Month: January 2018

An-fold…maak spasie vir jou droom!

Dis inderdaad in ons eie hande om die droom te laat gebeur.  Wat staan tussen jou en dit?  Wie staan tussen jou en dit?  Wayne Dyer het gese: “Do not die with your music in you!”

Begin klein…maak ‘n beweging in die rigting van jou droom.  As jy Indie toe wil kuier, koop solank ‘n shocking pink tas!!  As jy ‘n nuwe liefmens langs jou wil he…koop solank daai kant onnerdingetjie en maak spasie vir hom in jou kas!!  Die Lewe help die wat hulleself help!

 

An-fold canva obstacle

Advertisements

Net Liefde moet agterbly…!

Ek het klomp goeters besluit, vat my ‘n rukkie om seker te wees maar as ek besluit het, kan dit nogal ‘n ding van vasmaak kaliber raak!  Van die besluite wat ek geneem het is om hierdie jaar, een van eenvoud en maklik te maak.  Mens kan dit doen, die Lewe het my nou mooi gewys.  Ek wil my hele lewe vol liefde en sagtheid maak.

So begin ‘n grootse skoonmaak proses.  Van die kop tot woorde en mense,  energie en huis en als wat voorkom. Nikse aardige gedagtes word meer geduld nie…as ek negatief begin dink dan stop ek myself summoer!  As die irritasie opstaan en ek wil ‘n ding kwytraak wat nie goed is, dan haal ek asem en se dankie vir die naaste blymaak ding wat ek sien.  Ek kies om gelukkig te wees! En dit beteken skoonmaak tot by die binneste.

Ek is nogal tevrede met wat ek nie uitgesmyt het nie.  Meeste praat nou sagte stories wat lekker is om te hoor.  Party is wel op “probation”, ander verdra ek, want hulle is my “teachers” om hierdie “tightrope” wat ons lewe noem, te bemeester!  Dan is daar ook die wat ek baie liefhet, hulle kom nog weg met bietjie meer.

Een van die besluite wat ek geneem het is om op Sondae te rus, te maak wat ek wil, maar veral, nie te doen wat ek nie wil nie. Daar is perke want ek slaap nie in ‘n onopgemaakte kooi nie, ouma Alida het my ordentlik grootgemaak en sy praat steeds elke dag in my kop.

Nog ‘n besluit was om niks verder te hou wat my nie gelukkig maak as ek dit sien nie.  Al die goed wat ek afstof en oppas praat mos stories,  en as dit nie ‘n sagte mooi storie is nie dan sit ek hom in die boksie en hy is op sy pad.  Daar is stapels goed by die deur uit na ‘n nuwe adres, en ek voel al hoe lekkerder.  Saam met die skoonmaak het my kop ook ligter en oper geraak.  Ek het ingesien ek hou goed vir die verkeerde redes. Party hou ek want ek is te aardig om die ding wat ek persent gekry het, en rerig nie liefhet, weg te gee.  Of ek voel te skuldig omdat ek 5kg swaarder is en die mooie linne skirtjie sit nou stokstyf.  Skuld en aardig maak dat ek hom en ander bly terugsit in die kas, want ek hoop ek gaan weer dunner worre!!  En so spoel daai skuld oor na allerlei annerlike gedagtes rondom eet en oefen ook.  Niks van dit maak my bly nie.

En dan is daar die boeke wat ek nog gaan lees op ‘n reendag, stildag of annerdag.  As ek hulle sien dan wroeg ek oor ek so ongedissiplineerd is dat ek nie by lees uitkom en dan staan Skuldig en Ingedoen my alweer in die oe en kyk!

In die proses het ek agtergekom as ek die skirtjie en sy maters uitsit, dan sit ek ook die las van 5kg swaarder wees en dunner word, by die deur uit.  As ek die boeke weggee dan gee ek ook die gevoelens weg.  Die opgehoopte idees in die vorm van lappe word ook weggegee.  Daar is ek vry om ‘n nuwe stukkie te koop as ek wil, sonder die skuldgevoel van 17 ander stukke lap wat wag om te gebeur, al het ek lankal my sin vir 16 van hulle en hulle idees verloor.

Nou maak ek my kas oop en ek is bly om my klere te sien.  Ek dra steeds net die wat ek dra, ek mis niks.  Nou loop ek by die boekrak verby en niemand skree op my nie.  Nikse lee beloftes van ek kom by julle uit of dalk later of volgende week nie. Ek gesel nie meer myself oor dit wat ek nie by uitkom of lus het om te doen nie want dit wat op die rak is maak my vriendelik terugpraat en vredig glimlag.  My kop rus en my lewe raak by die dag sagter en meer vol liefde.

 

Harte

 

 

Gestroop tot by die goud…!

 

Mens is ‘n wonderlike ding, nie die donkie nie, die mens is die wonderlike ding!

In my ver pad vol baie spore wat ek getrap het, het ek ‘n kop vol weet opgedoen.  Maar in die laaste handvol plus een jare, en ek meen letterlik handvol, want dis 11 jare, het my weet-biblioteek heeltemal afgebrand.

Jy sien voor die oorlog, of sal ek se die 11 jare het ek presies geweet wie ek is, wat ek kan en nie kan nie en diesulke onwaar wetes.  Algaande het die vuur gebrand deur my lewe en het ek al minder van my wetes oorgehad.  Ek het verwoed begin klou aan die wat oor is, myself ‘n vraagstuk uitgereik en sommer self die oordele gefel.  Angstig rondgetas…boontoe gepraat, binnetoe geskree, sylangs gefluister en al wat ek gehoor het is, die knetter van die vuur.  Dan het ek die vuur doodgehuil, strome van trane oor dit gebrander.  Maar daai soort vuur dood nie sommer van eie jammer trane nie.  Hy wag vir jou om te se dis oukei, ek gee oor, ek weet toe wragtag nie wat ek gedog het ek so seker van is nie!  Ek weet eintlik niks en ek gee amperster nie meer om nie.

Toe ek daar gekom het en dis al ‘n klomp spore gelede, toe het ek gesit soos ‘n hoender sonder vere en net gewens vir ‘n shortcut lift hemel toe.  En dis net daar…waar die rowe van my oe afgeval het en ek kon binnetoe sien.  Want aan die buitekant was min oor om na te kyk.

Toe die Lig aangaan, toe is ek vry, vry van moet weet, vry van die sekerheid van wie is ek, wat ek alles kan doen en veral die wat ek bang was om nie te wees nie.  Toe Is ek net.

Hierdie spul woorde mag klink soos ‘n treurmare…maar dis ‘n oorwinningslied.  Ek het nou besef die dinge wat mens jou aan verknoop om vir jou identiteit te gee raak ‘n meulsteen om jou nek.  Dis die ding waarmee jy jouself slaan, en ook vir ander die stok aangee om jou mee te slaan. Vir party is dit geld of status, dalk hulle lyflike mooi, of die bekers op die kaggel.  Dalk die baie portrette vol grade, of die feit dat pappa en mamma important was.  Waaraan jy jou verknoop is nie die ding nie, die feit dat jy dit doen is die ding.  Vir my was dit annerlike dinge, nie minder belangrik nie, net annerlik.  Maar met die wegbrand van my verknoping het ek by my eie goud uitgekom, en dit het niks te doen met enigiets wat in hierdie wereld regop staan nie.

En so…so het ek die waarheid ingesien wat ek gelees het van ‘n wyse man.  Hyt gese: “Let go of who you think you are, in order to become who you really are.”

Ek dink ek is nou oppad om Ligte spore te trap daarnatoe!donkies