Month: June 2017

Out with blame…!

Unproductive to the extreme…blaming someone else!!

Be quick to take responsibility for your reactions, find the Gift, the lesson or message and thank the person for the teaching!  Now let it go and remember it…you do not want to repeat it!

 

An-fold canva 7

Advertisements

Die Kastee wat gelei het tot An-fold…

Terwyl ek so luierig,langbeen in die winterson sit en terugkyk oor my pad wat ek geloop het tot hier, perspen vir eers agter die oor gebere, wonder ek oor al die deurmekaar spore wat ek getrap het.  Al die verskillende soorte skoene wat ek gedra het tot nou en toe lui my foon.  Dis die vriendin met die interessante skoene, sy roep my om te kom tee, sy het raat nodig met haar kas.  Lekker dink ek, ek hou van kaste met klere en mooigoed in, dis mos hoeka my spore gewees vir lank.  En so maak die kastee ‘n hele nuwe ontvousel in my binneste oop.  Maar ek kom later by dit, laat ek eers vertel van die kuier.

Sy maak tee, soos net sy doen…regte blaartee, self loop koop in Indie.  In ‘n skat van ‘n silwer teepot word dit gebrou.  Ons drink stadig en praat vinnig want ons sien mekaar min en daar is baie om op te vang.  Ons skuif kamer toe…sy gooi haar netjiese kaste oop en begin uitpak, hierdie een is my liefbroek, ek dra hom op seg sy.  Hierdie een is ‘n halwe stuk, hy wil nie maat vat nie en nou le hy en kyk vir my en ek voel elke dag skuldig oor ek hom gekoop het.  Daai ene laat my voel of ek andermens is, maar tog gooi ek hom nie uit nie…!  En so kuier ons die hele kamer en kas onderstebo, sy pas aan, sy trek aan en uit, ons giggel en raak ernstig, ons ontrafel en kry oplossings.  Ons maak spasie en bedink, ek vra vrae en sy frons tot by antwoorde.  Toe ek loop se sy, kom weer, ek is nie klaar nie en dankie, jyt my gehelp!  Dankie se ek, en jy het my gehelp!

Ek en Scarlet vat die pad terug plaas toe en daar roer ‘n ontvousel in my binneste, ‘n stuk opgewonde spring uit my uit!  Dalk…dalk kan ek al my spore en ingredients van ‘n woelige lewe bymekaar gooi en ‘n heerlike vrugtekoek maak!  En toe vat ek die perspen en ek begin notas maak…ek loop op my spore terug en gaan haal al die gifts.  Ek klim op die dak en kyk my skoene deur…maak nog notas.  Toe bel ek die skoene vriendin en vra…dink jy die vrugtekoek kan iets wees wat ander vroue ook sal van hou!  Ja se sy…ek dink verseker so, mens is mos als wat jy jou hele lewe gedoen het.  En die ontvousel vou verder oop en daar spring nog ‘n stukkie lekker uit.  Wragtag dink ek, dalk kan ek terwyl ek terugloop na my eie Self toe, terwyl ek my eie waarheid ontvou, bietjie vir bietjie…dit sommer uitdeel vir ander ook.  Ja se die Virgo…dan noem jy dit An-fold!  En toe kom sit ek en vat die perspen om te vertel van my vrugtekoek.

 

teepot

My Droomeiers

Ek het ‘n mandjie vol droomeiers…ek loop met hom in my hart gebere, dis precious goed en breekbaar en mens moet eiers warm hou anders broei hulle nie uit nie.  Ons het mos maar almal droomeiers.  Party is mooier en heiliger as ander, soos my poppe kleintyd.

Party eiers vat langer om uit te broei as ander.  En so het ek toe besluit om die wat so sukkel maar eers in sneespapier toe te draai en in ‘n mooie kolletjies boks weg te pak.  Skaars het ek die strik gebind om die boks, toe daag daar ‘n Hoender op en se vir my hy is die uitbroeier van droomeiers.  Rerig vra ek die Hoender…?  Jip se hy, ek het my eie droomeiers, mooies, grotes en kleintjies, party het spikkeltjies op en daar is tot ‘n ligpienk enetjie by!  Sjoe maar hulle is mooi seg ekke…ek het ook droomeiers maar ek het hulle nou eers bietjie weggepak.  Hoekom vra hy…?  Nee wat se ek, my asem is min, my mishoop hoog, toe los ek eers, dalk eendag…!

Die Hoender loop ‘n draai en kom weer verby, dieslag het hy ‘n Hennetjie by hom, ‘n dierbare dingetjie, sy loop met haar droomeiers in ‘n laphoed,  sy praat min, sy begin broei!  Waar is jou eiers vra ek die Hoender, nee ek het nie ‘n eie nes nie, ek loop met my eiers in ‘n sak, soek nog vir Anderman se nes om dit in uit te broei.  Rerig se ek vir die Hoender…?  Rerig se die Hoender!  Ek sit en wonder…en toe se ek voor ek tot in my diepste kop gedink het, sommer so vanuit my hart, ek het ‘n hele hoenderhok wat leegstaan.  Wragtag vra die Hoender…? Ja seg ek…!  Maar my mishoop is hoog en my asem min…my eiers is precious en ek is nie die gewone soort siel nie…ek dans op my eie musiek.  En my eiers is klaar ingepak, ek gaan vir my ‘n ander hoenderhok loop koop, naby die see.  Die Hoender luister, die Hoender maak al die regte geluide…ek trek stadig die strik los en haal die kolletjie deksel af van my droomeiers se boks.

Die Hoender spring op en hol met lang tree die pad af…wag skreeu hy agteruit, ek kom nou!  Ek wag met ‘n hart wat wil dans…stil se ek vir my hart, moenie so skommel nie, die droomeiers kan kraak.  Nie lank nie toe sien ek hier kom hy weer terug…dieslag met sy plastieksak eiers…hy los die hek van die hoenderhok oop en daar hol my kuikens uit.  Nee jong seg ek…nie so nie!  Ag skies se die Hoender, ek is nou so opgewonde ek het vergeet om toe te maak.  Hy storm heen en weer, haal strooi en strooi, bou neste, gooi sy eiers uit, party is gebreek in die plastieksak, hy order my henne om te sit, ek koes as hy verbystorm, ek hou die hek dop want hy los hom aanmekaar oop.  Ek loop kyk gereeld want hy trap die waterbak om en maak hom nie weer vol nie.  Toemaar se ek vir my hart, hy sal tot rus kom en hy sal vra na my droomeiers, hy sal tot rus kom en onthou om die hek toe te maak, hy sal onthou om te onthou….!

Intussen gaan haal ek solank ‘n paar van my precious eiers en sit dit reg vir die Hoender.  My hart juig!

Maar die Hoender vat nie my eiers nie!  Ek is verbaas, dog ons het ‘n plan.  Later se hy, later sal ons by jou eiers kom, nou moet die hok eers groter…dis reg seg ek, daar is draad en pale, ek wil lankal die hok groter en mooier gemaak het,  maak so asseblief, en dankie dat jy hier is om my droomeier saam joune uit te broei!  Ek sit hulle hier in die hoek solank. Ja se hy, later, maar staan nou eers soheentoe, jys in my pad en jy weet niks van broei nie!  Ek is die broeier…seg die Hoender!  En ek sal se hoe moet die hok lyk…!  Maar dis my hoenderhok seg ek…?  Hy gee nie antwoord nie, begin net die hok oopbreek.  My hart hou op dans…en begin liggies bewe!  Stadig seg ek…nie so woes nie, my henne word onrustig!  Los my uit seg die Hoender…ek weet wat ek doen, ek bou al jare hoenderhokke.  Maar dis my hoenderhok seg ek…?  Hy bly stil en skud sy vere, gooi sy kop agteroor en kraai ongeskik in my gesig.

Ek het weggeloop, my trane het uit my hart gestroom en oor my wange gedans.  Ek het  ‘n draai gemaak by die hennetjie met die laphoed wat broei, sy kyk nie op nie…ek weet nie of sy broei of rou nie.  Toe het ek maar teruggeloop hoenderhok toe, my eiers is omgestamp, die groenetjie is flenters, die res le oral, nooit onder ‘n hen gesit nie.  Die hoenderhok is windskeef aangebou.  Die haan kyk my nie aan nie, praat net oor sy skouer en se hy laat hom nie voorse nie.  En ons is anyway nie van dieselfde geveerdheid nie.  Nee ons is nie se ek vir hom…maar as jy ooit onthou sal jy onthou ek het jou vooruit gese! Toe het dit nie saak gemaak nie, of dalk maak dit nou ook nie saak nie, dalk is dit nie waaroor dit gaan nie…? Dalk het jy net ‘n hoenderhok gesoek…dalk is alles ‘n misverstand…of dalk, is alles presies soos dit moet wees. En ek onthou nou…jyt nooit gese jy sal my eiers uitbroei nie, jyt gese jy soek ‘n nes…skies dat ek nie mooi geluister het nie.

Maar dankie dat jy my kom leer het, jys wel ‘n goeie Hoender-teacher.  Jyt my kom leer dat mens nooit jou droomeiers vir iemand anders kan gee om uit te broei nie.  En ek vat nou my eiers voor jy nog van hulle in jou storm stukkend trap, hulle is hoeka klaar yskoud.  En vergewe my dat ek jou in ‘n posisie geplaas het wat jy nie in moes wees nie.

Toe ek by my Slotvrou kom met my stukkende hart wat aanmekaar trane maak, toe se sy…toemaar, toemaar!  Dis nie soos lank terug nie, dit voel net so! Vat…hier is ‘n vars droomeier vir jou, gaan broei hom self uit, want weet jy wat…?  By jou huis staan ‘n splinternuwe hoenderhok persent en wag net vir jou en jou droomeiers.

faberge egg.jpg