Die lamlyf…!

Die son skyn flou, die wind waai skraal en koud…!  En nee, ek praat nie van die weer nie!

Ons ken almal daardie dae, die dae waar daar ‘n stuk van jou lyf nie wil opstaan nie. Hy is lam en moeg en pyn ook sommer so tussenin. Dan beur mens regop en daai lamdeel kreun en seg hy sal maar graag wou bly lê as die res van jou sal regkom sonder hom.

Ek het so ‘n dag, of 2, of dalk meer agter die blad.

Goed het ek geseg vir die lamdeel van my, dan lê ek ook maar bietjie…

Maar die kop, ai die liefste kop vol kletter seg toe anders. Op beur ek, kom seg ek vir die lamdeel, ek bind ‘n pienk, sagte doek om jou en dan loop ons stadig deur die dag.

Dis hoe mens moet maak. Ek het vroeër in my lewe opgespring en nie aandag gegee aan die lamdeel se pleidooi nie, maar ek het geleer dat dit nie goed is nie. Daai lamdeel wat so kreun moet mooi mee gewerk word. Anders word die lamlende net erger en sit mens later met ‘n kletterkop en ‘n bevel van ‘n geleerde om niks te doen, tot die pyn weer verdwyn het.

So het ek toe maar versigtig opgestaan, die lamdeel aangemoedig om op te beur en ‘n sagte, pienk doek omgebind. Stadiger as gewoonlik gestap, af en toe, siestog en jammer, geprewel.

Op so ‘n dag moet mens niks forseer nie, jy praat soet woorde en loop net op sagte kolle. Jy dans doekvoet en vermy kletter en lawaai. Jy drink ekstra koppietjies soet tee en seg nie vir jou sigSelwers nee vir lekkertes nie.

Soms vereis jou siel om in die middel van die week ‘n Sondag, rusdag te hou en as jy al baie lank op hierdie pad loop, dan weet jy dis ook oukei. Enige dag is goed vir enigiets. Mens kan kies, mens moet luister na jou lyf en jou siel se roep. More is nog ‘n dag, dan dans jy dalk weer ‘n wilde riel, maar vir nou… nou sit ek en my lamlende en rus.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s