Month: November 2017

Toegeval…besig om te tel!

Ek sit in my stilte…haal asem en geniet die lekkerte.

Daar is wragtag alweer een wat roep van die straat af…!

Hoeit…skree helpSiel, waasjy dan?  Dog jy sit langbeen, kaalvoet in die son, hoor jyt jouse ou skoene loop staan weggee?  Ek is hier skree ek terug, en ja ek het, ek het hulle nie meer nodig nie!  Maar ek is besig om te tel, kan nie nou praatjies maak nie!  Waarsjy skree helpSiel…en ek hoor hy kom aangestap!  Ek is toegeval seg ekke, ag foei tog skree hy, ek kom dadelik help!!  Wat het dan tog gebeur?  Jy seergekry en wat het op jou geval, jou huis staan dan nog regop?  Ai…die helpSiel is soms so lastig met al sy hulpvaardigheid, plaas die dier gaan help ‘n slag homself vorentoe, dog ek by myself, vies dat my stilte nou weggepraat is!

Hoeit…skree hy, waarsjy jong?  Ek kry jou dan nie, is jy dooi?  Nee tog, ek is meer as fine, maar ek se mos ek tel…jy praat my deurmekaar!  Ek is toegeval onder my blessings en ek tel hulle, maar dis baie en nou moet ek weer voor begin want jys so helperig, dankie daarvoor maar dalk moet jy jou eie loop tel?

Ag jy praat stories se die helpSiel, wie kan nou so baie blessings he dat hy toegeval kan wees onder dit?  Ja dankie seg ekke, ek praat heeltyd stories vir die ore wat wil aanluister en ek is daai een wat so baie blessings het.

Maar wat van die aanstote vra die helpSiel?  Tel jy dit ook?  Watter aanstote vra ek…?  Ek vat nie sulke persente nie, dis mos nie myne nie.  Dis mos wat mense uitdeel as hulle bang is en ek vat net die mooies wat mense uitdeel as hulle lief is.  Mense wil almal graag happy en nice wees, dis oorlat hulle bang is dat hulle so skeef raak en aardighede uitdeel.  Ek het gesien as mens aanstote begin aanvaar as joune, en jy bring hulle ook in jou huis in, dan sien jy gou-gou net hulle raak.  En dit laat my gun stuk blyvoel nie. Dan wil ek kort voor lank iemand blameer vir my on-bly-gevoel of nog erger, ek begin dink ek is nie goed genoeg nie.  So ek het nou huis skoongemaak en ek hou net die goed wat my hart laat smile.

Ek dink jy praat stories se die helpSiel, en ek sien hys aangestoot!  Ja seg ekke, ek doen, maar jy kan mos aanloop as jy nie wil hoor nie?  Jou storie klink nie soos myne nie, en dis oukei, gaan maak jou eie stories op.  Ek is baie besig om my blessings te tel en jy pla my bietjie!  Daar is ‘n boks vol aanstote buite wat ek uitgesit het, moenie oor dit val as jy aanloop nie!

 

 

Advertisements

Wat is rerig…?

Wat is rerig…?  Is dit nie scary om te dink ons mis die enigste ding wat rerig is nie?  Deur te bekommer oor netnou, more of die dag daarna.  Of sleg te voel oor gister of wanneer ookal.  Al wat daar is, is nou, hierdie oomblik, dit wat nou voor ons oe is, wie by ons is, wat ons het, waar ons is!  Dis wat real is!  Laat dit genoeg wees en enjoy fully!!

 

An-fold canva in the now

Sonkuierdag…!

Ek sit in die koelte vandag, perspen agter die oor.  Dis my Sonkuierdag, so se ons in astrologie, in gewone taal se ons dis verjaardag.  Die regte woord is eintlik Solar Return maar ek maak mos maar my eie woorde op.  Ek verf my toonnaels pers, sit en wag vir dit om droog te word toe daar ‘n klip op my sinkdak val!  Ek skrik my in ‘n vererg in, loop deur toe en loer uit.  More-more, skree Huppelsiel van die pad af, dog jys nie hier nie?  Wat vang jy aan, sien jou skoene is nie meer op die dak nie en jy sit ook nie langbeen in die son nie?

Skoene weggegee seg ekke, Seerpoot siel het aangekom en gevra of hy dit kan kry, siende dat hy nog ver moet loop om sy purpose te soek en ek myne klaar gekry het.  Toe kry ek hom so jammer met sy seer voete.  Hy soek hom flenters en op die verkeerde plekke, maar dis sy sukkel, nie myne nie, toe se ek hy kan dit vat as dit sy pad sal sagter maak.  Hys weg met dit, ek is bly want af en toe kom die versoeking oor my om dit te loop afhaal en weer vol te staan, nou is dit afgehandel.

Oukei dis goeie nuus se die Huppelsiel, dan het jy mos baie vrye tyd, kom help my huppel en werk.  Nee dankie se ek, my tone is nog nat, kyk ek het dit pers geverf!  Oe maar dis te pragtig seg hy, het jy oranje?  Jip ek het allerlei kleure, spog ek!  Verf myne gou vir my oranje, dink hoe vrolik sal ek huppel as dit oranje is?…..en hy sit klaar reg.  Nee se ek, jy kan my verf leen maar jy moet self.

Haai nee se hy, dis darem onvriendelik van jou, verf my tone anders is ek dikbek!  Ek skrik bietjie en oorweeg die saak…toe sien ek dis ‘n oefening.  Ek haal asem en se vir dikbek Huppelsiel, weet jy, jys ‘n goeie teacher, maar ek dink jy moet gou pad af huppel met jouse dikbek, ek doen nie meer dinge vir ‘n bang vir dikbek rede nie!  Hy kyk my verbaas aan en skep asem om ‘n nuwe les uit te dink vir my.

Ek dog dis jou Sonkuierdag seg hy?  Waar is die cupcakes en soet tee vir jou medesiele?  Skaam jy jou nie om so ongasvry op te tree nie, vra die dikbek siel vir my.  Ek haal bo-oor die twyfel asem en se vir hom, ek hoef niks te doen wat ek nie wil nie en ek wil nie my Sonkuier vier nie.  Maar ek is hier vir plesier seg die dikbek Huppelsiel, maak dit vir my lekker of ek gooi nooit weer ‘n klip op jou dak nie!!  En net daar erg ek my bloedig, my pers tone is droog genoeg om sy stert te skop wat ek summoer doen!

Toe hy weghuppel loop ek terug en gaan haal my nuwe sagte pers skoene uit die kas!  Ek steek my pers tone versigtig in hulle, die blinkgoedjies skitter al te mooi in die Son!

Ek gaan ‘n An-fold fees hou…dan gaan ek hulle aantrek en spog!  Dis ‘n vertel-fees, ‘n spog-fees, ‘n dankie-fees! Dis om te vertel van my oorwinnings oor my bangdoenery.  Ek wil vertel van vryword en sagte skoene.

Dan gaan ek cupcakes en annerlike lekker dinge laat maak!  Ek gaan soet heuning tee en borreltjies skink en my liefstes roep om fees te hou saam met my!  Ek meen nou maar, wat vier mens nou eintlik op jou verjaardag?  Is dit nie ‘n beter plan om saam te kuier en te vertel van oorwinnings nie?

 

pers balletskoene

Genoeg….?

Die boeddiste se mens sal self weet wanneer jy klaar is, wanneer jy genoeg het.  En ek het hom so!  Eintlik kan anderman nie vir jou besluit wanneer daardie genoeg tyd is nie, al kan hy sien jou ongenoeg is besig om ‘n onsaak te raak!  As jy nognie daar is nie, dan moet jy voortstoom tot op daardie punt!  En al wat ons vir mekaar kan doen is om daar te wees as die pot oorkook, of dalk is dit een van daai souse wat wel so lank moes kook om tot sy volle heerlikheid te kom…!  Hoe ookal sy…vind uit waar sit jou genoeg en maak seker dat jy nie met anderman se genoeg besig is nie.

 

An-fold Canva enough