Month: December 2018

Jy het wat jy toelaat…

 

Annali Swiegers

 

 

Jy sien waarna jy kyk…

Jy hoor wat  jy voor luister…

Jy word wat jy dink…

Jy glo wat jy geleer is…

Jy het wat jy toelaat…

Toelaat… om by jou te woon of te kuier, te wees, te muf, jou te laat groei of te laat ly!

En met al daardie woorde wat jou kan aanstoot of inspireer, wil ek byvoeg dat ons die meesters van ons eie lewens is.

Ek is nou seker van die feit…

Dat ons altyd ‘n keuse het. Keuses het konsekwensies, maar ons is vry om te kies, kies om te bly of te gly.

Ook dat ons kan kies om te leer of te ly.

Moenie dat jou bang vir…

Moenie dat jou bang vir iets, iets soos… aanstoot of verlies…

Jou keer om te kies om te Leef en te Lief nie.

As jy geleer het, dan hou jy op ly, dan staan jy regopper en kom die leerders nie meer met stok en swaard om jou te teister nie.

Skielik verlaat hulle die verhoog, jy mag wonder hoekom, of dalk weet jy.

Dan kyk die Leerder na jou en hy leer ook…

Tensy hy wíl ly en kies om nie te wíl leer nie, te bang is om oor sy onleerbaarheid te spring tot by geleerdheid.

Dan moet hy ‘n nuwe student gaan soek om te leer in sy lyding.

Nie almal is studente nie, party bly net leerders in hulle onleerbaarheid. Hulle word naarder en harder algaande, tot hulle gaan in hulle bittere on-toestand.

En jy stap skierts weg met jou geleerdheid en leef met liefde en vrede vorentoe.

Advertisements

Kies Liefde…

 

 

Seg die sleutel dokter vir my toe mos dat mens net twee plekke het waarvandaan jy wegtrek. Die een is liefde en die een is vrees. Ek dog eers nee, dit kan wragtag nie so eenvoudig wees nie. Maar ek loop hom toe mos en toets. En jip, sy is reg, twee wegtrekplekke wat alles raakvat.

Jy kan hom ook Lig en donker noem. Selle ding. Dalk makliker vir ons wat saam met Calvyn grootgeword het. Maar ek het hom op die kerk se trappe agtergelos en ekstra waarheid loop haal in ander plekke.

Nou loop ek en toets. As ek ‘n ding bedink en ek voel hoe trek mysigSelwer op ‘n knop dan weet ek…

Pasop gou, jy is vol bang, dis hoekom jy so aardig voel. Dan kom die sleutel dokter se woorde terug: “How would you rearrange the words if it would come from love?”

En dan pak ek my woorde uit en ek herrangskik dit met liefde as basis. Dan lyk hulle anders en ek sien hoe hol bang die pad af, stert tussen die bene. Mens moet net oppas vir sy omkyk en terugsnou. Dit maak maklik dat jy weer met die knop op die maag sit en van vooraf wegtrek uit bang se blokke.

Hierdie stuk waarheid is groot my liefste leser. Lees stadig en luister met jou sielsore. Dis ‘n lewensveranderende waarheid.

Ons aardlinge, hierdies veral wat oge op my skrywes sit, is vasgegroei in verdienstelike skuld. Ons is vol bangerasies! Vol as en miskien en wat asse.

Dalk en diesmeer en straftelike ondinge.

Die lewe is maklik seg die heelmaak-Kjint van my, dis mense wat moeilik is! Ja besef ek, dan is dit maklik! Dan gaan ek nou werk aan maklik wees. Net liefde… niks bang nie! Ek is veilig en geliefd. Ek is…

Amen…