Month: July 2018

Kletterkop se doepa…!

Dalk is dit die antwoord vir die gedruis en onrus van mens se lewe. As mens ‘n doepa kan kry vir die kletterkop?

Lank terug het ek ‘n wonderboek gelees deur Yogananda Pramahansa en ek het baie daaruit geleer.

Ook van Christenwees, dink dit was die ding wat my laat besef het dat die waarheid oral gestrooi lê, anders as wat óns miskien mag glo.

Dié yogi het gepraat van die ‘Christ mind’, my gefasineer, want ek dog Christus is eksklusief en uitsluitend… Loop lees ek dit raak in ‘n volksvreemde boek.

En so het ek toe my pad begin loop met die wonder-ing oor die betekenis van die ‘Christ mind’.

Die groot Boek seg mos ons moet soek en dan sal ons vind, toe maak ek so. Toe kom ek op die amazing fonds af; as mens jou kop kan kry om soos Jesus se dinkery te wees, dan is die lewe nogal nie so aardig nie.

En dit bring ons terug by liefde, by vrede, by non-judgement, by goeie goete. By Korinthiërs 13 en al die liefdes ‘verduidelings’.

Die groot Boek praat ook oor die feit dat ons skep met ons woorde. Voor woorde moet daar dinkery plaasvind. Wat op aarde dink mens heeltyd en wat op aarde skep mens dan met daai dinkery? As mens dan mooi versigtig begin omgaan met jou kop se kletter en dink, dan sien jy dat jy dalk jou eie moeilikheidmaker is. Dit seg ek op grond van die groot Boek se woorde; dis nie wat by jou ingaan wat jou onrein maak nie, dis wat by jou uitgaan.

En so kom ons by die mond wat oorloop waarvan die hart vol is. Daar steek die klein vuurtjie in die mond die groot vuur aan, dis ook die groot Boek se woorde. Gun wonder in dieselle Boek staat dat ons, ons gedagtes moet vernuwe nie. Die manne wat somme maak en slimdinge verkoop, seg ons dink iets soos 60 000 gedagtes per dag. En min van daai dink, is nuut elke dag, ons dink oor en oor dieselle strooilike negatiewe goed. Dis nogal ‘n gekletter en ‘n geween van koplike dinge.

Hoe sou dit nou werk om die gedagtes te vernuwe?

Dalk deur te sit en jou kop te leer om te sharrap en niks te dink nie, ‘n spasie te maak vir vrede en stilte. ‘n Slag die ore na binne te draai en twee maal soveel te luister as te praat. Dink die volksvreemdes noem dié soort stilte, meditasie.

Dalk moet ons die slegdink uitsit en met sagte goed vervang. Ons weerhou daarvan om te meet en te pyn. Net weet, almal doen hulle beste met die insig en tools wat hulle het. Nie so besorgd te wees oor annerman se optrede  en nalate nie.

Miskien ‘n gawe gedagte oor iemand te dink en vir hom ‘n bondel liefde te dink-stuur. Overgesegd synde; bid vir iemand.

Mog jy jou kletterkop stil-doepa ingee, vir hom leisels aangesit kry en in die stilte en vrede wat alle verstand te bowe gaan, rustig sit en kyk hoe goed die Lewe vir jou is!

Liefde!

 

 

Advertisements

An-fold met Astrologie…!

Ek het grootgeword in ‘n tyd wat jou talente bitter belangrik was en hoog aangeskryf was. Dit was meesal geskoei op die intellek en sport. Kuns was altyd op ‘n manier met groot bewondering aangekyk maar nie eintlik iets wat jou kan ryk maak nie. En ja… geld was die uitkoms van goeie aanwending van talente en harde werk.

Die pakket het my gepootjie. Ek het nie lekker ingepas in enige van die voorgeskrewe boksies nie. Goed gewees met alles maar nie noodwendig uitstaande nie. Maar dit was nie die lollery nie, die lollery het in my diep gesetelde soeke gelê, die soeke na; “wat is my doel op hierdie aarde, hoekom blaas niks my skirt vir lank nie?”

Dit het ‘n rukkie geneem om by daardie antwoord uit te kom. ‘n Laaang rukkie!

Ek het oral gesoek, wyd gelees, wyer as wat meeste se bang hulle toelaat om te lees. Soms mysigSelwers bang gelees, opgehou en later weer verder gelees.

En op 47 het ‘n goeie vriend geseg ek moet sy Astroloog gaan besoek en uitvind wat gebeur nou verder. Dit het hy geseg, siende dat ek tydens my besoek aan Indië, ‘n seker wete gehad het, dat klere en lappe nou nie meer my skirt opwaai nie. Eers na ‘n paar asemhalings en dae se wroeg het ek die afspraak gemaak wat my lewe verander het.

Sy is ‘n interessante gewone vrou, een met ‘n graad en gerekende intellek. ‘n Gesin en ‘n huis in een van die belangrike stede in die land. Sonder kristalbal en wierook.

En sy het heel aan die begin van die sessie geseg… “Annali, jys ‘n gebore Astroloog, nee dis meer as dit, jy kan Astrologie juffrou wees!”

En hier is ek nou. 11 jaar later en ek is dit en dat en nog annerlike goete ook.

Lang storie het ek nou verkoop. Die essence daarvan is dat ek vandag weet Astrologie is ‘n tool wat ongelooflike waarde byvoeg in die soeke na jousigSelwers.

Nie die soort van ‘n lang donker man kom op die horison aan nie. Dis sommer strooi. Die sielsoort, dis die soort wat ek my hart op verloor het.

Daardie waarhede van my Maan sit in Gemini in die 7e huis. Dis hoekom ek ‘n maat nodig het, nie graag alleen die lewe wil inloop nie. Die maat moet met my gesels en ek het nodig om te weet wat aangaan anders is ek angstig.

My maat se Maan is in Sagittarius en sy hol weg as sy ontstig raak, klim in haar eige binneste in en praat niks. As ek dit nie verstaan het nie, het ek haar elke keer gekarring tot sy ‘n pyl skiet in my hart in. Nou weet ek, die perd kom altyd terug stal toe, jy moet netnie die deur toemaak nie. Dan skop hy hom af!

Jou natal kaart, jou astrologiese “blueprint”, is soos ‘n foto wat van die planete se posisies geneem is toe jy gebore is. Dit dra al die informasie van jou persoonlikheid, uniek soos jou vingerafdruk. Dis net so eenvoudig soos dit.

Alles is energie, ons ook. Energieë beinvloed mekaar, dis wetenskaplike feite.

En ek kan die taal van Astrologie verstaan en praat. Ek kan vir jou, jou storie vertel en jy kan byvoeg.

My passie is om mense te help om hulle dharma te kry, of in ons boeretaal, jou doel op aarde te verstaan en die lekkerte te beleef om vervuld te leef. Dis moontlik en eintlik maklik.

Dis bietjie soos om die tool te hê om die perd uit die rots uit te haal, jy kap net weg wat nie perd is nie. Dink dit was da Vinci wat so slim geseg het.

Ek kan jou help om die perd te kry! Dis die lekkerste lekker as ek met iemand werk en vir hom sy storie, storie en ek sien hoe daar ‘n Lig opgaan vir hom. Woorde soos: “Nou verstaan ek, ek wens ek het dit lankal geweet!! Of.. ek het altyd gedog daar is iets met my verkeerd, wat ‘n verligting!!”

Dis wat my skirt bo-oor my kop waai soos oorlede Marilyn sinne nooit gewaai het nie!

Ek hou nog van lap en kleremaak, maar dis nou my eie lekkerte vir my en my liefMense. Nie meer die ding wat die brood op die tafel sit nie. Nou word ek betaal vir wie ek is, nie meer vir wat ek doen nie!

 

Volmaan eclipse in Aquarius…!

 

Full Moon Eclipse in Aquarius on 27th of July.

A full Moon is always heightened emotions and something that is coming to fruition. With an eclipse we have more intensity than usual. An eclipse is literally bringing a shadow and darkness for a moment in time. Like the plant that is dying in order to bare seed.

In normal language… We can expect to be confronted with decisions of letting go and starting afresh. The Universe will inspire us by difficult and heightened emotions in relationships to make that decision. It is time to let go of what does not serve your purpose and that which does not add value to your life.

Of what you might ask… It can be anything that is standing in your way. Things and habits, people and stuff. You will know, it is your path.

Perhaps make time tomorrow and be very quiet, take a piece of paper and write down what in your life is coming to fruition? It might be a good thing, it might be something that you have had enough of. Let go of that and celebrate the energy of harvest.

Happy full Moon, may you harvest love and wisdom!

If you would like to know how this Lunar Eclipse in Aquarius is affecting you personally… you know where to find me!

 

En dan wil ek sommer byvoeg in my hart se taal…

Hierdie Volmaan eclipse kan mens nogal omwoel! Dit het ‘n kontak met Uranus en Mars. In gewone taal beteken dit dat ons dalk mag vind ons word ernstig aangemoedig om goete agter te los wat nie meer sinvol is nie. Uranus is die planeet wat sommer ‘n woeste ontploffing veroorsaak as dit nodig is. Mens kan verwag dat daar verrassings sal kom, nie noodwendig die soort wat jy oor lag nie. Meer die wat jy oor verstom staan.

Maar… as jy eers weet dan kan jy nooit weer onweet nie. En ‘n ingeligte besluit oor saamsleep of agter los kan dalk jou las ligter en jou voete sagter laat trap! En dan is daar die ekstratjie van Mercury wat regrograde gaan. Kommunikasie raak effe kompleks. Dalk seg jy nou wat jy lank nie wou seg nie. Of hoor jy wat jy nie wou weet nie. Hoe dit ookal vir jou uitspeel, vertrou die vloei van die Lewe en weet dat dit ‘n moment in tyd is waar jy kan An-kletter en Ligter vorentoe gaan!

Vra as jy meer wil weet…?

My eie waarheid…

 

Ek het lank gewonder… Of ek my waarheid moet skryf. Die bang het my meesal teruggehou. Bang vir wat? Vir klomp goed!

Vir verwerping dink ek. Of om ‘gejudge’ te worre! Dis altyd ‘n aardige belewenis. Om nogmaals te hoor dat ek ‘weird’ is. Vader weet, ek voel gladnie ‘weird’ nie en ek weet nooit wat om te doen met die opmerking nie.

Alhoewel…, ek het ‘n redelike weerstandige weerstand opgebou daarteen in my lewe. Mens moet doen wat jy moet doen, anders is dit nog aardiger.

Dan is daar ook ‘n annerlike bang, dis die een wat nie mense wil laat twyfel aan hulle ‘comfort’ gló nie. Ek was ook daar en weet hoe ‘scary’ dit is as mens jou ‘comfort’ staan verloor. Die mat wat glip onder jou voete en jy is skielik van balans af. Ons hou daarvan om in die groep te wees waar ons almal seker is van ons redding, veiligheid en arrogante wetens.

Maar ek begin nou insien dat dit dalk nodig is om dit wat so helder vir my raak te begin verwoord… ongeag, desnieteenstaande en dapper hoederig!

Die ding is… jip, alweer ‘n ding! Ek het julle mos al gewaarsku dat daar altyd ‘n ding is! So, die ding is, ek het nog nooit die volle storie gesluk sonder vraag of wurg. En nou, nou is ek ver anderkant ge-yk of geskrewes of tevrede met annerman se interpretasie, hetsy gegraad, getitel of getoga.

Jy sien, ek het mos self harts-ore gegroei of ontdek. En met die geluister na binne het ek agtergekom dat daar baie meer is as wat gewone mens oë kan insien. Dit geseg… hier kom die inhoud!

Ek glo nie meer soos ek gegloof het nie. Ek het vir lank geseg ek is ‘n christen met Boediste filosofie. Want… die boediste is ‘nicer’ as ons christene. Ghandi het gesê dat hy ‘n christen sou wees as dit nie vir die christene was nie, en askies, maar ek is ‘n christen ten spyte van die meeste christene…!

Blou jare terug het ek saam met ‘n groep christen vroue, onder die leiding van ‘n pastoor moeder, Thailand besoek. Ag goeie liewe Jesus! Wat ‘n lieflike belewenis van die ‘shadow side of the christian!’ Daar het ek gestaan in ‘n land wat ons wil bekeer en meer van Jesus in die ongereddes beleef as in die sogenaamde gereddes. En soveel van die heilige Skrif kom na gedagte, is dit nie wat by ons uitgaan wat ons onrein maak nie?

‘Weird?’

Ek?

‘You Think?’

Toe kom ek huis toe en kondig aan, ek is ‘n christen want ek hou van Jesus maar ek hou van meeste christene nie so baie nie. Ek hou meer van die ongeredde boediste. Hulle leef dan wat ons in Kor 13 leer van die liefde. Wat is hier aan die gang?

Dit bring my by die woorde wat in my bruis….

Staan sterk liewe leser!

Ek dink ons sit die pot en die bybel mis. Ek dink die boodskap is soos in die outydse telefoon speletjie, heeltemal opgeneuk as hy by die laaste hoorder uitkom. Iewers langs die pad het ons weliswaar die ‘translation’ opgeneuk en hoe banger ons is om die hel in te gaan, hoe groter word die kool waarmee ons mekaar aanmoedig in die hemel in!

Dit alles terwyl ons voortstorm en liefdeloos en vreesagtig mekaar meet en te lig bevind. Onsself meet en die mates wegsteek. Bekommerd en biddend vir die ongereddes, sukkel om ons eie te handhaaf. Vreesagtig vir volksvreemde goed maar koersloos en soekend vir die vrede wat alle verstand te bowe gaan…

Dalk is dit die probleem? Dalk is dit nie in die verstand wat die oplossing lê nie. Dalk is dit in die hart en die hartsore wat die vrede neerdaal. Daar waar ons ophou kyk na die ànder. Self ‘n slag stilword in die kop vol verstand en dink. Self hoor wat is my eie waarheid? En die res laat staan dat hulle, hulle eie heil uitwerk, met vrees en bewing inderdaad!

Miskien is die vrede nie buite ons nie. Dalk wel in die stilte tussen ons ore, waar die oordeel en die veroordeel seevier. Daar waar die maatstok vir ons en ander gebêre is.

Is die wet nie vervul deur die liefdesoffer van Jesus nie? Onthou ek verkeerd of is daar geskryf dat as ons onder die wet is, dan word ons onder die wet geoordeel? En nou is ek meer oortuig, dat dit net liefde is wat ons kan red.

En die liefde oordeel nie, is nie… en doen nie…!

Al wat ek weet is dat ek nie weet nie. Maar ek soek! En as mens soek dan vind jy.

My waarheid is nie joune nie. Joune nie myne nie. En niemand het die volle waarheid nie. God steek mos Homself weg, Hy wil gesoek worre.

Laat ons hand in eie boesem steek en self soek vir dit wat reg sit op ons harte. Ons dien ‘n God wat baie minder verkramp is as ons, ek belowe… ek praat van weetgeit!

Wies jy?

Dis ‘n groot vraag, een wat ek lank nie oortuigend kon antwoord nie. Dan weer gedink het ek ken die antwoord uiteindelik, tot ek weer begin twyfel het aan my eie wete.

Toe Moses die opdrag gekry het by die braambos van God om die Israeliete te lei, het hy gevra: “Hoe sal ek s wie het my gestuur?”

God het geantwoord:  “My naam is;  Ek is…!”

Dit het my van altyd af gepla want name is vir my belangrik. Ek het grootgeword met die glo dat mens beter af is as jy nog ‘n titel voor daai naam ook kan inwerk. Hoe kan God nie ‘n naam hê nie, dis net verkeerd.

Lao Tzu het geskryf dat die God wat jy ‘n naam kan gee, nie God is nie. En nou nie om aardig te wees nie maar tot die wurm in Alice in Wonderland het by sy opiumpyp verby gefluister: “Who aaare youuuu?”

So Mevrou die dokter of proffesooor, dalk jou eie titel of die gewer van die blink ring aan jou vinger sinne. Ek wil nou nie jou borreltjies bars nie maar ek het ‘n annerlike waarheid kom staan en bedink. En dit is dat daar twee van ons is. Een het naam en titel, lyf en gedagtes en die ander een, dis die een wat naamloos en titelloos is, sonder vorm en sonder blaam. Of hoe het jy gemeen met wie praat jy, wanneer jy in jou kop met jou sigSelwer baklei en sê: “Anna, jys darem wragtag besig om buite die lyne in te kleur! Kom reg, verloor gewig en hou op om so te frons en vir wat het jy nie gedink voor die of daai geseg het nie…?”

So, daar het ek nou gesê, dit wat ek al lankal oor wou griffel. Die res van my storie is eintlik die lekker deel, die ding wat ek ingesien het deur moeite en verdriet. En dit klink so.

As God se naam Ek is, is… dan beteken dit mens kan enige ding daarna skryf. Hoe slim is dit? En ons doen dit heeltyd sonder om te weet. Ons sê: “God is… liefde, God is… genadig.  En al die wonderlikhede wat mens aan kan dink, so Hy is alles wat Hy is.

Ons is ook! Maar ons foeter verkeerd want ek hoor meermale dat ons sê: Ek is… kwaad, arm, hartseer, seergemaak, lelik, vet, ontevrede, besteel, flenters, bevark of watookal aangaan in jou kop.

Sê nou maar dis die waarheid dat ons met ons woorde skep soos die groot boek vertel. En deesdae seg al die groot stemme dieselfde ding net in annerlike woorde.  Dink daaraan… ek het en ek is nou baie versigtig met wat ek agter, Ek is, inspan!

Ek wil graag al die mooi dinge in my lewe inroep wat ek kan. En ek begin vandag deur te skryf…

Ek is hapi!

Ek is tevrede!

Ek het alles wat ek nodig het!

Wies jy?