Month: July 2017

Kyk wat gebeur…!

Net vir ‘n rukkie…’n uur, ‘n dag, ‘n week…fokus om niks negatief te se of te dink nie!  En kyk wat gebeur…kyk hoe dit jou mood affekteer, of die situasie ontlont!  En dalk is dit tog waar…ons skep met ons gedagtes ons realiteit!

 

An-fold canva focus on positive

Maak dit jou bly…?

Hierdie het my maatstok geword!  Maak dit my bly?  Ek vra dit heeltyd vir myself, of dit iets is wat ek het, wil koop, doen of mens wat ek moet sien…!  Maak dit my bly?  Want ek het myself vir baie lank gestraf met ek behoort dit te doen, ek moet dit hou want siestog, die mens het dit aan my toevertrou!  Ek moet hom dra want ek het hom gekies en geld betaal vir hom, al voel ek soos Annervrou as ek hom aanhet, of al kruip hy op of in…nee, nou se ek vir hom vriendelik dog ferm…wie sin is jy?  En dan sit ek hom in die weggee boks!  Die lewe is veronderstel om lig en lekker te wees, nie ‘n ellelange forseer van moete nie!

 

An-fold happy

Rivier van die Lewe…!

 

Ek sit by die Rivier en skryf!  Ploeps dop ‘n langhaar Siel uit die rivier.  Ek skrik my stom, sy skud haar lang hare dat die yswater bo-oor my spat!  Sies man…waar kom jy nou vandaan?  Hallo se sy, en giggel kliphard!  Sy ignoreer my vraag. Waarmee is jy besig vra sy?  Ek vee die spatsels vies uit my gesig en van my papiere af…ek help die Rivier!  Met wat…vraag sy!  Mos dat Hy nie verkeerd loop nie…!  Nou lag sy kliphard terwyl sy my een visnet begin uittrek uit die rivier.  Jy?  Jy help gun stuk met niks, jy dog net so, seg sy!

Jinne se ek, wat weet jy?  Ek weet, se sy, ek bly hier onder die wal in my walstel, ek wonder lankal of ek moet uitkom en jou wakker spat met die waarheid!  Vir jou moet kom se jy mors jou tyd en jy maak droog!  Maar ek het eers lekker sit en lag vir jou terwyl jy so rondhol om die Rivier te probeer beheer.

Ek voel hoe ek my binnetoe wip…die langhaar Siel is alte vollerig van haarself!  Los uit my visnet seg ek vir haar, ek vang goed met dit!  Wat vang jy?  Allerlei, kyk daar is ‘n blik en ‘n dooie vis, daar is ‘n plastiek bottel en goed in.  En moenie verdomp neuk met my klippe nie, weet jy hoe het ek gesukkel om daai klippe daar in te pak!  Ek keer die Rivier dat Hy nie verkeerd loop nie, ek het jou mos gese…!  Dis wat jy dink se die Siel en duik met ‘n waterspattende plons terug in die Rivier!

Ek sit weer, dankbaar die Siel het weggegaan.  Ek kry nie geskryf met al die plaSiele nie!  En nou is my kop vol dink, vol twyfel!  Maar ek hoef nie te lank te dink nie, toe spring die merrie wragtag weer uit en kom sit op my stomp wat ook moet help om die Rivier te beheer.  Ai Jong seg ek, het jy nie ‘n walstel om in te sit nie…?  Wat neuk jy nou met my vandag!  Ek is baie besig…ek moet die Rivier dophou, hier trek, daar stoot, hier keer, daar rig!  En ek skryf tussenin al die baie dinge!  Sy lag net…!  Kom swem saam met my seg sy…?  Jy mors jou tyd man…!

Jinne dink ek in my twyfelkop, het die langhaar Siel nie werk vir haar hande nie, wonder of mens nie walstelle moet poets nie?  En dis yskoud by alles…swem?  Dalk is haar kop in verkluim staat en dink sy nie reg wys nie!

Ons sit ‘n ruk in stilte, ek pak my kop heen en weer terwyl ek vir haar kyk, sy speel met my nette en gooi my sif vol ou opdrifsels, doer ini water, wip die stomp tot hy skeef glip!  Jy moet oppas maan ek haar…daai stuk water wat ek daaaar opgedam het, die agter die klippe is stinkerig!  En daai net met die vrot vis is nie mee te spele nie, los my goed!!  En in elk geval maak jy my niks met jou asprisgeit om my stomp rond te wip nie, die Rivier het hom anyway weggepluk van sy keerplek af toe Hy laas afgekom het.  Sy raak so hard aan die lag dat sy afval van die stomp af!  Toe sy uiteindelik haar asem terughet…seg sy…hoor jy nie wat jy se nie?  Luister na jou eie nonsins storie!  Jy maak droog man, jy mors jou tyd!  Mens keer nie die Lewe se Rivier nie, Hy maak wat Hy wil!  Al wat jy doen is om die vloei op te dam en op te eindig met vrot goed, vullis en allerlei!  Los die Rivier, Hy weet wat Hy doen, Hy het nie jou hulp nodig nie!  Jy pla Hom net, dis hoekom Hy moet afkom en skoonspoel.  Dis die enigste manier om al jou rommel wat jy so ophoop met jou beheer en  bangwees, weer ‘n slag te kan wegspoel.  Jok jy…vra ek?  Jy lyk soos ‘n stouter, ek weet nie of jy net kom staan en stories praat en my aanstoot kom gee nie!  Nee se sy, luister na jouself, ek het net kom se wat jy hoeka self weet!

Ek sit…pak nog bietjie reg in my kop!  Wragtag…!  Sys reg besef ek…!  Dankie se ek, ek gaan net gou hierdie paddapoot skoene uittrek en hulle ook op die dak loop gooi! Verlig dat ek hulle nie meer hoef vol te staan nie.  En oor my skouer skree ek, wanneer dit warmer is kom ek saam swem, hopelik is al die rommel dan al skoongespoel!

 

Rivier v Lewe.JPG

It is what it is…!

It is what it is…!  No use waiting for a miracle from outside to come and fix it on your behalf.  Worse…blaming someone for it, that is powerless to the extreme.  Some things are not fixable…they must be looked at, thanked and greeted!  Maybe it is not what you thought it would be…that is fine!  Find the gift in it…there is always a gift…!

 

An-fold It is what it is

An-fold…dis als een ding…!

An-fold…!

 

Dis mos als een ding se die Virgo…groter en kleiner, alles een ding!  Wat?…vra ek!  Een ding se die Virgo…as jy kyk hoe iemand ‘n klein dingetjie doen, dan kan jy weet wie is hy, want alles is versteek in daardie klein oomblik van doenigheid!

En so…so maklik het dit begin!  My lopery na my eie waarheid het daai raakgetrap en ek het al hoe vroliker begin dans, wetende dat hier ‘n Ding is…’n ding wat wil gebeur en ek moet oop skoene aantrek want my tone wil krul van lekkerte!  En as mens so plesierig raak en daar is ‘n Ding…dan moet die ding mos naamkry…en so word An-fold gebore!

Kyk…!  Dis nie eenvoudig nie, dis mos ‘n proses, amper soos geboortenis gee!  Jy jaag nie ‘n babie die lewe in nie, hy kom wanneer hy reg is om in te skree in die lewe in.  En An-fold is nie ‘n vinnige baba nie, sy gebeur en gebeur!  Ook omdat dit my eie proses is, ek moet eers alles oefen wat ek wil aangee vir die wat hande oopmaak om te ontvang.  Julle weet mos nou-al…jy leer ander wat jy mee besig is, en jy doen dit tot jy geleer het wat jy moet leer!

Ek loop vorentoe, amper soos inkopies vir ‘n lappieskombers se maak.  Hier ‘n stukkie en daar ‘n stukkie lap.  Ou stukkie kant uit ouma se tassie, handvol knope uit mamma se blik en stadig neem die plan vorm aan.  Mens kannie vooruit se hoe die kombers presies, presies gaan lyk nie, dis ook nie te wete voortydig nie!  Dis mos ‘n proses van unfolding…sien jy?  Hy lyk soos hy wil lyk, mens kan net soveel control en dan moet jy los dat hy self word.

Ek gaan bietjie probeer verduidelik…maar ek kannie belowe dat ek al heeltemal self wetend is nie…ek is bereid, ek is opgewonde, maar ek sien nog net ten dele, soos uit die hoek van die oog.  Wat ek sover weet is dat ek kan help met lees, nie soos ‘n juffrou in ‘n boek nie.  Meer soos met die binne-oog se lees.  Ek kan jou help om jou eie te verstaan en is dit dan nie waaroor alles gaan nie?  Hoe beter mens jousigselwers ken, hoe beter kan jy cope, hoe meer weet jy wat jy nie wil of kan of behoort nie.  Amper soos ek slaan uit as ek tjoklits eet.  Eers het jy net uitgeslaan, gejeuk en gewonder, nou weet jy!  Ek het ‘n paar tools wat ek gebruik om jou te help lees en verstaan.  En ek gaan die lot nou inspan om ‘n vrugteslaai van help te maak.  Jy kan my roep om jou blueprint te lees…dan gebruik ek Astrologie en ek vertel jou wie is jy in jou diepste wese.  Ek verduidelik hoekom jy skaam is, of dalk voorbarig en dapper is.  Mens kan ook weet of jy daarvan hou om voor in die koor te wees of agter die verhoog te wees.  Selfs kan ek jou vertel of jy ‘n stuitige partner nodig het of dalk iemand wat ernstig is en nie te veel parkatse uithaal nie.  Daar is baie oor jou geskryf, jy kan my vra en ek kan jou help verstaan.  Maar…as jy nie gemaklik is met daai pad nie, ek meen te se…ons is mos nie almal grootgemaak met die volksvreemde goed nie en hier en daar, soos ekke, is ons gese dis altevol aweregs, dalk erger!

Dan kan jy my vra om jou te kom help lees wat se jou klerekas alles van jou!  Of ek kan jou help om die spul onder beheer te kry, die halwe stukke wat nie gedra word nie ‘n trouspul te maak.  Daai mooie string krale wat jy ten duurste gekoop het en nog nooit gedra het, ons kan hulle aanspreek en begin wonder of hulle ooit joune is!  Dalk is hulle en het hulle net nie die regte stukke om dit by te dra nie, of…dalk is dit anderman sinne en moet jy lees wat storie hulle vir jou!

Ek kan ook kom en jou help lees wat se jou clutter/kaggel strontjies!  Alles is mos een ding, sien jy?  Die dinge en klere, mense en dramas, mooigoed, ougoed, stofgoed en versteekte goed in jou lewe, dis jou kop se dink!  Dis jou vrese en drome, jou vasgesteekte goete wat nie wil vorentoe nie!  As mens stop, kyk, lees, dan is daar ‘n boodskap van help in alles vasgevang.  Mens het nodig om die goed uit te pak, weg te gooi, of weg te gee!  Ek is ook ‘n bottermaker van beesmis, ek kan jou help om die spul mooi te maak!

As jy die fisiese uitsorteer dan maak jy plek in jou kop en hart vir vars en nuut en so raak mens dalk happy!  Ek meen…hoeveel mense kan se hulle is regtig gelukkig?  En hoe aardig is dit om net vorentoe deur die lewe te beur sonder enige vrolike dansies?  Dis mos nie hoe dit moet wees nie!  Dit weet almal want almal is heeltyd besig om te stoei om by die volgende lekker oomblik te kom, min van ons is by die nou!  So…terwyl ek oefen om presies dit te wees, kan jy my roep om jou te help lees, en terwyl ons joune lees, verstaan ek myne alweer ‘n stuk beter!  En so An-fold ons altwee tot ons wawiele maak van lekkerte!!

 

An-fold canva logo

Lewens-Persente…!

             rooskwarts.jpg

 

Ek het opgestaan en begin terugloop op my spore, diep in my kop se kas in…!  Oral langs die pad die persente loop haal.  Die persente wat uit die Lewenslesse gekom het.  Dis ‘n berg persente…!  Ek sit hulle nou en kyk, wil storie oor hulle wanneer ek hulle oopgemaak het.

Met die, kom daar ‘n Siel aangehuppel in die paadjie, Dag…skree hy!  Wat vang jy aan…!  Ek vang nie aan nie, ek maak my persente oop!  Verjaar jy…?  vra die Siel, nee seg ekke, dis nie verjaardag persente nie, dis Lewens-persente!  Waar kry jy dit vra die Siel, ek wil ook he…!  Ai, seg ek vir die Siel, jy pla my bietjie, maar kom sit, dis ‘n lang storie en hy klink so…!

Die Lewe leer mens mos heeltyd…!  Daar is altyd ‘n ding aan die gang, soos nou met jou nuuskierigheid, al voel ek jy pla my, weet ek dis deel van my pad en jy bring mos ‘n persent met jou saam.  Nee seg die Siel…lee hande het ek mee aangehuppel gekom!  Dis wat jy dink, seg ek…jy bring ‘n persent en ek gee een terug!  Ek weet nie wat jy se nie, se die Siel!  Ai dink ek in my kop…daar is die eerste persent, ek moet leer om so te praat dat die mense my kan verstaan!  Skies seg ek…kom ek verduidelik beter!  Ons is almal teachers,  en ons moet altyd studente bly, beter nog, ons moet meer fokus op student wees as teaching!  Jy weet mos…slimSiel het gese:  ‘I teach what I learn, till I have learned what I teach…!’  Soos om in ‘n spieel te kyk, daai ding wat jy heeltyd vir jou medemens wil leer is eintlik maar wat jy moet leer.  En as jy die les verstaan, dan het jy die persent gekry!

Maar kom ek wys jou, sien jy hierdie boks, ek het hom uit my kop se kas loop grou, dis nou nie ‘n mooie boks nie, hys flenters en vuil en hier en daar ook nie so welriekend nie!  Dis daai ding wat oor my pad gekom, op my hart geval het, wat my so afgeknou het dat ek gedog het ek gaan nie weer regop kom nie!  Sien jy die vlekke, dis my trane wat hom so gevlek het!  Daai gat aan die eenkant, dis toe ek baie kwaad was, ek het hom een allamagtige skop gegee.  Hys oud…horingoud want ek sleep hom al jare saam, dis hoekom hy so flenters is!  Elke nou en dan haal ek hom uit, grawe hom uit my kop se onthou-kas en dan huil ek weer bo-op die boks, kyk ek hom deur en is ek van vooraf kwaad en hartseer!  Maar ek willie so voel nie, dis hoekom ek besluit het om my kop se onthou-kas uit te pak en skoon te maak.  Die spul bokse is sommer net ‘n spul gemors wat my nie blymaak nie.  Nou het ek besluit ek moet die boks nie weer terugpak in my kop se onthou-kas nie, my kop is stampvol en dit maak my so moeg om die spul heeltyd rond te pak.  Dis toe dat ek besluit het om die ou flenter boks ‘n slag oop te maak en te kyk wat is binne-in en dan wil ek hom uitsit op die ashoop.  En kyk…kyk wat kry ek binne-in…toegedraai in sneespapier le die persent wat ek al die jare nie gekry het nie!  Dis ‘n lieflike pienk kristal…’n vergewe kristal!  Is hy nie mooi nie?

Nou sien ek…mens moet die persent binne-in die pynboks kry, soek tot jy hom het.  Want elke boksding wat gebeur, het ‘n persent in, jy kan of die boks rondra, heen en weer pak  en swaardra aan hom, huil oor hom en wroeg en agteruit skel oor wat gebeur het.  Party kere het ek gedink die peslike Siel wat die boks op my hart laat val het moet allerlei aardighede oorkom, dan sal ek beter voel, maar dan het my Gewete my oor die vingers gepiets.  Die boks maak dat ek nie kan blyvoel nie want ek dra te swaar…of, ek kan die boks oopmaak en die pienk vergewe kristal uithaal!  Dankie se vir die Siel wat die boks aangebring het…al het dit amper my hart verpletter geval!  Want as hy nie vir my daai pletter boks gebring het nie, het ek nooit my vergewe persent gekry nie.  Verstaan jy?  Ja se die Huppelsiel, ek gaan nou huis toe, my eie persente loop soek, ek het ‘n skuur vol bokse in my kop se kas.  Dis reg seg ekke terwyl ek die mooie pienk kristal om my nek hang soos ‘n oorwinnings medalje!