allerleitjies wat hulleself gaan wys maar ek is op julle!  Bietjie bietjie sal ek vorentoe dans…ligvoet, doringloos, op sagte gras!  My broek het ‘n liefhart op die gat…klaar die naam vergeet want die broek is tog te mooi!  Ek maak wawiele en spring ver en hoog, singend in die son, vol dankie blywees oor alles wat die Lewe my gee.

 

hartbroek

Maak oop jou hande Moeder, dis jou dag!

Mens kom so slim aan op hierdie aarde, en dan word mens so gou dom…en dan vat dit so lank voor jy weer slimword!   Ek dink nie ek is al slim nie, ek dink ek is slimmer as nou-die-dag-wanneer-onlangs of lank terug.  En ek weet ook nou dat ek nognie my volle slimgeit bereik het nie, dis goed, dit help teen wysneusigeit.

Maar as ek vandag bo-op my ontvang van mamma wonderwoorde iets kon wens, dan het ek gewens dat ek my ou kleine moedertjie by my kon he.  Ek sou haar vandag opgelief het…ek sou haar bederf het…haar in ‘n sagte pienk doek in skrefies son laat sit het en vertel het hoe amazing sy is.  Hoe ek haar mis en haar beter ken as ooit, al was sy net 23 jaar by my op die fisiese vlak.  Sy is nooit weg nie, haar woorde dans in my kop, vermaan my, moedig my aan en soms op die rare okasie, irreteer dit my!  Maar in alles weet ek elke dag meer en meer hoe wonderlik my mamma is, hoe wonderlik ‘n mamma is, en ek is, as gevolg van haar.  As ek haar woorde onbeplan, vir my kinders se, dan waardeer ek haar meer as toe sy dit lank terug vir my gese het, want nou voel ek hom aan my eie hart.  As daar trane oor my wange loop van bly of seer oor my kind-goed, dan onthou ek haar trane, wat toe nie so baie sin gemaak het nie, nou weet ek Mamma…askies vir nou-eers weet!

Ek het al minder vriendinne met mammas wat nog in hulle lywe bly, ons word nou die voorste ry en ek is nie spyt nie, ek is bly vir my slim wat gekom het saam met die mammawees.  In die week dop ‘n vriendin wat ek 12 jaar laas mee gepraat het uit en sy vertel my haar mamma is 3 jaar gelede vermoor…ag Here…ek kannie eers woorde bymekaar geskryf kry vir dit nie.  My ander Fee vriendin is vandag vir die laaste keer by haar mamma op moedersdag, daai mamma is oppad oorkant toe…dan is daar die een wat haar mamma ver van haar af in ‘n oppasplek moes loop neersit, want die harte by haar huis is te hard om toe te laat….!  En dan is daar die vriendin wat se kinder onlangs oorgeloop het, en vandag staan sy op sonder sy woorde…vir jou stuur ek liefde en die bid dat iemand sy trooswoorde sal aandra na jou flenterhart.

Ek het die besondere voorreg om weer ‘n persent mamma te he…’n kleine mooie mensie, anders as enige ander, vol liefde en dit…dit is al wat mens vra.  Ons sien mekaar se ma-harte en het respek vir mekaar, ons verwag nie baie nie en dan kry mens meer.

Ek is geseend op hierdie dag…daar het woorde aangevlieg gekom na my toe wat ek in baie jare gemis het…dit was my oogoopmaak sien op hierdie moedersdag en dit was ‘n onmoontlike droom wat nou ‘n sneespapier persent in my hart is.  Dankie Here!

Ek het die wonderlike voorreg om 3 siele te kon grootmaak, hulle het my so baie geleer van liefde…van gee en neem!  En vandag wil ek vir julle ander mammas se om julle hande oop te maak en te ontvang…want daai hande het al baie gegee!  Vat vandag die liefde wat na jou toe kom met oop hande en weet jys ‘n goeie ma. Hoor die mooi woorde, maar bowenal, hoor jou eie mooi woorde aan jouself, ‘n ma is ‘n spesiale ding, celebrate dit!

 

 

 

 

Hiers ek weer…!

Daai stoepit liedjie sing heeltyd in my kop asof ek iemand anders se grammafoon ingesluk het en ni beheer het oor die musiek nie!  Hiers ek weer…hiers ek weer…met my rooirok voor jou deur…!!  Dammit!  En ek wil nie meer vir jou of jou liedjie of jou rooirok voor my deur he nie!  Maar soos altyd skop my weetlikgeit in en moet ek erken…jy, rooirok, jy kom agter my aan want ek gee vir jou die indruk jys welkom, nee ek roep jou eintlik uit die straat om jou simpel liedjie te kom sing.  En jy hou boonop alweer jou spieel vir my en ek sien en sien, allerlei wat ek gedog het nie meer daar is nie.  En ek weet nie of ek vir jou moet vies wees of vir myself nie.

Pay attention to what you pay attention to…so se die slim kind wat vir my haar wyse insigte epos.  Dankie…ek sien! En ja…ek betaal heeltemal te veel aandag aan skurwe sake, ek gaan ophou…ek belowe!

Ek leer jou wat ek aan die leer is tot ek geleer het wat ek jou traai leer…!  Ai vader…ons is ewe stadig om te leer!

Die ding is…ja daar is ‘n ding!  Dis nie die slang se byt wat jou dood of siek maak nie, dis die gif wat agterbly!  En nou sit ek met die gif in die kop, die gif in die hart, die gif in die dink!  En ek wil onder dit uithol maar dit hol saam!

So nou het ek kom sit…jou geroep om saam te sit, jy met jou slangbyt en ek met myne.  Ons het die bytplek met praatpleisters kom toeplak en die teengif ingeluister.  Daai ene wat se askiestog…en dammit my ou…hoe kon jy?  En jy het gese…sorrie sussie, ek het nie besef nie, toe se ek dis oukei dan, askies vir my skurwigheid ook!  En ons kyk mekaar se oe en sien die siel wat binne bly en daar breek weer lig deur, jou wye smile kruip terug oor jou bakkies en ek voel hoe spring ‘n laggie diep onder uit my hoophart!  Dankie tog vir praatpleisters en teengif luister.

 

pleisters