Month: April 2018

Gee is nie sommer net so nie…!

 

Ek lees ‘n mooie ding wat die Dalai Lama gese het: “If you can…, help others! If you cannot do that, at least do not harm them.”

Die bybel sê ons moet so gee dat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie. Daar is ‘n rede voor, so het ek agtergekom deur eie-bas-voel-geit. Ek weet vandag dat daar min mense is wat kan gee sonder om iets terug te verwag. Al is dit net dat jy van nou-af besonder vrolik moet giggel as hy verbygaan.

Kahlil Gibran seg dat gee en neem dieselfde ding is, twee kante van ‘n muntstuk. Ek seg; dat ontvang ‘n groter challenge is, as gee.

En dit bring my by my pleit storie op hierdie herfs sondag.

Wanneer mens iets wil gee moet jy eintlik diep dink oor die gawe behoefte. Hoekom wil jy dit doen? Weet jy dat dit ‘n grote verantwoordelikheid inhou?

En as jy seker is jy wil iets gee, maak tog asseblief seker dat jy gee wat die ander nodig het, of graag wil hê. Erger nog, gee wat hy vra of los liewer. Anders moet jy die gawe persent vir jou sigwelwers hou, want dis mos tog eintlik vir jouself.

Ek het heelwat ondervinding in die verband van ontvang. Ek is nie doodseker of ek bly of spyt is om die uitspraak te maak nie. Maar ek weet van nood en ongemak. Ek weet van uithou en vertrou, ook dat dit altyd weer anders word.

Ek weet van ontvang en het heelwat ervaring van gee.

Niks laat mens so ontbloot as wanneer jy nie het nie. Om dan in die ander vas te loop wat die gewer is, die dans te moet dans van gee en verwagting en die byklanke van beide. Dis wanneer die ontbloting, pynliker raak as wat nodig is.

En dis hier waar ek wil pleit dat mens versigtig moet wees met gee, en veral die hoe daarvan. Want as jy gee met ‘n paar toutjies daaraan vas, los tog liewer. Die ontblote ontvanger kan daarsonder gaan.

Dis hoe ek geleer het om te vra, as ek die gevoelente van gee oor my kry. Ek vra liefs vir die mens wat voor my staan met die nood in sy oë, wat sy behoefte is. Hoe kan ek help dra aan sy las?

Maar ek vra net, as ek rerig kanssien om te help. Anders loop ek met ‘n glimlag en ‘n silent blessing verby. Ek weerhou myself van skuldigvoel uitlatings soos; wens ek kon help maar wees verseker ek bid vir jou! Daardies het nog nooit enige waarde by my nood gevoeg nie, om die waarheid te sê…!

Om terug te kom by gee en hoe. Sou ek kanssien vir vra na die behoefte en die mens sy nood uitspreek. Dan vat ek die verantwoordelikheid op my, om eerlik te wees. As ek nie my gawe weg oopsien nie, dan kan ons wegloop van mekaar sonder bykomende pyn.Wetende dat ons nooit alleen is nie en dat die goeie Gewer wel ‘n ander lasdraer sal stuur. Intussen is ek dankiebly dat ek beide kante van hierdie gawe ken.

 

gee

 

Toenail trim time

Toonnaels is die simbool vir die venster na God.
Ek het hierdie geniet en die simboliek daarin is treffend!

renciafroneman

I’m not sure if there had been any kind of special event or day created around toenail maintenance recently. I find toenails, specially the overgrown, un-kept and just plain dirty version quite disgusting. My stepfather had the wooded variety of toenails, particularly on his two big toes, it matched his heart (towards me) in perfect ugly fashion.

Then, to my absolute horror, there was a new fad in lady toenail fashion a couple of years back, long toenails! Dear heavens, even the white tip version made a big fanfare introduction. Some added the tips like gel nails and made the add-on toenail tips super white. I could not help but wonder if it was sufficiently capable to hide the accumulated dirt stuck under those nails at the end of a long day, in an open sandal.

Lo and behold, last week on Facebook there was this “joke post” showing a…

View original post 272 more words

Die tent op die stasie…!

Wat maak mens as jy op die stasie sit en wag en die trein daag nie op nie. Daar is allerlei redes vir die vertraging en jy moet oornag op die stasie. Eers sit ek en die virgo styf teen mekaar, skiertsregop in die wagkamer, hopende dat ons trein tog wel sal opdaag. Maar dit word duidelik dat dit nie voor die nag gaan gebeur nie. Later lê ons skuins op ons bagasie, sluimer in en word voordag moeg wakker. Ons skud ons vere reg, stoot die bollas in plek en gaan pieps in die stinkie toilet. En ons gaan wag weer op die perron, daar waar ons die spore kan dophou.

Die derde nag weet ons dat hierdie wag dalk anders uitdraai as wat ons itinery verduidelik. Maar ons is bottermakers, ons word nie so maklik onder gekry nie. Ons het onderin een van die pakkase ‘n tent. Ons gaan hom opslaan en ten minste reguit lê vir die komende nag. Dit sal darem nie langer wees as nog een nag nie… Of sal dit?

Die 7e dag weet ons dat ons maar ‘n kooitjie moet maak in die tent want die ongemak raak ongemakliker. Dalk ook ‘n goeie idee om ‘n skottel aan te skaf vir hier en daar afspoel, mens wil nou nie later ‘n ooreenkoms met die stinkie toilet oorkom nie. En dis hoe dit gebeur het… die ding van ‘n tent op ‘n stasie. Die wag word deel van ons dae en lewens.

Teen dag 70 het ons al ‘n blom geplant in ‘n blik. Ons het ‘n kat aangeskaf om die muise te ontmoedig. Ek en die virgo vat beurte om vrolik en gemoedsbekakt te wees. Ons bemoedig mekaar en so bly ons wag, oë droog gekyk vir ons trein wat nie opdaag nie. Alhoewel daar al ‘n heel paar treine opgedaag het wat ons verniet blygemaak het, ons vrolik laat opspring het en weer lamgeslaan gelaat het, het ons eie trein steeds nie opgedaag nie. Soms is daar gerugte en geluide dat hy naby is, maar soos ek sê, ons wag steeds.

Die ding van ‘n tent op ‘n stasie is, dis steeds ‘n tydelike huis. Ek weet daar is reisigers wat dink dis die beste soort woning, ek en die virgo is nie dit nie. Ons wil graag in ‘n steenhuisie by die seë loop afsaal en ons drome uitpak en uitstal.

Daar het later 700 dae verbygegaan en ons het al heelwat gemakliker begin woon. Dinge aangeskaf om die wag te besweer. En soos met alles wat ons aanpak, ons heel beste gegee. Selfs ons adres sê nou, dat ons tentbewoners is, iewers op ‘n mooie stasie.

Ons sit en kyk hoe mense heen en weer travel, ken later baie van hulle. Eers het hulle gevra, dan het ons geantwoord. Nou groet ons net mekaar, want die antwoorde het nie verander nie. Party het al saamgekuier en meen dis ‘n besondere manier van leef, of ons weet hoe graag hulle dit so sou wou hê? Die een se wag is die ander se droom.

Dis nou 1700 dae later, ek begin voel soos die treurige storie van die hond wat op die stasie gewag het vir sy baas wat lankal dood was. Ek en die virgo het nou mekaar gesien op ons vrolikste, simpelste, lieflikste en aardigste. En meesal wil ons mekaar steeds hê, veral op die beter dae.

Ons het saam besluit dat ons nog net ‘n klein bietjie sal wag voor ons die tent sal vergroot. Dalk… dalk is ons tog maar net tentbewoners en die adres onbelangrik.

 

 

Jy is so wys…seg die siel!

 

En nes ek vol bravade die tightrope bestorm vir ‘n wilde dansie, pluk die Lewe die tou en val ek op my knieë, of sal ek sê, my ego.

Ek het my nie gedra op die manier wat ek oor wil skryf nie. Ek sal daaroor swyg, vergun my die stilte asseblief?

Maar ek het wel stilgesit, nie langbeen in die son met die perspen skrywend nie.

Nee, stil, baie stil, lekkende aan my wonde.

Dinkende…

Wonderende…

Wroegende…

Baie gedagtes het deur my kop gestorm. Baie slimmighede het amper uit my mond gestorm. Maar ek het lankal gehoor, al het ek nie geluister nie. Die boodskap was duidelik in sy onregverdige, seermakende, onwaar, waarheid.

En soos altyd, het daar op daardie on-oomblik, ‘n siel geroep om hulp!

Ek, skellende in my binneste, oor my eie armsalige beletsel en pyn, het natuurlik binnetoe gereik en met die beste wysheid verby my ego geantwoord.

Dankie sê die siel, jy is so wys, ek wens ek was soos jy!

En ek knyp my oë toe van verleentheid, want ek staan op my knieë en wys wees. In die afhanklike wete dat ek besig is om iemand te leer wat ek beswaarlik weet en nie heeltyd leef nie.

I teach what I learn, while I am learning what I teach…

En soms, net soms… wil ek doodstil bly en rus.

Maar ek sal nie kan nie, ek het ‘n werk om te doen.

My werk is ook, my Lewe!