Month: August 2017

Partytjie…!

Tyd om partytjie te hou…ek vat my laslapkombers en stap die veld in!  My laslapkombers dra my memories, dis al die flentertjies van bly oomblikke en mooi oomblikke wat bymekaar gewerk is…amper soos ‘n paartie album!  Mandjie in die ander hand, daarin is stroopwafels en rookworsies en ‘n borreltjie om dit mee af te sluk!  Vreemde kombo, ek weet, maar dis wat hierdie partjytjie op die menu het.  Ek voel die vrolikheid in my wil my voete laat dans, maar ek hou terug!  Die mooiste spot roep my, klein geel en pienk blommetjies op die grasgroen veld grasperk.  Ek gooi die bont lappies versigtig oop en gaan sit, kruisbeen vandag want ek sit in die blomme en kyk na al die mooi!  Die lug is knypkoud, maar vars en splinter mooi!  Die laaste flenters van die onlangse sneeu le op die top van die berg wat sy eie pers fluweel doek oorgegooi het vir my paartie.   Dankie se ek vir die berg, dankie vir die mooi wat jy is.  Ek verloor myself in die mooi oomblik…volgende oomblik hoor ek ‘n gehyg agter my!  Ag vader…hier kom stokSiel aangestrompel!  Hoeit…roep hy!  Hoe bly is ek om jou te sien, ek is vreeslik alEen!  Die arme drommel haal net met die bopunt van sy longe asem van angs!  Wat gaan hier aan vra hy en plons neer op die punt van die lappieskombers!  Ek hou partytjie seg ek…!  O!…se hy, is dit ‘n pity party?  Waar is die wyn en sigarette?  Nee man…is jy simpel, haal asem dat jou brein kan dink, snou ek die stokstywe Siel toe!  Hy haal asem en kom bietjie terug in sy lyf…!  Ek verstaan nou nie se hy…waar is die ander partytjie gangers en hoekom is ek nie genooi nie??  Dis my eie paartie…ek hou ‘n Self celebration.  En jy pla my bietjie…skies dat ek nou so reguit waarheid na jou toe gooi!  Wragtag seg hy…nou het ek als gehoor!  Ek meen wie hou alleen partytjie?  Dis mos niks om oor bly te wees nie, ek meen…hier is ek stokSiel alEen, en bitter benoud daaroor!

Ag vader sug ek…wag ek skink ‘n borreltjie en verduidelik, hier, kry ‘n rookworsie en haal stadiger asem, jy kannie so hyg terwyl ek vertel nie!  Die ding is so…ek het mySelf gekry en ek celebrate dit, ek is nou nie meer alleen nie, ek is vry!  Het my lank gevat, ek het soos jy nou maak, die hele lewe vol gestorm van Een na die Ander en nooit tot rus gekom nie!  Toe het die slotvrou mos gehelp dat ek my bangkamer se slot oopkry!  Dit was ‘n mirakel…nou het ek die spul skoongemaak en uitgestof!  Die vensters gewas en nou kan ek sien.  En van daar af is ek nog nooit weer alleen nie.  Ek is nou rustig, ek hou baie van my eie company, dis hoekom ek kan partytjie hou op my sigSelwers.

Jy sien stokSiel, as mens kan ophou skrik en bangwees, ophou hardloop na die volgende siel se bywees toe, dan kan jy kom sit en kyk.  En as jy kyk, dan sien jy al die wonderbaarlike mooi om jou!  Vroeer het ek nie tyd gehad nie, ek het soos jy vlak asemgehaal van plek tot plek.  Teruggekyk, afgekyk, omgekyk en misgekyk!  Nou sit ek rustig want ek kan sien, my vensters is blinkskoon.  En my sien maak my bly, en blywees vra vir partytjie hou!  Verstaan jy?  Wragtag se hy…ek verstaan!  Cheers se ek, kry ‘n stroopwafel, die lewe is suikersoet!

 

blomme

 

Advertisements

Kyk anders daarna…!

Ek oefen hierdie…baie, aanhoudend en heeltyd!  Ek kom agter as jy wil kan jy pyn…of kwaad wees, of tenagekom voel!  Jy kan frons en ontevrede suur wees! Jy kan heeltyd wonder oor almal se woorde, fronse of onkyke!  Dag in en dag uit loop en bedink wat het die onkyker in sy hart, wie het die onkyker gif ingegee oor jou en jou doen en late.  Maar dit maak gedaan en ek kom nooit by ‘n hapi antwoord nie.

En ek is nie goed met unhapi nie…ek is beter met lag en vrede en sag!  Dis hoekom ek nou oefen om van ‘n ander angle af te kyk, deur ‘n sagter bril!  Die gift wat toegerol is in die aanstoot, te soek, en low en behold…so kan mens die aanstoter later dankie se…!  En nog ‘n ding…ons is magnete, ons kan kies wat ons na ons toe wil aantrek…gooi weg die goed wat jou nie laat lekker voel nie!

Anfold canva Kyk anders daarna....!

Anfold challenge…!

Speel saam…as jy lus het?  Speel openlik as jy braaf genoeg is…speel binnetoe as jy nie lus het…maar dink hierdie gedagte!  Ons word ‘opgebring’ om so nederig te wees dat ons net ons negatiewe karaktertrekke erken en nie ons mooi celebrate nie!

Hier is myne:  Ek kan woorde mooi agtermekaar sit…! 😉

Anfold canva challenge