Kies Liefde…

 

 

Seg die sleutel dokter vir my toe mos dat mens net twee plekke het waarvandaan jy wegtrek. Die een is liefde en die een is vrees. Ek dog eers nee, dit kan wragtag nie so eenvoudig wees nie. Maar ek loop hom toe mos en toets. En jip, sy is reg, twee wegtrekplekke wat alles raakvat.

Jy kan hom ook Lig en donker noem. Selle ding. Dalk makliker vir ons wat saam met Calvyn grootgeword het. Maar ek het hom op die kerk se trappe agtergelos en ekstra waarheid loop haal in ander plekke.

Nou loop ek en toets. As ek ‘n ding bedink en ek voel hoe trek mysigSelwer op ‘n knop dan weet ek…

Pasop gou, jy is vol bang, dis hoekom jy so aardig voel. Dan kom die sleutel dokter se woorde terug: “How would you rearrange the words if it would come from love?”

En dan pak ek my woorde uit en ek herrangskik dit met liefde as basis. Dan lyk hulle anders en ek sien hoe hol bang die pad af, stert tussen die bene. Mens moet net oppas vir sy omkyk en terugsnou. Dit maak maklik dat jy weer met die knop op die maag sit en van vooraf wegtrek uit bang se blokke.

Hierdie stuk waarheid is groot my liefste leser. Lees stadig en luister met jou sielsore. Dis ‘n lewensveranderende waarheid.

Ons aardlinge, hierdies veral wat oge op my skrywes sit, is vasgegroei in verdienstelike skuld. Ons is vol bangerasies! Vol as en miskien en wat asse.

Dalk en diesmeer en straftelike ondinge.

Die lewe is maklik seg die heelmaak-Kjint van my, dis mense wat moeilik is! Ja besef ek, dan is dit maklik! Dan gaan ek nou werk aan maklik wees. Net liefde… niks bang nie! Ek is veilig en geliefd. Ek is…

Amen…

 

Advertisements

3 thoughts on “Kies Liefde…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s